Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes

Daar is min patrone sigbaar in hierdie hoofstuk.  Twee patrone kan wel geïdentifiseer word, naamlik, hoe welvaart werk en watter effek woorde het:
  • Vers 2-5 handel oor die breë tema van welvaart – vlyt maak ryk – en die onderskeie rolle wat God en lewenstyl daarin speel.  Die tema van God se seën word in ’n hele paar verdere verse uitgespel reg deur die hoofstuk: (gee lewe – 16; seën ipv swoeg – 22; gee begeertes – 24; gee lang lewe – 27) en die rol wat jou lewenstyl speel (aanvaar bevele – 8; leef opreg – 9; soek die waarheid – 10; bedek aanstootlikhede – 12; ontvang krag IN die regverdige opregte lewe – 29).
  • Vers 17-21 handel oor die breë tema van woorde en die effek wat dit persoonlik en publiek het: fokus op woorde wat geluk bring – 11; loop nie te koop met kennis nie – 14; is leerbaar – 17; tel sy woorde – 19; sorg met sy woorde vir ander – 21; weet om gepaste dinge te sê – 32. Woorde maak dus saak!

Wat my vandag tref is veral verse 2-3 en vers 29:

  • Vers 2: Peterson vertaal die eerste deel van vers 2 só: “An honest life is immortal” (The Message).  Dit sê vir my dat ’n lewe wat opreg en eerlik geleef word, ’n ingeboude duursaamheid het.  Die oorspronklike Hebreeuse woord wat hier gebruik word, is geregtigheid, wat in die NAV vertaal is met “volgens die wil van God”.  Die woord het egter meer die betekenis van eerlikheid in kontras met die oneerlike en onregverdige maniere waarop goddeloses hulle welvaart bekom, soos in die eerste deel van die vers uitgespel is.
  • Vers 3: God se sorg word uitgespel vir regverdiges (eerlike mense), waarmee nie net die algemene boodskap van Spreuke bevestig word nie, maar ook ‘n band met vers 2 gehandhaaf word, dat ’n eerlike lewe ewige waarde het.  Hierdie klem op regverdigheid sal nog vele kere in hierdie spreuke van Salomo aangeraak word.
  • Vers 29: ’n Mens kan dink dat om opreg en regverdig te lewe ’n geweldige inspanning is, en daar is uit die aard van die saak baie op die spel om dié keuse te maak, en dit kan baie van jou vra.  Maar die omgekeerde is ook waar.  Deur die regte dinge te doen, ontsluit jy ’n geweldige krag in jou lewe wat jou nie net aan God verbind nie, maar ook op ’n besonder manier in staat stel om die uitdagings van die lewe te kan hanteer.
View all posts in this series

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d