Skip to main content

Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles

Hierdie spreuke is weereens woordprentjies van die wyse lewe teenoor die dwase een.  In elkeen word ‘n lewensituasie op ‘n baie bondige, maar ook boeiende manier geskilder, waarin die lewenswysheid van die Spreukedigter, Salomo, weergegee word.  Die onderwerpe word uit alle lewensfere geneem: die ekonomie, die politiek, die regbank, die geestelike lewe, die gesinslewe, en die sosiale lewe.

Hier is my opsomming van die betekenis van die onderskeie spreuke, met ‘n klein bietjie kommentaar daarby:

  • Drank laat jou respek verloor – jy vir ander, en ander vir jou – vers 1.  Drank word gepersonifieer, en kry amper ‘n lewe van sy eie, soos drank natuurlik ook jou anders laat optree as wat jy is.
  • Die gramskap van ‘n koning spel gevaar – vers 2.  Die koning kan natuurlik ook ‘n metafoor wees vir iemand onder die invloed van drank.
  • Om ‘n rusie te vermy, is wys – vers 3.
  • Die wet van die plaas: as jy nie plant nie, sal jy nie oes nie – vers 4.
  • Oorwoë menings gee diepte aan die lewe – vers 5.
  • Betroubaarheid is skaars – vers 6.
  • Regdoen en eerlikheid is tot die voordeel van jou kinders – vers 7.
  • Die koning is goed met foutvindery – vers 8 (vgl vers 26,28 – integriteit en liefde en trou is nodig).
  • Onskuld is skaars – vers 9.
  • Die Here gril vir onregverdige besigheid – vers 10 (vgl vers 23 vir dieselfde gedagte).
  • Jou gedrag wys jou eerlikheid en opregtheid al dan nie – vers 11.
  • God het ons ons luister- en onderskeidingsvermoë gegee – vers 12.
  • Hardwerkendheid bring oorvloed – vers 13.  Interessant: “staan vroeg op” is eintlik die vertaling van “maak jou oë vroeg oop” wat dié vers met die vorige een, vers 12, verbind.  Spreuke wil dus sê, God het jou oë gegee, gebruik dit dan van vroeg af om jou werk met passie en oorgawe te doen.
  • Kopers maak nie hulle ware gevoelens oor ‘n winskopie bekend nie, tot hulle eie voordeel – vers 14.
  • Kennis is meer werd as goud en edelstene – vers 15.
  • Tref voorsorg as jy vir ‘n vreemde borg staan – vers 16.
  • Oneerlike wins kan jou suur bekom – vers 17.
  • Oorleg in beplanning bring sukses – vers 18.
  • Pasop vir skindertonge – vers 19.
  • ‘n Gebrek aan respek vir jou ouers beskadig jou eie lewe – vers 20.
  • Oneerlike besit bring nie geluk nie – vers 21.
  • Los die wraak vir die Here en vertrou Hom – vers 22.  Die wet het dit al voorgeskryf (Deut 32:35) en Paulus het dit ook as een van die kenmerke van die Christelike lewenstyl beskryf (Rom 12:19).
  • Die Here gril vir onregverdige besigheid – vers 23 (uitbreiding van vers 10).
  • Laat die Here jou koers bepaal – vers 24.  Hoewel daar baie is wat ons van God se werkinge nie verstaan nie, onthef dit ons nie van die verantwoordelikheid om te onderskei en Sy wil ons lewe te laat bepaal nie.
  • Wees baie versigtig wat jy die Here belowe – vers 25.  Dié vers sluit baie nou aan by vers 24.  Om God se wil te soek en te doen, en veral jou daaraan te verbind, moet met groot omsigtigheid gedoen word.
  • ‘n Wyse koning oordeel met integriteit – vers 26 (vgl vers 8 – sonder integriteit kan dit foutvindery ‘n nagmerrie wees; ook vers 28: liefde en trou is nodig).
  • Die Here ken ons van begin tot end – vers 27.  Dié spreuk is beide ‘n waarskuwing dat ons nie moet dink dat ons dinge vir Hom kan wegsteek nie, maar ook ‘n vertroosting, dat in ons soeke na sy wil ons op Sy betrokkenheid kan reken (vers 24-25).
  • Liefde en trou bevestig die heerskappy van ‘n koning – vers 28.
  • Jongmans is trots op hulle krag; oumense op hulle grysheid – vers 29.
  • Streng dissipline hou jou weg van die kwaad – vers 30.

Wat my vandag tref, is die wyse waarop daar op ‘n diepsinnige manier oor die geestelike lewe, die wandel met God, gepraat word.  Nie net word daar oor betroubaarheid en onskuld gepraat nie (vers 6,9), maar ook oor hoe om die Here te ken op jou pad (vers 25), veral omdat Hy nie net die begin en die einde daarvan bepaal nie (vers 27), maar deurgaans van alles bewus is (vers 24).

Die konteks waarbinne hierdie uitsprake geplaas word, beteken dat ‘n mens Hom in ag moet neem in jou gedrag (vers 11), jou passie vir werk (vers 4,13), jou verhouding met jou ouers (vers 20), jou eerlikheid in besigheid (vers 10,14,15,16,17,23), jou oorleg in beplanning (vers 5,18), en in jou sosiale lewe (vers 1,19).  Selfs in jou hantering van onreg, moet jy eerder op die Here vertrou as op jou eie wraakgedagtes (vers 22).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders