Skip to main content

Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl

Spreuke 11 kan deur verskillende lense bekyk word.  Hier is drie maniere:

Welvaart, gemeenskap en mag

Let op hoe die temas van welvaart, gemeenskap, en mag (money, sex and power) byvoorbeeld inmekaar gevleg word:

  • Welvaart – Die gesegde “Business is business” moet eintlik “Business is God’s business” heet.  Hy hou daarvan as besigheid regverdig is (11:1). Rykdom bring jou nie ver met God nie, wel om sy wil te doen (11:4). Wins wat op ’n verkeerde manier verwerf word, hou nie vir altyd nie (11:18). Vrygewigheid lei – anders as wat ons dink – tot oorvloed (11:24). Gewillige verkopers maak honger kopers se harte bly! (11:26). Regverdigheid is ’n beter basis vir die lewe as rykdom (1:28). Nalatigheid lei tot verlies (1:29).
  • Gemeenskap – Skoonheid kan nie ’n gebrek aan oordeel verbloem nie (1:22).
  • Mag – Magsmisbruik hou nie vir ewig nie (11:7).

Die regte pad teenoor die verkeerde pad

’n Mens kan ook deur die lens van die regte pad teenoor die verkeerde pad na dié gedeelte kyk.  Let dan op met hoeveel passie en positiwiteit die regte pad geskilder word teenoor die verkeerde een.

  • Die regte pad dra God se goedkeuring weg.  Hy haat oneerlikheid (11:1).
  • Opregtheid bepaal jou koers.  Valsheid bring ondergang  (11:3).
  • Gehoorsaamheid maak jou pad gelyk.   Verkeerd doen bring jou tot ’n val (11:5).
  • As jy vir iemand anders iets oor het, baat jy self daarby.  ’n Hartelose mens word deur sy eie toedoen verstoot (11:17).
  • God hou van mense wat onberispelik lewe.  Hy verafsku onopregtes (11:20).
  • Vrygewiges kry meer.  Suiniges raak arm (11:24).
  • Regdoen laat jou floreer, eerder as rykdom (11:28).
  • Ensomeer.

Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl

Ek het persoonlik daarna gekyk deur die lens van die wonderlike gemeenskap wat hier geteken word, ‘n utopia.

Wat my getref het, is die voordele van die waardes en lewenstyl van só ’n gemeenskap wat hier geteken is.  Ek het probeer om die voordele, waardes en lewenstyl in een woord of ’n kort frase saam te vat.  ‘n Mens kan droom … en dié droom begin leef!

Waardes

  • Vers 1 – eerlikheid
  • Vers 2 – nederigheid
  • Vers 3 – opregtheid
  • Vers 4 – beginselvastheid
  • Vers 5 – gehoorsaamheid
  • Vers 6 v betroubaarheid

Voordele

  • Vers 7 – mislukking van magsmisbruik
  • Vers 8 – bevryding vir regverdiges
  • Vers 9 – beskerming vir gehoorsames
  • Vers 10 – blydskap vir die gemeenskap
  • Vers 11 – goeie naam vir die gemeenskap

Lewenstyl

  • Vers 12 – diskresie
  • Vers 13 – integriteit
  • Vers 14 – oorwoë leiding
  • Vers 15 – onderskeiding
  • Vers 16 – karakter
  • Vers 17 – deernis

Voordele

  • Vers 18 – volhoubare wins
  • Vers 19 – lewensmoontlikhede
  • Vers 20 – God se guns
  • Vers 21 – Florerende nageslag
  • Vers 22 – Slegte oordeel raak sigbaar
  • Vers 23 – Beste begeertes word bevestig
  • Vers 24 – Vrygewigheid word beloon
  • Vers 25 – Omgee bring voorspoed
  • Vers 26 – Billikheid word waardeer
  • Vers 27 – Waardering vir die goeie
  • Vers 28 – Regdoen floreer
  • Vers 29 – Onverstandigheid word afgekeur
  • Vers 30 – Oorvloedige lewe
  • Vers 31 – Regverdigheid word beloon

Hoe het jy na hierdie gedeelte gekyk, en watter temas het vir jou uitgestaan?  En hoe raak dit jou lewe?

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm