Spreuke – Lees, luister, leef – ePub

Spreuke leer ons dat daar ’n regte pad is om op te loop en ’n verkeerde een. Deur tien lewenslesse en meer as vyfhonderd en sestig spreuke leer die boek ’n mens om hierdie wyse pad in die praktyk van die lewe te onderskei en daarvolgens te begin lewe. Dit leer jou ook om die dwase afdraaipaaie te vermy, opgesom as: easy money, easy sex en easy power.

Wysheid begin by die eerste beginsel van die geestelike lewe, die ontsag vir God. Dit word prakties geïllustreer in die voorbeeld van rolmodelle wat nagevolg moet word. Daarmee leer Spreuke jou die geheim van die lewe voor God ken en inspireer jou om deurleefde oortuigings in die lewe te ontdek en jou eie te maak. Met vele stories, beelde, waarhede en slim slagspreuke leer jy só om ‘n ekspert in die lewe te word. Wysheid word daardeur jou metgesel en laat jou met takt en oorleg in die teenwoordigheid van God self leef.

Hierdie is die tweede boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.
Support independent publishing: Buy this e-book on Lulu.

View all posts in this series

Spreuke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Chris ek wil net namens myself en ons omgee groepie “Sarkies” baie dankie se. Ons het die begin van die jaar besluit om die Boek Spreuke deur te werk en ek glo en vertrou dat ons baie uit jou notas gaan leer. Mag God al Sy blessings oor jou uitstort en jou gebruik as Sy instrument in hierdie lewe net soos ek glo dat God ons Sarkies sal gebruik as instrumente.

    Renette Lloyd

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: