Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding
Dit slotsom van Spreuke is dat ‘n mens kan luister na óf vrou Wysheid (9:1-6) óf na vrou Dwaasheid (9:13-18) om hulle leiding te volg in jou lewe. Dié kontrasterende keuse word afgewissel met ‘n gedeelte oor die ligsinnige mens (9:7-12) wat die gevolge van die verkeerde keuse vir vrou Dwaasheid uitspel. Dit gee ook ‘n dwarsklap na dié wie se opvoeding ligsinnigheid tot gevolg het (9:7). Pa’s en ma’s luister!
Let op dat beide vrou Wysheid as vrou Dwaasheid fokus op dié wat nog onervare is en kennis kortkom. Dit beteken dat die rol van opvoeders is om kinders te inspireer dat hulle die regte lewenshouding aankweek om uit die verskillende stemme wat met hulle in die lewe praat – vrou Wysheid en vrou Dwaasheid – dié stemme te kies waarvan die inhoud wys is.
- Vrou Wysheid nooi uit na ‘n lewe wat afskeid neem van onkunde en die pad van insig omhels.
- Vrou Dwaasheid nooi uit na ‘n lewe van gesteelde genot sonder verantwoordelikheid wat eindig in die dood.
Die spreuke wat hierna gaan volg, help dus primêr om hierdie regte lewenshouding in die praktyk uit te spel – aan die hand van ongeveer 562 voorbeelde – sodat ‘n mens wysheid kan aanleer en uitvoer.
9:1-6 – Luister na Vrou Wysheid
Wysheid word in ‘n uitgebreide gelykenis as ‘n verstandige vrou voorgestel wat vir haar ‘n huis gebou het met sewe klippilare – ‘n simbool van standvastigheid en duursaamheid. Die groot getal van sewe pilare laat ‘n mens eintlik dink aan ‘n tempel eerder as ‘n huis (hulle het minder pilare gehad, indien enigsins), wat die gesag en goddelike invloed van haar wysheid beklemtoon.
Haar wyshede word in dié gelykenis voorgestel as ‘n feesmaal waarheen onkundiges uitgenooi word om in ‘n feestelike atmosfeer te kom leer. Só sal hulle die pad van insig vind om regtig te kan lewe.
Let op hoe leerbaarheid as een van die kernwaardes van hierdie tipe lewe voorgestel word: “neem afskeid van die onkunde … en kom op die pad van die insig” (9:6).
9:7-12 – Versigtig vir ligsinnigheid
Hierdie gedeelte beskryf die opstand van ligsinnige mense teen die wysheid en die gevolge wat dit vir hulle het. Maar, die opvoeders van sulke mense word ook aangespreek, omdat ligsinnigheid altyd ook ‘n vingerwysing is na dié wat verantwoordelik was vir kinders wat ligsinnigheid as lewenstyl kies (9:7). Ligsinnigheid lei onvermydelik tot goddeloosheid, omdat ‘n mens nie wysheid kan ignoreer sonder om dan ook die Bron van wysheid daarmee saam te ignoreer nie.
Interessant genoeg wil dié gedeelte ‘n mens ook waarsku daarteen om jou wysheid met ligsinnige mense te deel, omdat die kanse vir sukses so gering is (9:8). Mense wat die waarde van wysheid ervaar het, is meer ontvanklik, en meer leerbaar. Daarom moet jy jou wysheid met sulke mense deel. Met hulle kan jy moeite doen om verder en dieper te gaan.
Ligsinniges moet egter eers weer na die begin toe teruggevat word, die ontsag vir God (9:10 – vgl 1:1-7), voor die lewenshouding van leerbaarheid weer sal inskop en die voete op die pad van insig geplaas kan word.
9:13-18 – Moenie luister na Vrou Dwaasheid nie
Let op hoe vrou Dwaasheid vir vrou Wysheid naboots in die banket wat vir die onervare onkundiges gehou word, maar op ‘n wyse wat herinner aan die verleidelike gedrag van die slegte vrou van vroeër. Let op hoe die verleiding van haar aanbod lê in die gesteelde karakter daarvan – jy hoef jou nie in te span om dit te verkry nie – sowel as in die verborge aard daarvan – dit is iets wat jy stilletjies doen, waar niemand kan sien of beperkings kan plaas nie.
Die einde van dié pad is egter die dood, omdat daar geen verantwoordelikheid of verantwoordbaarheid ingebou is in die verkryging van hierdie kennis nie. Dit onderstreep op ‘n waarskuwende manier die noodsaak daarvan om versigtig te wees met die uitdeel van kennis bv in ‘n leerervaring, sonder om ‘n worsteling daarmee, en ‘n toetsing daarvan, in te bou. ‘n Mens moet self werk aan dít wat jy leer, en jy moet op een of ander manier iets daarvan weergee. Dán het dit deel van jou menswees en lewenswyse geword. Anders is dit plagiaat en oppervlakkig by wyse van spreke.
Die tafel is nou gedek om na die spreuke te begin luister, daaroor diep na te dink, en dit deel van jou lewe te maak.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - July 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - July 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - July 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - July 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - July 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - July 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - August 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - August 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - August 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - August 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - August 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - August 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - August 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - August 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - August 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - August 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - August 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - August 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - August 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - August 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - August 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - August 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - August 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - August 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - August 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - August 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - August 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - August 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - August 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - September 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - September 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - September 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - September 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - September 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - September 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - October 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - June 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - April 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - December 13, 2022
Tilla
Hier val dit my weer op hoe ons GENOOI word om te leer. En waarom sal mens wil? Want dit gee ware lewe (v 6) en boonop n lang lewe (v 11).
Want dwaasheid = dood!
En klassiek: net n wyse laat hom leer, wil leer is wys genoeg om te weet hy kom leer kort!! (v8).
Weer die bevestiging: Wysheid begin by die dien vd Here!
Alida
Ek wil asb meer weet oor vers 7 & 8.
Is dit bv. as mens probeer opstaan vir jouself/ander teen onregverdigheid. jy weet jys reg en die ander ou is verkeerd, JY kom sleg daarvan af?
Chris van Wyk
Hi Alida, nee dit gaan eintlik oor die sinloosheid daarvan om spotters te probeer reghelp. Hulle is arrogant (Spr 21:24) en onleerbaar (Spr 14:6). Jy mors jou tyd met hulle (Spr 15:12). Daarom sê Psalm 1 dat jy hulle moet vermy, want hulle pad lei na nêrens nie. Onttrek jou dus van sulke mense, en die konflik hou gewoonlik op (Spr 22:10). Jy kan wel eenvoudiges of onkundiges leer (Spr 9:6), maar jy mors jou asem met spotters en dwase (Spr 1:7). God sal met hulle afreken (Spr 3:33-34). Wat jy wel kan doen, is om die saak waaroor dit gaan te hanteer. Spreuke gee op verskeie plekke raad daarvoor (Spr 21:3; 21:15; 31:9).