Bybelskool oor Spreuke
Derde kwartaal 2012
Ons lees DV die boek Spreuke by bybelskool.com in die derde kwartaal 2012. Die eerste bydrae word beplan vir Woensdag 25 Julie en word dan elke weeksdag opgevolg met ‘n bydrae vir die volgende 6 weke. Ons sal min of meer teen ‘n hoofstuk ‘n dag vorder.
Die leeswerk uit Spreuke fokus op die praktiese wysheid wat die Here ons wil leer. My gebed is dat elkeen van ons ‘n paar lewenswaarhede sal leer wat ons lewens kan verryk en verander. Dit is dinge soos:
- “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” – 3:6.
- “Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind” – 10:9.
- “Die waarheid hou vir altyd, die leuen net ‘n oomblik” – 12:19.
- “‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam” – 15:1
- “Liewer min hê en reg lewe, as baie inkomste hê deur onreg” – 16:8.
- “Wie ‘n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie ‘n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende” – 17:9.
- “Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer” – 18:12.
- “As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van ‘n arm mens, sal jý ook nie antwoord kry as jý roep nie” – 21:13.
- “‘n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly” – 27:5.
Indien jy nog nie geregistreer het nie, doen dit sommer nou: REGISTREER. Dan sal jy bydraes telkens ‘n dag vooruit ontvang per e-pos, voordat dit hier by die webtuiste gepubliseer word.

View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - July 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - July 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - July 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - July 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - July 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - July 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - August 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - August 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - August 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - August 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - August 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - August 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - August 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - August 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - August 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - August 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - August 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - August 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - August 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - August 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - August 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - August 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - August 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - August 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - August 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - August 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - August 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - August 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - August 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - September 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - September 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - September 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - September 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - September 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - September 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - October 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - June 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - April 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - December 13, 2022
Le-Deen
Ek het my lewe en hart 3maande gelede vir ons Vader gegee, my ginsteling vers in die Bybel is Spreuke 31 – Die Vrou in God se oe.
Ek bid elke dag dat God my ‘n Spreuke 31 vrou sal maak en iemand sal wees op wie my man en kinders eendag sal trots op wees.
Ek persoonlik dink elke vrou moet daardie deel in die Bybel lees en sy sal besef waaroor die lewe regtig gaan en hoekom ons eindelik hier op Aarde gesit is.
Die vrou in God se oe doen die mees amazing dinge. Mense dink dit is maklik, maar dit vat lank om te LUISTER SONDER OM TE OORDEEL, jy mag dalk nie hard op oordeel nie, maar God weet al jou gedagtes. AS JY SUKKEL DAARMEE, VRA GOD OM JOU TE VERGEWE EN NOG ‘N BETER SPREUKE 31 VROU TE MAAK JY VERDIEN OM DIE BESTE TE WEES IN SY OE.
Die man moet God in sy vrou sien, die vrou moet die man en haar gesin lei om God te aanbid, elke dag asof dit hulle laste is, dit is wat ons as vrouens so uniek maak!!
Laatweet my asb as jy hom gelees het en wat dink jy. 🙂
He ‘n super geseende dag.
Chris van Wyk
Hier is die skakel na my leeswerk oor Spreuke 31: http://www.bybelskool.com/spreuke/spreuke-311-31-wyse-woorde-van-en-oor-n-knap-vrou/