Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings
Die gedeelte het 5 bemoedigende voorskrifte (11,12,13,14,16) en 8 waarskuwings (6,7,8,9,10,15,17,18):
Spreuk 6 – 23:1-3 – Wees tevrede met wat vir jou voorgesit word
Let op dat dit nie soseer oor die magsverhouding gaan nie, maar oor die effek wat ‘n onbeteuelde eetlus, en die begeerte na meer op jou kan hê. Natuurlik kan dit jou in konflik bring met die hoë amptenaar, maar dit kan jou ook verlei om dieselfde te wil hê as hy, net uit jaloesie uit.
Spreuk 7 – 23:4-5 – Moenie dat rykdom jou jou sin vir waardes laat verloor nie
Hierdie spreuk sluit by die vorige een aan, omdat ‘n begeerte na meer, jou jou sin vir waardes kan laat verloor.
Spreuk 8 – 23:6-8 – Moenie by ‘n suinige mens gaan eet nie
Die omgekeerde is ook waar. ‘n Suinige mens sal jou aanmoedig om te eet en agteraf beskinder of slegte gedagtes oor jou koester. Kies vrygewige gasvrye mense uit as jou vriende. Kies by wie jy kuier.
Spreuk 9 – 23:9 – Moenie ‘n dwaas probeer reghelp nie
Dit is ‘n algemene waarheid wat ‘n hele paar keer in Spreuke beklemtoon is. ‘n Dwaas moet eers by ontsag vir God uitkom, voor die wysheid sin sal maak.
Spreuk 10 – 23:10-11 – Moenie weeskinders se grond vat nie
In samehang met spreuk 4 – moenie antieke grense verlê nie – word hier eksplisiet gepraat van weeskinders se grond. Dit is kinders wie se ouers oorlede of onkapabel is, en daarom uitgelewer is aan die skuldinvorderaars wat hulle grond kan vervreem. Wie weeskinders egter só te na kom, speel op gevaarlike grond, omdat die Beskermer, dit is God self, aan die weeskinders se kant is. Vergelyk ook spreuk 1, wat ‘n soortgelyke gedagte oor armes en hulpeloses verwoord.
Spreuk 11 – 23:12 – Luister met aandag na wysheid
Dit herhaal net die refrein van Spreuke, wat ons al van hoofstuk 1 af hoor. Wie ore het, moet hoor!
Spreuk 12 – 23:13-14 – Moenie bang wees om kinders te dissiplineer nie
Hier word ouers aangemoedig om nie slap te lê in hulle opvoeding en die dissipline van hulle kinders nie. Uiteraard werk die spreuk met die gangbare wysheid van daardie tyd waarin lyfstraf ‘n belangrike rol gespeel het. Die punt is net dat jy met passie jouself daarop moet toelê om jou opvoeding tot die beswil van jou kind te doen.
Spreuk 13 – 23:15-16 – ‘n Wyse seun verskaf baie plesier aan sy pa
Die plesier van ouerskap lê primêr daarin dat die opvoeding wat jy gegee het, en die opoffering wat jy ingesit het om lewenswysheid aan jou kinders oor te dra, gestalte kry in ‘n wyse lewe.
Spreuk 14 – 23:17-18 – Verseker jou toekoms deur vir die Here ontsag te hê
Daar is altyd die verleiding en versoeking om afgunstig te wees op die gemak waarmee sondaars hulle eie belange dien. Spreuke waarsku egter dat ‘n mens se heil nie daarin lê nie, maar in ‘n lewe in ontsag vir die Here. Dan het ‘n mens ‘n ware hoopvolle toekoms wat jou nie ontneem kan word nie.
Spreuk 15 – 23:19-22 – Moenie jou ophou met suiplappe en vrate nie
In aansluiting by die waarskuwing by wie en hoeveel jy by mense eet, waarsku Spreuke hier teen ‘n gekuier saam met suiplappe en vrate. Dit is uiteindelik nie heilsaam nie, soos spreuk 18 nog sal uitwys. Daarteenoor word die wysheid van die ouerlike voorbeeld en die navolging daarvan aangeprys. Die pad van suip en vreet eindig in armoede en vodde.
Spreuk 16 – 23:23-25 – Hou by die waarheid
Let op hoe die waarheid in vele fasette sy gestalte kry. Dit bestaan uit wysheid, selfbeheersing, insig, en reg doen. Dít is wat ouers vreugde verskaf, as hulle dié karaktereienskappe in hulle kinders raaksien.
Spreuk 17 – 23:26-28 – Bly weg van owerspel
Die refrein wat al vele kere in Spreuke geopper is, is die gevaar van die vreemde vrou, die vrou van ‘n ander man. En Spreuke is helder daaroor dat ‘n verhouding met só ‘n vrou soos ‘n gevaarlike afgrond is. Dit is soos ‘n put waaruit jy nie kan ontsnap nie. Die slegte gevolge daarvan kan nie oorskat word nie. Uiteraard gaan dit nie soseer oor die geslag nie, maar oor die gevaar van owerspel, maak nie saak watter geslag hulle daaraan blootstel nie.
Spreuk 18 – 23:29-35 – Moenie dronk word nie
Dit is ‘n klassieke en kostelike beskrywing van die effek wat drank op ‘n mens het wat hom of haar aan oordaad, ‘n suipery, oorgee.
5 Aspekte van menswees
Na ek dit alles gelees het, sien ek in hierdie voorskrifte 5 aspekte van menswees raak:
- Persoonlike waardes – veral in hoe jy rykdom hanteer.
- Interpersoonlike vaardighede en verhoudings – saam met wie jy kuier (kos, drank, tipe mense [versigtig vir suiniges en suiplappe!]), met wie jy kies om in ‘n seksuele verhouding te wees (versigtig vir die vreemde vrou!).
- Gemeenskaps betrokkenheid – regverdigheid teenoor weeskinders.
- Ouerskap – dissipline en voorbeeld.
- Godsdiens – ontsag vir die Here, wat ook uitgeleef word in jou ontsag vir ander se belange (weeskinders).
Die boodskap van die 13 spreuke kan vir my saamgevat word in die frase: Werk aan jou netwerk van verhoudings.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - Jul 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - Jul 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - Jul 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - Jul 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - Jul 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - Jul 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - Aug 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - Aug 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - Aug 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - Aug 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - Aug 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - Aug 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - Aug 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - Aug 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - Aug 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - Aug 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - Aug 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - Aug 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - Aug 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - Aug 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - Aug 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - Aug 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - Aug 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - Aug 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - Aug 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - Aug 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - Aug 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - Aug 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - Aug 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - Sep 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - Sep 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - Sep 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - Sep 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - Sep 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - Sep 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - Oct 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - Jun 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - Apr 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - Dec 13, 2022