Die spreuke van Salomo – Bundel I
Die inleiding is ‘n raamwerk vir die hantering van die spreuke
Hoewel daar meesal min onderlinge verbande is tussen die individuele verse, en elke vers of spreuk eintlik selfstandig hanteer kan word, het die inleiding van hoofstuk 1-9 wel ’n deeglike raamwerk gegee waarin ’n mens sonder veel moeite ál die spreuke kan inpas.
- ’n Mens sal die stemme van vrou Wysheid versus vrou Dwaasheid hierin hoor.
- Jy sal die klem op die ontsag vir die Here sowel as vir rolmodelle regdeur kan optel.
- Jy sal telkens kan sien wat die regte pad is om te kies in die praktyk van die lewe, sowel as watter verkeerde afdraaipaaie om te vermy.
Herhalende temas
Dit beteken dat ’n mens die raamwerk kan gebruik om die spreuke te lees. Druk miskien vir jouself die onderskeie bundels van spreuke uit (’n paar A3 bladsye met die teks in kolomme uitgedruk, kan goed werk om patrone te kan raaksien) en begin met gekleurde merkers die herhalende temas daarop merk. Jy kan natuurlik ook in jou Bybel werk!
Let op vir die algemene temas soos:
- wysheid vs dwaasheid,
- ontsag vir die Here en vir rolmodelle,
- die regte pad vs die verkeerde een.
Maar kyk ook uit vir kleiner temas soos:
- welvaart (rykdom vs armoede; deernis met arm mense),
- ywer (fluksheid teenoor luiheid),
- verhoudings (met jou naastes, jou familie, jou vriende, jou huwelik, jou ouerskap, en gesagsinstansies),
- gevoelens (die volle spektrum van woede, liefde, onderskeiding, verwagtings, hartseer) en vele meer.
Jy kan aan die einde van jou deurlees van Spreuke jou eie lys van temas maak, dinge wat nie net jou lewe verryk het nie, maar wat jy wil gebruik in jou begeleiding van ander. En jy sal ook agterkom dat jy ’n rykdom van spreuke het waarmee jy met nuwe oë na die gesprekke van Jesus en die briewe van Paulus sal kan kyk.
- Jesus se ongeveer 46 gelykenisse (kyk hier na ’n lys van David Ahl) borduur bv voort op die wysheidstradisies onder andere van Spreuke. Dink bv aan die gelykenis van die 10 meisies in Matteus 25:1-13 – die 5 verstandiges verteenwoordig dié wat na vrou Wysheid geluister het, en die 5 onverstandiges dié wat na vrou Dwaasheid geluister het.
- Paulus se hantering van geloofsonderskeiding en geestelike gewoontes herinner sterk aan die wysheidstradisies, bv in die boek Filippense (1:9-10; 4:4-9 – lees hier meer in my Bybelskool oor Filippense). Maar daaroor miskien later ’n bietjie meer.
Lectio Divina
Patrone in die teks is natuurlik baie opwindend om raak te sien. Maar, in die lees van Spreuke moet ’n mens ook konsentreer op dít wat jou tref, waarin jy die stem van die Here kan herken. Daarom moet jy ook in die deurlees van ’n spesifieke hoofstuk konsentreer op die één vers of gedagte wat jou besonderlik tref. Gebruik dít dan om oor na te dink. Ek plaas hier net weer die Lectio Divina metodiek om jou daarmee te help:
- Silencio – kom tot rus voor God.
- Lectio – lees die spreuk of gedagte hardop ‘n paar keer deur.
- Meditatio – oordink die praktiese impak daarvan op jou lewe.
- Oratio – antwoord God in gebed daarop.
- Contemplatio – geniet God se teenwoordigheid.
- Incarnatio – wees gehoorsaam aan wat jy hoor.
Die eerste bundel spreuke van Salomo – 10:1-22:16
Die eerste bundel van Salomo (10:1-22:16) sluit baie nou by die inleiding aan, met 10:1 wat sowel by die tema van wysheid en dwaasheid, as by die tema van ’n gesprek tussen ouers (pa en ma) met hulle kind aansluit. Interessant is die positiewe noot waarop dit begin, iets wat regdeur hierdie bundel volgehou sal word.
’n Mens kan die eerste bundel in twee dele verdeel:
- Spreuke 10:1-15:29 waarin veral met teenstellings (antiteses) gewerk word. Bv in 10:4 kry jy die stelling: “’n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm.” En dan volg die tweede deel, die teenstelling: “Dit is vlyt wat ryk maak.”
- Spreuke 15:30-22:16 waarin veral met ooreenstemmings (sinteses) gewerk word. Bv in 15:30 kry jy die stelling: “Stralende oë bring blydskap”. En dan volg die tweede deel, die ooreenstemmende bevestigende stelling: “Goeie tyding verkwik ’n mens.”
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - July 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - July 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - July 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - July 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - July 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - July 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - August 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - August 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - August 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - August 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - August 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - August 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - August 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - August 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - August 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - August 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - August 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - August 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - August 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - August 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - August 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - August 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - August 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - August 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - August 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - August 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - August 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - August 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - August 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - September 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - September 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - September 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - September 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - September 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - September 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - October 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - June 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - April 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - December 13, 2022