Skip to main content

Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes

Daar is min patrone sigbaar in hierdie hoofstuk.  Twee patrone kan wel geïdentifiseer word, naamlik, hoe welvaart werk en watter effek woorde het:
  • Vers 2-5 handel oor die breë tema van welvaart – vlyt maak ryk – en die onderskeie rolle wat God en lewenstyl daarin speel.  Die tema van God se seën word in ’n hele paar verdere verse uitgespel reg deur die hoofstuk: (gee lewe – 16; seën ipv swoeg – 22; gee begeertes – 24; gee lang lewe – 27) en die rol wat jou lewenstyl speel (aanvaar bevele – 8; leef opreg – 9; soek die waarheid – 10; bedek aanstootlikhede – 12; ontvang krag IN die regverdige opregte lewe – 29).
  • Vers 17-21 handel oor die breë tema van woorde en die effek wat dit persoonlik en publiek het: fokus op woorde wat geluk bring – 11; loop nie te koop met kennis nie – 14; is leerbaar – 17; tel sy woorde – 19; sorg met sy woorde vir ander – 21; weet om gepaste dinge te sê – 32. Woorde maak dus saak!

Wat my vandag tref is veral verse 2-3 en vers 29:

  • Vers 2: Peterson vertaal die eerste deel van vers 2 só: “An honest life is immortal” (The Message).  Dit sê vir my dat ’n lewe wat opreg en eerlik geleef word, ’n ingeboude duursaamheid het.  Die oorspronklike Hebreeuse woord wat hier gebruik word, is geregtigheid, wat in die NAV vertaal is met “volgens die wil van God”.  Die woord het egter meer die betekenis van eerlikheid in kontras met die oneerlike en onregverdige maniere waarop goddeloses hulle welvaart bekom, soos in die eerste deel van die vers uitgespel is.
  • Vers 3: God se sorg word uitgespel vir regverdiges (eerlike mense), waarmee nie net die algemene boodskap van Spreuke bevestig word nie, maar ook ‘n band met vers 2 gehandhaaf word, dat ’n eerlike lewe ewige waarde het.  Hierdie klem op regverdigheid sal nog vele kere in hierdie spreuke van Salomo aangeraak word.
  • Vers 29: ’n Mens kan dink dat om opreg en regverdig te lewe ’n geweldige inspanning is, en daar is uit die aard van die saak baie op die spel om dié keuse te maak, en dit kan baie van jou vra.  Maar die omgekeerde is ook waar.  Deur die regte dinge te doen, ontsluit jy ’n geweldige krag in jou lewe wat jou nie net aan God verbind nie, maar ook op ’n besonder manier in staat stel om die uitdagings van die lewe te kan hanteer.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda