Spreuke – Inleiding
Slagspreuke vir die lewe
Die boek Spreuke is saamgestel uit hoofsaaklik kort stellings of spreuke (mâshâl in Hebreeus – hfst 10-31) – sommige noem dit aforismes of two‑liners (teenstellings, ooreenstemmings en sinteses). Daar is ook langer uitgebreide gesegdes en numeriese spreuke (veral in hfst 30-31), sowel as die inleiding wat ‘n hele paar langer wysheidsgedigte bevat wat in die raamwerk van ‘n uitgebreide gesprek tussen ‘n pa en sy seun opgeneem is (hfst 1-9).
Hierdie spreuke vang lewenswaarhede of –wyshede vas sodat jy daaruit die beginsels van die lewe kan leer ken, met groter onderskeiding jou eie en ander se gedrag kan beoordeel en met meer oorleg kan leef (1:2). Hierdie versameling God-gegewe oortuigings, oor die breë spektrum van die lewe, is daarom ‘n goudmyn van slagspreuke vir die lewe: “the scrapbook of common grace” (Martin).[1]
Wysheidstradisie
Die boek stel opvallend min belang in die amptelike liturgiese aanbidding en verering van God in die tempel. Dit was immers die taak van die priesters en die skrywers van die Psalms om daaraan aandag te gee, hoewel daar natuurlik ook wysheidsPsalms was (Pss 1;19;112; 119; 128).
Dié boek staan volledig in die tradisie van die wysheid soos deur die wyses oorgelewer. Daarom is die boek duidelik meer geïnteresseerd in hoe dit mense kan leer om God in die alledaagse lewe te dien as in wat tussen die mure van die tempel gebeur (hoewel dit een verwysing na dankoffers insluit 3:9-10). Die begin van die wysheid is immers om primêr in alles met ontsag vir Sy teenwoordigheid te lewe (1:7; 9:10).
Praktiese benadering tot die lewe
Spreuke leer jou daarom die geheim ken van die lewe coram Deo (voor God), sodat jy met wysheid en oorleg kan leef (1:3) en die dwaasheid kan vermy (1:7).
Spreuke wil ons inspireer om die wysheid na te jaag, nie net in terme van wat in die boek self opgeteken is nie, maar ook om ons eie oortuigings in ons lewe saam met God en mekaar te vind en formuleer. [2] Geen wonder nie dat dit ‘n uiters geskikte bron is vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en/of opvoeding te gebruik, want die boek werk nie soseer met groot of abstrakte teorieë of selfs godsdiens-kategese as sodanig nie, maar met ‘n doodgewone common sense praktiese benadering tot die lewe voor God en die wêreld, geïllustreer met vele stories, beelde, onthoubare slagspreuke en gesegdes. Maclaren beskryf die boek daarom as “portable medicine for the fevers of youth” en voeg by dat dié medisyne werk of jy die dokter ken of nie (Zondervan Bible Commentary, 654)!
Bou jou kapasiteit vir wysheid
Met die waarhede en wyshede van die boek Spreuke as gids kan ook jy ‘n ekspert in die lewe word! In die proses bou Spreuke jou kapasiteit vir wysheid, en vir wyse gedrag, sodat jy:
- kan weet wanneer iemand verstandig praat (1:2) – bv “’n Oorwoë mening is diep waters, ‘n verstandige mens skep daaruit” – 20:5 (18:4) – verstandigheid het met diepte te make;
- ‘n sin vir regverdigheid kan ontwikkel (1:3) – bv “’n troon word deur regverdigheid bestendig” – 16:12 – Spreuke was die King III Corporate Governance uitgawe van sy tyd!;
- met oorleg kan optree (1:4) – bv “My seun, behou die takt en oorleg, moet dit nie uit die oog verloor nie” – 3:21;
- tot dieper insig kan kom (1:5-6) – bv “Iemand wat goeie insig het, geniet goedgesindheid” – 13:15;
- nie sal toegee as daar verleiding of dwaasheid oor jou pad kom nie (1:7, 10) – bv “Moenie agter die goddeloses aanloop nie, vermy die pad van slegte mense” – 4:14; “Die slegte vrou se lippe drup van die heuning, haar tong is gladder as olie, maar agterna is alles so bitter soos wildeals” – 5:2-3.
Uiteraard moet ‘n mens ook onthou dat die onderskeie wyshede in die boek Spreuke baie keer skerp geformuleer is, en ‘n spesifieke punt probeer maak deur byvoorbeeld oorbeklemtoning. Dink byvoorbeeld aan: “Geen leed sal die regverdige tref nie; goddeloses beleef ramp op ramp” (Spreuke 12:21), wat nie regtig wil sê dat dit altyd en alle gevalle so sal wees nie, maar net die punt sterk wil oorbring dat gehoorsaamheid aan God lei na die lewe, en ongehoorsaamheid na die dood.
Daarom dat in die wysheidstradisie ook met die teendeel van sommige van hierdie spreuke geworstel is, veral in die Psalms, Prediker en Job. Lees meer daaroor in my bydraes oor Prediker en Psalms.
Opbou
Die spreuke is versamel in bundels waarvan 6 hulle weg tot in die boek Spreuke gevind het, soos ‘n mens telkens in die eerste vers van só ‘n bundel meegedeel word.
1. Die eerste bundel spreuke van Salomo – 10:1-22:16
Twee bundels Spreuke van Salomo is in die boek opgeneem (10:1-22:16; 25:1-29:27).
Die eerste bundel werk veral met skerp teenstellings of antiteses tussen wysheid en dwaasheid, godvresendheid en goddeloosheid (“Liewer ‘n stukkie droë brood met vrede daarby as ‘n huis vol kos met getwis daarby” – 17:1).
2. Die eerste bundel gesegdes van die wyses – 22:17-24:22
Daar is ook 2 bundels van die gesegdes van die wyses in die boek opgeneem (22:17-24:22; 24:23-34) wat veral met ooreenstemmings werk soos in die tweede bundel spreuke van Salomo (“Moenie ‘n arm mens te kort doen omdat hy arm is nie; moenie die hulpelose vertrap in die regspraak nie” – 22:22).
3. Die tweede bundel gesegdes van die wyses – 24:23-34
Die tweede bundel van die gesegdes van die wyses werk veral met sinteses (“Iemand wat eerlik antwoord, is ‘n ware vriend.” – 24:26).
4. Die tweede bundel spreuke van Salomo – 25:1-29:27
Die tweede bundel van spreuke van Salomo (geredigeer deur koning Hiskia se amptenare, ongeveer 2 eeue na Salomo, en in die tyd van die profeet Jesaja – 25:1) werk veral met twee tipes spreuke:
- komplementerende ooreenstemmings wat dieselfde gedagte versterk (“Wie ’n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.” – 25:11),
- en aanvullende sinteses waar die tweede stelling die eerste stelling aanvul, uitbou of afrond (“Miswolke en wind, maar geen reën nie, so is iemand wat spog met wat hy sal gee en dit nooit gee nie” – 25:14);
5. Die belangrike uitsprake van Agur – 30:1-22
Die belangrike uitsprake van die onbekende Agur (30:1-22 – moontlik ook van Massa in Arabië soos Lemuel) wat onder andere ooreenkomste het met hfst 38 van die boek Job, ook die enigste gebed in die boek Spreuke bevat (30:7-9), sowel as ‘n paar diepsinnige opmerkings het oor die lewe.
6. Die woorde van Lemuel se ma – 30:1-31
Die woorde van die onbekende koning Lemuel van Massa (Arabië) – wat eintlik deur sy ma vir hom gegee is (31:1-31) – waarvan 31:10-31 ‘n akrostiese gedig is (elke vers begin met ‘n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet [22 letters]) wat nie net die wyse woorde van ‘n vrou illustreer nie, maar dit verpersoonlik in terme van die wyse lewe van ‘n vrou.
Inleiding – 1:1-7
Vir hierdie bundels is ‘n inleiding geskrywe (1:1-7) wat die doel van die boek uitspel en al die spreuke van die boek as uitvloeisel van die ontsag en eerbied vir God teken.
