Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
Spreuk 1 – 24:23b-25 – Partydigheid is onregverdig
Partydigheid kom eintlik in alle verhoudings voor, waarin iemand voorgetrek word bo ‘n ander. Maar die onreg daarvan is veral wreed waar dit in die regshowe gebeur, waar ‘n regter partydig is vir ‘n skuldige en onskuldiges daaronder ly. Dit is nie reg nie, soos Spreuke so sonder ophef, maar helder sê. Let op hoe só ‘n regter deur die hele bevolking verwens en vervloek word, sonder dat die impak op só ‘n persoon persoonlik uitgespel word. Die teendeel is egter waar van die seën en voorspoed wat regverdige regters sal ervaar. Dit sal vir almal sigbaar wees.
‘n Mens kan nie anders as om aan die partydigheid van Pilatus te dink in die verhoor van Jesus, waar hy die skuldige Barabbas vrygelaat het in plaas van die onskuldige Jesus, omdat hy die Joodse raad se guns wou behou (Matt 27:15-26). Daar was die skare egter aan Pilatus se kant, opgesweep deur die Joodse leiers, en is hy nie verwens en vervloek nie. Tog, die geskiedenis leer ons dat Pilatus se termyn as goewerneur waarskynlik kort na Jesus se dood beëindig is, hy in ballingskap gestuur is, en in 37 nC selfmoord gepleeg het. Dit is nou volgens die 1ste eeuse Joodse geskiedskrywer Josephus, die 4de eeuse kerkvader Eusebius, asook die 10de eeuse Arabiese geskiedskrywer Agapius van Hierapolis, maar daar is ook ander bronne en legendes wat hiervan verskil.
Spreuk 2 – 24:26 – ‘n Ware vriend is eerlik
In die oorspronklike staan daar dat dié een wat eerlik antwoord, is “’n soen op die lippe”, soos dit nou vertaal is: “’n ware vriend.” Die NCV vertaal: “An honest answer is as pleasing as a kiss on the lips.”
Herodotos, die Griekse geskiedskrywer uit die 5de eeu vC, vertel van ’n tradisie onder die Perse dat só ’n soen ’n teken van ware vriendskap is. ‘n Mens kan daarom nie anders as om die hele gebeure in Getsemane in herinnering te roep nie, waar die Seun van die mens juis deur ‘n soen verraai is, waar Judas doelbewus ‘n vriendskapsgebaar gebruik het om Jesus te verraai (Matt 26:49). Saam met die vorige spreuk, vorm dit ‘n interessante agtergrond vir die gebeure van die NT.
Spreuk 3 – 24:27 – Werk volgens die regte prioriteite
Die ongemaklike waarheid is dat ‘n mens se harde werk ongedaan gemaak kan word, as jy nie met die regte prioriteite werk nie. Jy kan nie beplan om êrens te woon as jy nie eers ‘n werk het om jou daar aan die lewe te hou nie. Die orde is: bewerk eers jou lande, en bou dan jou huis.
Dit is ‘n metafoor vir die nakom van die regte prioriteite wat in baie lewensverbande nagevolg kan word.
Spreuk 4 – 24:28-29 – Wees eerlik selfs al word jy te na gekom
Weer word ‘n verwysing na die lippe gebruik om oor eerlikheid kommentaar te lewer: “moenie mense mislei met jou lippe nie”, soos dit in die oorspronklike Hebreeus staan. Die waarskuwing geld selfs al is ‘n mens te na gekom. Vergelding of wraakgierigheid is nie deel van die wyse manier van lewe nie. Hierdie spreuk wys dus die misleiding met jou lippe – valse getuienis – sterk af.
Spreuk 5 – 24:30-34 – Armoede volg op luiheid en onverstandigheid
Spreuke dink redelik baie oor armoede en wyt dit aan verskeie oorsake. Hier word ‘n sterk band tussen armoede en luiheid sowel as onverstandigheid getrek. Armoede is dus nie net aan eksterne invloede te wyte nie, ook aan interne motivering (of dan juis ‘n gebrek aan motivering!) en verkeerde keuses. In samehang met spreuk 3 sien ‘n mens in die beskrywing van hierdie tipe armoede die gevolg van verkeerde prioriteite. Wanneer jy nie onkruid en bossies bestry nie, en jou wingerd verder beveilig deur ‘n klipmuur nie, dan kom jou armoede metafories aangestap, en oorval gebrek jou soos ‘n inbreker, sonder dat jy dit kan keer.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - Jul 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - Jul 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - Jul 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - Jul 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - Jul 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - Jul 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - Aug 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - Aug 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - Aug 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - Aug 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - Aug 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - Aug 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - Aug 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - Aug 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - Aug 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - Aug 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - Aug 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - Aug 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - Aug 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - Aug 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - Aug 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - Aug 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - Aug 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - Aug 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - Aug 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - Aug 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - Aug 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - Aug 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - Aug 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - Sep 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - Sep 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - Sep 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - Sep 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - Sep 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - Sep 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - Oct 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - Jun 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - Apr 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - Dec 13, 2022