Skip to main content

Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings

In hierdie hoofstuk is 13 van die spreuke van die Wyses opgeneem.  Vers 22 kan ook op sy eie as ‘n spreuk getel word, hoewel dit goed pas as ‘n kontras vir vers 19-21, soos dit in die NAV aangedui word.  Vers 22 kan egter ook by vers 23-25 as ‘n eenheid geneem word, wat steeds goeie sin maak.

Die gedeelte het 5 bemoedigende voorskrifte (11,12,13,14,16) en 8 waarskuwings (6,7,8,9,10,15,17,18):

Spreuk 6 – 23:1-3 – Wees tevrede met wat vir jou voorgesit word

Let op dat dit nie soseer oor die magsverhouding gaan nie, maar oor die effek wat ‘n onbeteuelde eetlus, en  die begeerte na meer op jou kan hê.  Natuurlik kan dit jou in konflik bring met die hoë amptenaar, maar dit kan jou ook verlei om dieselfde te wil hê as hy, net uit jaloesie uit.

Spreuk 7 – 23:4-5 – Moenie dat rykdom jou jou sin vir waardes laat verloor nie

Hierdie spreuk sluit by die vorige een aan, omdat ‘n begeerte na meer, jou jou sin vir waardes kan laat verloor.

Spreuk 8 – 23:6-8 – Moenie by ‘n suinige mens gaan eet nie

Die omgekeerde is ook waar.  ‘n Suinige mens sal jou aanmoedig om te eet en agteraf beskinder of slegte gedagtes oor jou koester.  Kies vrygewige gasvrye mense uit as jou vriende.  Kies by wie jy kuier.

Spreuk 9 – 23:9 – Moenie ‘n dwaas probeer reghelp nie

Dit is ‘n algemene waarheid wat ‘n hele paar keer in Spreuke beklemtoon is.  ‘n Dwaas moet eers by ontsag vir God uitkom, voor die wysheid sin sal maak.

Spreuk 10 – 23:10-11 – Moenie weeskinders se grond vat nie

In samehang met spreuk 4 – moenie antieke grense verlê nie – word hier eksplisiet gepraat van weeskinders se grond.  Dit is kinders wie se ouers oorlede of onkapabel is, en daarom uitgelewer is aan die skuldinvorderaars wat hulle grond kan vervreem.  Wie weeskinders egter só te na kom, speel op gevaarlike grond, omdat die Beskermer, dit is God self, aan die weeskinders se kant is.  Vergelyk ook spreuk 1, wat ‘n soortgelyke gedagte oor armes en hulpeloses verwoord.

Spreuk 11 – 23:12 – Luister met aandag na wysheid

Dit herhaal net die refrein van Spreuke, wat ons al van hoofstuk 1 af hoor.  Wie ore het, moet hoor!

Spreuk 12 – 23:13-14 – Moenie bang wees om kinders te dissiplineer nie

Hier word ouers aangemoedig om nie slap te lê in hulle opvoeding en die dissipline van hulle kinders nie.  Uiteraard werk die spreuk met die gangbare wysheid van daardie tyd waarin lyfstraf ‘n belangrike rol gespeel het.  Die punt is net dat jy met passie jouself daarop moet toelê om jou opvoeding tot die beswil van jou kind te doen.

Spreuk 13 – 23:15-16 – ‘n Wyse seun verskaf baie plesier aan sy pa

Die plesier van ouerskap lê primêr daarin dat die opvoeding wat jy gegee het, en die opoffering wat jy ingesit het om lewenswysheid aan jou kinders oor te dra, gestalte kry in ‘n wyse lewe.

Spreuk 14 – 23:17-18 – Verseker jou toekoms deur vir die Here ontsag te hê

Daar is altyd die verleiding en versoeking om afgunstig te wees op die gemak waarmee sondaars hulle eie belange dien.  Spreuke waarsku egter dat ‘n mens se heil nie daarin lê nie, maar in ‘n lewe in ontsag vir die Here.  Dan het ‘n mens ‘n ware hoopvolle toekoms wat jou nie ontneem kan word nie.

Spreuk 15 – 23:19-22 – Moenie jou ophou met suiplappe en vrate nie

In aansluiting by die waarskuwing by wie en hoeveel jy by mense eet, waarsku Spreuke hier teen ‘n gekuier saam met suiplappe en vrate.  Dit is uiteindelik nie heilsaam nie, soos spreuk 18 nog sal uitwys.  Daarteenoor word die wysheid van die ouerlike voorbeeld en die navolging daarvan aangeprys.  Die pad van suip en vreet eindig in armoede en vodde.

Spreuk 16 – 23:23-25 – Hou by die waarheid

Let op hoe die waarheid in vele fasette sy gestalte kry.  Dit bestaan uit wysheid, selfbeheersing, insig, en reg doen.  Dít is wat ouers vreugde verskaf, as hulle dié karaktereienskappe in hulle kinders raaksien.

Spreuk 17 – 23:26-28 – Bly weg van owerspel

Die refrein wat al vele kere in Spreuke geopper is, is die gevaar van die vreemde vrou, die vrou van ‘n ander man.  En Spreuke is helder daaroor dat ‘n verhouding met só ‘n vrou soos ‘n gevaarlike afgrond is.  Dit is soos ‘n put waaruit jy nie kan ontsnap nie.  Die slegte gevolge daarvan kan nie oorskat word nie.  Uiteraard gaan dit nie soseer oor die geslag nie, maar oor die gevaar van owerspel, maak nie saak watter geslag hulle daaraan blootstel nie.

Spreuk 18 – 23:29-35 – Moenie dronk word nie

Dit is ‘n klassieke en kostelike beskrywing van die effek wat drank op ‘n mens het wat hom of haar aan oordaad, ‘n suipery, oorgee.

5 Aspekte van menswees

Na ek dit alles gelees het, sien ek in hierdie voorskrifte 5 aspekte van menswees raak:

  1. Persoonlike waardes – veral in hoe jy rykdom hanteer.
  2. Interpersoonlike vaardighede en verhoudings – saam met wie jy kuier (kos, drank, tipe mense [versigtig vir suiniges en suiplappe!]), met wie jy kies om in ‘n seksuele verhouding te wees (versigtig vir die vreemde vrou!).
  3. Gemeenskaps betrokkenheid – regverdigheid teenoor weeskinders.
  4. Ouerskap – dissipline en voorbeeld.
  5. Godsdiens – ontsag vir die Here, wat ook uitgeleef word in jou ontsag vir ander se belange (weeskinders).

Die boodskap van die 13 spreuke kan vir my saamgevat word in die frase: Werk aan jou netwerk van verhoudings.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!