‘n Pa se onderrig aan sy seun – 1:8-9:18
Hierna is ‘n hele aantal wysheidsgedigte geplaas in die raamwerk van ‘n langerige gesprek waarin ‘n pa sy seun onderrig in 10 “lewenslesse”, afgelei uit frases soos dié: ”My seun, jy moet luister …” (een keer ook gerig aan sy kinders [seuns] in 4:1, soos die Wysheid dit inderdaad ook doen in 8:32).
- Luister na jou ouers – 1:8-19;
- Soek wysheid met gespitse ore – 2:1-22;
- Vertrou God en ken Hom in alles – 3:1-12;
- Leer uit 5 voorbeelde van ‘n ryk en vol lewe – 3:13-35;
- Neem jou ouers se opvoeding ter harte – 4:1-9;
- Kies die pad van wysheid – 4:10-19;
- Hou koers deur veral met jou hart versigtig om te gaan – 4:20-27;
- Bly weg van hartelose verhoudings en leef met oorleg – 5:1-6:19;
- Pasop vir owerspel – 6:20-35;
- Pasop vir prostitusie – 7:1-27
Tussendeur is daar ‘n paar uitbreidings (1:20-33; 8:1-36) onder andere deur die seun ook te laat luister na sy ma (1:8; 6:20 – vgl ook 10:1).
Saam met die inleiding vorm dit die eerste deel van die boek wat die belangrikheid van ‘n leerbare gees – ‘n ander manier waarmee die vermoë om te luister beskryf kan word – onderstreep in terme van die verskil tussen die gedrag van goddeloses en godvresendes:
- veral in die soeke na welvaart (korrupsie vs eerlike harde werk – easy money – iets waaroor die Prediker ook uitvoerig uitwy en wat natuurlik baie keer met die misbruik van mag gepaard gaan – easy power) en
- in die soeke na gemeenskap (ontrouheid vs getrouheid – easy sex[3] – ‘n sleutel aspek van Hooglied se wysheid).
Die boodskap is: goddeloses luister na vrou dwaasheid (9:13-18), en godvresendes na vrou wysheid (9:1-12), sê die boek Spreuke.
Uiteraard veronderstel hierdie ontleding dat die boek, “a collection of collections”, oor ‘n lang tyd tot stand gekom het (Murphy). Selfs Hiskia het ‘n hand gehad in die redaksie daarvan, voor die boek Spreuke in sy finale vorm deel van die kanon geword het, waarskynlik ná die ballingskap.
Ooreenkomste met ander wysheidstradisies
‘n Hele paar van die spreuke in die boek Spreuke toon ooreenkomste met die wysheid van ander kulture en godsdienste uit daardie tyd, soos dit ook die geval was in die boeke Prediker en Hooglied. ‘n Mens sien dit in vergelyking met die Egiptiese Onderig van Amenemope en die Assiriese Woorde van Ahikar. Die Onderrig van Amenenope het verskeie gesegdes uit die 30 hoofstukke daarvan wat ooreenkom met van die spreuke in hoofstuk 22-23. Die Woorde van Ahikar het net een gesegde wat met 22:13 ooreenkom.
Hierdie ooreenstemmende spreuke is óf meesal aangepas vir gebruik binne die boek Spreuke óf andersom. Die meeste van die spreuke in die boek Spreuke toon egter ‘n aanvoeling vir die feit dat dit in die geloofsgemeenskap van Israel gebruik sal word (vgl bv in 6:16-19 die ooreenkomste met dele van die Tien Gebooie uit Eksodus 20 en in 6:20-23 die ooreenkomste met die opdrag tot verbondsonderrig in Deuteronomium 6:4-9). ‘n Mens kan ook duidelik sien dat die oorgrote meerderheid van die spreuke in die boek Spreuke uit Israel se eie geloofstradisies put (Skepping – 3:19-20; 8:22-31; Eksodus – 6:16-10; Tempel – 8:34[4]; Land – 2:21-22; 10:30).
Manier van lees
Spreuke is nie eintlik ‘n boek wat ‘n mens van kant tot wal lees nie. Daarvoor is daar te min van ‘n storielyn of plot, veral in hoofstuk 10-30. Dit is beter om ‘n hoofstuk te lees en dan te fokus op ‘n spesifieke gesegde daarin en die betekenis daarvan te oordink totdat dit deel van jou manier van dink, lewe en selfs manier van praat word. Ek sal hoop dat na ons die boek Spreuke op dié manier deeglik deurgewerk het, dit miskien kan gebeur dat ons in plaas van te sê: “My pa of ma het altyd gesê …” sal begin om soms te sê: “Spreuke sê …”!
Ons gaan daarom wel ongeveer ‘n hoofstuk ‘n dag lees, maar die idee is om in die hoofstuk ‘n gedagte/spreuk uit te kies en dan tyd te spandeer om daaroor na te dink en daarin die stem van die Here vir jou lewe te hoor.
Dit sal waarskynlik gebeur dat ‘n spreuk jou aanspreek wat verband hou met iets wat jy op die oomblik ervaar, hetsy iets positiefs wat jy wil vier, of iets negatiefs wat jy moet verwerk. Dit maak dan die moontlikheid oop dat jy die Woord van die Here in die spesifieke spreuk kan hoor, soos dit jou lewe prakties aanspreek, en jy in gesprek met ‘n spreuk Sy stem vir jou lewe hoor.
Ek wil daarom voorstel dat jy die hele hoofstuk lees wat ek vir elke dag aangee, dat jy daarna my bydrae daaroor lees (op die webtuiste of in jou Inbox) vir verheldering, en dan een spreuk uitkies, wat moontlik met iets in jou lewe saamhang, wat jy met die onderstaande Lectio Divina Bybellees manier oordink:
- Silencio – kom tot rus voor God.
- Lectio – lees die spreuk hardop ‘n paar keer deur.
- Meditatio – oordink die praktiese impak daarvan op jou lewe.
- Oratio – antwoord God in gebed daarop.
- Contemplatio – geniet God se teenwoordigheid.
- Incarnatio – wees gehoorsaam aan wat jy hoor.[5]
Indeling van leeswerk
Die voorlopige indeling van die hoofstukke is as volg (inleiding 25/7 en eerste byeenkoms – laaste byeenkoms 12/9 [8 byeenkomste]):
- 1:1-33 – Begin met God– 26/7
- 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore– 27/7
- 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles– 30/7
- 4:1-27 – Baken jou koers af – 31/7
- 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings– 1/8
- 6:1-19 – Leef met oorleg– 2/8
- 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel– 3/8
- 8:1-36 – Onthou dis Wysheid self wat roep na jou– 6/8
- 9:1-18 – Kies die pad van insig– 7/8
- 10. 10:1-32 – Die spreuke van Salomo I – 8/8
- 11:1-31 – ditto – 9/8
- 12:1-28 – ditto – 10/8
- 13:1-25 – ditto – 13/8
- 14:1-35 – ditto – 14/8
- 15:1-33 – ditto – 15/8
- 16:1-33 – ditto – 16/8
- 17:1-28 – ditto – 17/8
- 18:1-24 – ditto – 20/8
- 19:1-29 – ditto – 21/8
- 20:1-30 – ditto – 22/8
- 21:1-31 – ditto – 23/8
- 22:1-16 – ditto – 24/8
- 23. 22:17-29 – Die gesegdes van die wyses I – 27/8
- 23:1-35 – ditto – 28/8
- 25. 24:1-34 – Nog gesegdes van die wyses II – 29/8
- 26. 25:1-28 – Die spreuke van Salomo II (Hiskia se weergawe) – 30/8
- 26:1-28 – ditto – 31/8
- 27:1-27 – ditto – 3/9
- 28:1-28 – ditto – 4/9
- 29:1-27 – ditto – 5/9
- 31. 30:1-33 – Die belangrike uitsprake van Agur – 6/9
- 32. 31:1-9 – Die woorde van Lemuel en die goeie vrou – 7/9
Laaste byeenkoms 12/9
Temas
Dit is ook goed om temas te identifiseer om verskillende uitsprake met mekaar in verband te bring. Hier is een skema wat vir jou van waarde kan wees (Adam Barr se tabel in Zondervan Bible Commentary, 658). Jy kan dit vir ekstra leesstof gebruik of ná die deurlees van Spreuke gebruik om dieper oor sekere temas na te dink:
Theme | Lessons | References |
Fear of the Lord | The “beginning of wisdom,” to fear the Lord is to | 1 :7,29; 2:5; 3:7 -8; 8:13; 9:10; 10:27; 14:26-27; 15:16, |
recognize God’s authority in every aspect of our | 33; 16:6; 19:23; 22:4; 23:17 | |
lives. | ||
Wisdom | Wisdom is the application of truth to our daily | 1-5; 7:4; 8; 9:1-13; 10:13, 23, 31; 11 :2; 13:10; 14:6, 8, |
existence. | 33; 15:33; 16:16; 17:24; 18:4; 19:20; 21:30; 23:23; 24:3; | |
28:26; 29:3, 15 | ||
Folly | Folly is a rebellious departure from the life of | 1 :21-22; 3:35; 5:22-23; 9:13-18; 10:14, 23; 12:15-16, |
wisdom. | 23; 13:16; 14:7-9, 16; 18:2; 19:10; 22:15; 26:1, 11; 27:3, | |
22; 29:9 | ||
Humility | More dangerous than folly is pride; Proverbs | 3:34; 6:16-17a; 12:1; 14:1; 15:21,33; 16:18-19; 17:12, |
calls all who would be wise to remain humble. |
24; 18:2; 21 :4,24; 22:4; 25:6-7, 14; 26:1-12; 27:1-2, | |
21; 29:1, 23; 30:32 | ||
Friendship | Friends can influence us for good, bring joy and | 13:20; 17:7; 18:24; 20:19; 22:24-25; 23:20-21; |
walk with us through life’s challenges. Proverbs | 24:21-22; 27:6, 17 | |
encourages us to choose them carefully. | ||
Marriage | Marriage multiplies the implications of friendship, | 5:15-19; 6:27 -29,32-33; 7:21-27; 12:4; 18:22; 19:13; |
defining our lives like few other relationships. | 21 :9,19; 25:24; 27:8, 15-16; 31 :9-31 | |
Parenting | Parents are the primary teachers of wisdom and, | 4:3-9; 10:1; 13:1; 15:20; 17:6, 21, 25; 19:13-14, 18,26; |
sadly, folly. Proverbs presents parents with tools | 20:7; 22:15; 23:13-14, 24; 29:15, 17 | |
for raising children of understanding. | ||
Respect | Proverbs instructs us to respect others, both | 12:1; 13:1,10, 13-14, 18; 15:5, 12, 31-32; 19:16, 20, |
those in authority and those we are called to | 26-27; 22:17, 28; 23:22; 28:7, 9, 15-16, 24; 29:1, 3; | |
lead. | 20:11,17; 31 :8-9 | |
Speech | Our words have power beyond belief. As James | 6:12-15, 16-17b, 19; 10:10-14, 18-21,31-32; 11 :9, |
would later write, “Those who consider them- | 12-13,24-28; 12:13-14, 17 -19; 13:2-3, 5; 14:3, 5-6, | |
selves religious and yet do not keep a tight rein | 25; 15:4, 7, 23, 26, 28; 16:1, 13, 20, 23-24, 27-28, 30; | |
on their tongues deceive themselves.” | 17:7,9,27-28; 18:2, 4, 6-8, 13, 20-21; 19:1, 5, 9; 20:3, | |
15-16,19,25; 21:6, 28; 22:11; 23:9, 15-16; 24:26, 28; | ||
25:11-13,15,18,20,23; 26:20-28; 27:5, 14; 28:23; | ||
29:5, 20 | ||
Finances | The “fear of the Lord” must be applied in this | 3:9-10; 6:1-5,10-11; 8:18; 10:2-5, 15-16, 22; 11:1, |
most practical of life spheres by honoring God | 4,7,15-16; 12:9; 13:7-8, 11, 22-23; 14:20-21; 15:6, | |
with our resources. | 16-17,27; 16:8; 18:11; 19:4, 17; 20:10, 21, 23; 21:6, 13, | |
17,23; 22:7, 9, 16, 26-27; 23:4-5; 24:1-4, 27; 27:13, | ||
23-27; 28:6,11,19-20,22 | ||
Work | Proverbs promotes an ethic of diligent work, | 6:6-11; 10:2-5,26; 12:10-11, 24, 27; 13:4; 14:23; |
defined by excellence. | 15:19; 17:1; 18:9; 19:15, 24; 20:14, 13; 21 :5,25-26; | |
22:29; 24:30-34; 26:13-16; 27:18 | ||
Moderation | In emotion, appetite and lifestyle, Proverbs com- | 14:16; 15:18; 16:32; 17:27; 19:11, 19; 20:1; 21:17; |
mends a life of moderation. | 22:24-25; 23:1-3, 20-21; 25:28, 27:4; 28:7; 29:22; | |
31:3-8 |
Prepared by Adam T. Barr
[1] ‘n Antieke voorloper van Twitter, weliswaar met meer wysheid!
[2] Soos Bill Hybels uit sy eie ervaring doen vir leiers (Axiom – Leadership Lessons for a Lifetime – “Language matters”, “Vision leaks”, “Disagree without drawing blood”) op voetspoor van Colin Powell se voorbeeld (The Powell Principles – bv “Maintain an open-door policy”, “Promote a clash of ideas”).
[3] Douglas Stuart (en Gordon Fee), How to Read the Bible Book by Book, 145.
[4] Die verwysing na huis kan ook op die ruimte van die wysheid dui.
[5] Gebaseer op die omvattende skema van Alice Fryling, The Art of Spiritual Listening – Responding to God’s voice amid the noise of life, 36.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe
- Spreuke – Inleiding
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding
- Die spreuke van Salomo – Bundel I
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings
- Die woorde van die wyses – I
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie
- Nog woorde van die wyses – II
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal
- Die uitsprake van Agur
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub
- Tien lewenslesse uit Spreuke
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf
Tags: Spreuke
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Tabita – ek het kennis geneem van sy afsterwe, maar ongelukkig bied ek nie só ‘n kursus aan nie. Jy kan hoor by jou kerk se opleidingsinstansies of daar verdere moontlikhede vir jou is. Jy kan ook by SATS probeer: https://www.sats.edu.za/programmes/undergraduate/higher-certificate-in-christian-counselling/
Tabita
| #
Goeie dag pastoor. My naam is Tabita. Ek het n pastorale kursus gedoen deur past. Chris Mengel. Ongelukig en baie hartseer, aan die einde van my finale jaar het die Here hom kom haal. Bied pastoor sulke kursese aan of weet pastoor dalk waar ek my finale jaar kan voltooi groot asb? Groete en geseende dag vir u.
Chris van Wyk
| #
Klik net op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox stuur.
Chris van Wyk
| #
Hi Esmé, ek sal jou e-pos insit op daardie bladsy. Jy moet net die e-pos wat WordPress vir jou stuur goedkeur.
Esme Dorfling
| #
Ek wil graag aansluit by 2021 bybel lees program.
Chris van Wyk
| #
Hi Yunis, die reëling was om vermorsing te voorkom. Die pa moes bereken of sy familie ‘n lam sou kon opeet. Minder as tien mense in ‘n gesin, veral as dit kleiner kinders was, sou dit moontlik nie maak nie! Daarom kon hulle met hulle bure deel, sodat die vleis nie vermors word nie. Want, onthou, alles is verbrand aan die einde van die maaltyd. As ‘n mens simbolies daarna kyk, kan ‘n mens mededeelsaamheid en samewerking in die koninkryk daarin lees.
Yunis Duimpies
| #
Goeie middag Ds Chris
Baie dankie vir Ds se uiteensetting oor Exodus 12 in verband met die uittog uit Egipte.Ek wil net graag weet,wat beteken dit simbolies wanneer as huisgesinne die lammetjie saam moet eet en as hulle te klein is vir die lam,hulle saam met hulle bure deel.Ek hoop u verstaan wat ek bedoel.Baie dankie
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/