Die uitsprake van Agur
Agur word as die seun van Jake aan ons bekend gestel . Sy identiteit is vir ons onbekend. Omdat die oorspronklike Hebreeus hāmǎśśāʾ – wat in die NAV vertaal is met “belangrike uitspraak” – ook met “Massaïet” vertaal kan word, is dit moontlik dat hy ook van Massa in Arabië afkomstig is, soos trouens die geval met Lemuel is (31:1), wat vir hoofstuk 31 verantwoordelik was. Agur was dus moontlik ‘n buitelander.
Daar is ook baie verskil van mening oor die laaste deel van vers 1.
- Sommige kies om dit te vertaal as persoonsname: “Die man het vir Itiël gesê, vir Itiël en vir Ukal” (NAV). Die naam Itiël is bekend (Neh 11:7), maar nie die naam Ukal nie.
- Dit sou egter ook as volg vertaal kan word: “Die uitspraak van die man: Ek is nie God nie; Ek is nie God nie, dat ek die vermoë sou hê nie:” wat sin sou maak in die lig van die uitsprake wat volg (Murphy).
- Dit kan ook as volg vertaal word: “Ek is moeg, o God; ek is moeg, o God, en effentjies” (vgl die OAV) wat ook sin maak van die inhoud van die res van die hoofstuk.
Moeilike keuse!
Die gedeelte val duidelik in twee dele uiteen.
- 30:1-14 word as die woorde van Agur aan ons bekend gestel en bevat ‘n paar diepsinnige opmerkings oor God en die lewe, te same met die enigste gebed in Spreuke.
- 30:15-33 bevat veral 5 numeriese spreuke, waarin telkens van getalle gebruik gemaak word in die proses om ‘n punt te maak (bv “daar is twee, drie, nee vier …” – 30:15). Dit is ‘n tegniek wat al vroeër in Spreuke gebruik is (oor God se afkeur: 6:16-19), reeds ook eintlik in vers 7 (“twee dinge vra ek van U …”) en vers 11-14 (“’n soort mens” [=generasie] word 4 keer na mekaar gebruik) voorkom, en op ‘n hele paar ander plekke in die Bybel gebruik word (oor sonde: Amos 1:3–2:6; oor besittings: Prediker 11:2). Die presiese doel daarmee is onseker. Moontlik word dit gebruik vir beklemtoning of om dit in ’n soort raaiselagtige styl – raaisels was ’n gewilde tydverdryf in die Midde-Ooste – te skryf.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - Jul 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - Jul 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - Jul 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - Jul 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - Jul 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - Jul 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - Aug 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - Aug 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - Aug 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - Aug 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - Aug 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - Aug 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - Aug 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - Aug 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - Aug 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - Aug 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - Aug 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - Aug 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - Aug 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - Aug 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - Aug 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - Aug 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - Aug 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - Aug 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - Aug 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - Aug 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - Aug 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - Aug 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - Aug 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - Sep 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - Sep 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - Sep 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - Sep 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - Sep 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - Sep 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - Oct 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - Jun 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - Apr 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - Dec 13, 2022