Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl

Spreuke 11 kan deur verskillende lense bekyk word.  Hier is drie maniere:

Welvaart, gemeenskap en mag

Let op hoe die temas van welvaart, gemeenskap, en mag (money, sex and power) byvoorbeeld inmekaar gevleg word:

  • Welvaart – Die gesegde “Business is business” moet eintlik “Business is God’s business” heet.  Hy hou daarvan as besigheid regverdig is (11:1). Rykdom bring jou nie ver met God nie, wel om sy wil te doen (11:4). Wins wat op ’n verkeerde manier verwerf word, hou nie vir altyd nie (11:18). Vrygewigheid lei – anders as wat ons dink – tot oorvloed (11:24). Gewillige verkopers maak honger kopers se harte bly! (11:26). Regverdigheid is ’n beter basis vir die lewe as rykdom (1:28). Nalatigheid lei tot verlies (1:29).
  • Gemeenskap – Skoonheid kan nie ’n gebrek aan oordeel verbloem nie (1:22).
  • Mag – Magsmisbruik hou nie vir ewig nie (11:7).

Die regte pad teenoor die verkeerde pad

’n Mens kan ook deur die lens van die regte pad teenoor die verkeerde pad na dié gedeelte kyk.  Let dan op met hoeveel passie en positiwiteit die regte pad geskilder word teenoor die verkeerde een.

  • Die regte pad dra God se goedkeuring weg.  Hy haat oneerlikheid (11:1).
  • Opregtheid bepaal jou koers.  Valsheid bring ondergang  (11:3).
  • Gehoorsaamheid maak jou pad gelyk.   Verkeerd doen bring jou tot ’n val (11:5).
  • As jy vir iemand anders iets oor het, baat jy self daarby.  ’n Hartelose mens word deur sy eie toedoen verstoot (11:17).
  • God hou van mense wat onberispelik lewe.  Hy verafsku onopregtes (11:20).
  • Vrygewiges kry meer.  Suiniges raak arm (11:24).
  • Regdoen laat jou floreer, eerder as rykdom (11:28).
  • Ensomeer.

Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl

Ek het persoonlik daarna gekyk deur die lens van die wonderlike gemeenskap wat hier geteken word, ‘n utopia.

Wat my getref het, is die voordele van die waardes en lewenstyl van só ’n gemeenskap wat hier geteken is.  Ek het probeer om die voordele, waardes en lewenstyl in een woord of ’n kort frase saam te vat.  ‘n Mens kan droom … en dié droom begin leef!

Waardes

  • Vers 1 – eerlikheid
  • Vers 2 – nederigheid
  • Vers 3 – opregtheid
  • Vers 4 – beginselvastheid
  • Vers 5 – gehoorsaamheid
  • Vers 6 v betroubaarheid

Voordele

  • Vers 7 – mislukking van magsmisbruik
  • Vers 8 – bevryding vir regverdiges
  • Vers 9 – beskerming vir gehoorsames
  • Vers 10 – blydskap vir die gemeenskap
  • Vers 11 – goeie naam vir die gemeenskap

Lewenstyl

  • Vers 12 – diskresie
  • Vers 13 – integriteit
  • Vers 14 – oorwoë leiding
  • Vers 15 – onderskeiding
  • Vers 16 – karakter
  • Vers 17 – deernis

Voordele

  • Vers 18 – volhoubare wins
  • Vers 19 – lewensmoontlikhede
  • Vers 20 – God se guns
  • Vers 21 – Florerende nageslag
  • Vers 22 – Slegte oordeel raak sigbaar
  • Vers 23 – Beste begeertes word bevestig
  • Vers 24 – Vrygewigheid word beloon
  • Vers 25 – Omgee bring voorspoed
  • Vers 26 – Billikheid word waardeer
  • Vers 27 – Waardering vir die goeie
  • Vers 28 – Regdoen floreer
  • Vers 29 – Onverstandigheid word afgekeur
  • Vers 30 – Oorvloedige lewe
  • Vers 31 – Regverdigheid word beloon

Hoe het jy na hierdie gedeelte gekyk, en watter temas het vir jou uitgestaan?  En hoe raak dit jou lewe?

View all posts in this series

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Die week kyk ek na Spr 10 en 11 en i)dit val my veral op dat God se wil pertinent as tema deurkom. Dit bring my net weer onder die indruk daarvan dat my ou eie plannetjies moet inpas in Sy groot Raadsplan!: 10:29 en 11:4 & 29. Dit hou vir my nie net krag in nie, maar ook lewe, vs dood!
    ii) Nog ‘n tema wat vir my in hfst 11 uitstaan is dat ons gemaan word om reg te lewe – dit het ook blywende beloning (v 18), dit laat mens floreer soos groen blare aan ‘n boom (v 28). Dit sluit al die waardes in waarvan daar in die hfst sprake is!

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: