Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings
Ons kom by die laaste 16 verse van Salomo se eerste bundel spreuke. Interessant genoeg is die aantal spreuke in hierdie versameling van hom gelyk aan die numeriese waarde van Salomo se naam: 375.
Waar Salomo nou al oor God se sorg vir die opregtes (hfst 10) geskryf het, en dat Hy ‘n toevlug is vir ons (hfst 14), uitgebrei het op die invloed van wyse woorde op welvaart (hfst 13), en die veilige ruimte wat ons integriteit vir ander gee (hfst 14), tesame met ‘n hele spektrum van ander sake, skryf hy in hierdie paar verse veral oor rykdom en armoede en die invloed wat dit op verhoudings het (22:1,2,4,7,9,16). Hy lê ook klem op die gevolge wat volg op ‘n mens se gedrag – luiheid stomp jou waagmoed af; mededeelsaamheid is tot jou eie voordeel.
Hier is my opsomming van die kernwaarhede van elke spreuk:
- Ander se goedgesindheid is meer werd as groot rykdom – vers 1.
- Voor God is arm en ryk gelykwaardig – vers 2. Let op dat dit gefundeer word in Sy Skeppingsdaad, maar dat die harde werklikheid van die relatiewe ongelykheid ook steeds gekonstateer word in vers 7.
- Verstandiges kan onheil vermy, omdat hulle dit beter raaksien as onervarenes – ves 3.
- Rykdom is ‘n geskenk van God aan nederiges wat ontsag vir die Here het, tesame met eer en lewe – vers 4.
- ‘n Mens boet vir oneerlikheid – vers 5.
- Begeleiding van jongmense hou tot in hulle ouderdom – vers 6.
- Rykdom gee mag oor armes. Dieselfde geld ‘n lening – vers 7. ‘n Harde werklikheid.
- Teenspoed tref onregverdige hardvogtige konings – vers 8. Die woord koning kom nie in die Hebreeuse teks voor nie. Die teks dui dus in samehang met vers 7 op die mag wat rykdom bring, maar ook die uiteinde van onverantwoordelike onbarmhartige verdrukkers.
- Mededeelsaamheid word geseën – vers 9.
- Harmonie word herstel wanneer respekloses in die pad gesteek word – vers 10.
- Konings hou van opregte vriendelike mense – vers 11. Skynheiligheid bedreig hulle.
- Die Here sorg self vir die behoud van die wysheid, wanneer onbetroubare mense dit bedreig – vers 12. Dit is ‘n groot belofte om aan vas te klou!
- Lui mense waag nie – vers 13.
- Owerspel kan ‘n straf van die Here wees – vers 14. Dit klink nogal vreemd en veral die gebruik van die woord vervloek, gaan teen ons grein. Die enigste sin wat ek daarvan kan maak, is dat wanneer jou verhouding met die Here versuur, is jy baie makliker die prooi van ‘n verkeerde verhouding.
- Dissipline is noodsaaklik vir jongmense – vers 15.
- Selfverryking ten koste van armes, en selfverarming ten bate van rykes is ewe dwaas – vers 16.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - July 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - July 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - July 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - July 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - July 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - July 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - August 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - August 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - August 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - August 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - August 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - August 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - August 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - August 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - August 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - August 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - August 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - August 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - August 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - August 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - August 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - August 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - August 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - August 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - August 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - August 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - August 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - August 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - August 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - September 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - September 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - September 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - September 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - September 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - September 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - October 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - June 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - April 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - December 13, 2022