Skip to main content

Bybelskool oor Spreuke

Derde kwartaal 2012

Ons lees DV die boek Spreuke by bybelskool.com in die derde kwartaal 2012.  Die eerste bydrae word beplan vir Woensdag 25 Julie en word dan elke weeksdag opgevolg met ‘n bydrae vir die volgende 6 weke.  Ons sal min of meer teen ‘n hoofstuk ‘n dag vorder.

Die leeswerk uit Spreuke fokus op die praktiese wysheid wat die Here ons wil leer.  My gebed is dat elkeen van ons ‘n paar lewenswaarhede sal leer wat ons lewens kan verryk en verander.  Dit is dinge soos:

  • “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” – 3:6.
  • “Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind” – 10:9.
  • “Die waarheid hou vir altyd, die leuen net ‘n oomblik” – 12:19.
  • “‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam” – 15:1
  • “Liewer min hê en reg lewe, as baie inkomste hê deur onreg” – 16:8.
  • “Wie ‘n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie ‘n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende” – 17:9.
  • “Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer” – 18:12.
  • “As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van ‘n arm mens, sal jý ook nie antwoord kry as jý roep nie” – 21:13.
  • “‘n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly” – 27:5.

Indien jy nog nie geregistreer het nie, doen dit sommer nou: REGISTREER.  Dan sal jy bydraes telkens ‘n dag vooruit ontvang per e-pos, voordat dit hier by die webtuiste gepubliseer word.


Salomo deur Rubens (1577-1640)
Salomo deur Rubens (1577-1640)

Spreuke – slagspreuke vir die lewe

Slagspreuke vir die lewe

spreuke-logo

Die boek Spreuke is saamgestel uit hoofsaaklik kort stellings of spreuke. Hierdie spreuke vang lewenswaarhede of –wyshede vas sodat jy daaruit die beginsels van die lewe kan leer ken, met groter onderskeiding jou eie en ander se gedrag kan beoordeel en met meer oorleg kan leef (1:2). Hierdie versameling God-gegewe oortuigings, oor die breë spektrum van die lewe, is daarom ‘n goudmyn van slagspreuke vir die lewe: “the scrapbook of common grace” (Martin).

Praktiese benadering tot die lewe

Spreuke leer jou die geheim ken van die lewe coram Deo (voor God), sodat jy met wysheid en oorleg kan leef (1:3) en die dwaasheid kan vermy (1:7).

Spreuke wil jou inspireer om die wysheid na te jaag, nie net in terme van wat in die boek self opgeteken is nie, maar ook om ons eie oortuigings in ons lewe saam met God en mekaar te vind en formuleer. Die boek werk nie soseer met groot of abstrakte teorieë of selfs godsdiens-kategese as sodanig nie, maar met ‘n doodgewone common sense praktiese benadering tot die lewe voor God en die wêreld, geïllustreer met vele stories, beelde, onthoubare slagspreuke en gesegdes. Maclaren beskryf die boek daarom as “portable medicine for the fevers of youth” en voeg by dat dié medisyne werk of jy die dokter ken of nie (Zondervan Bible Commentary, 654)!

Bou jou kapasiteit vir wysheid

Met die waarhede en wyshede van die boek Spreuke as gids kan ook jy ‘n ekspert in die lewe word! In die proses bou Spreuke jou kapasiteit vir wysheid, en vir wyse gedrag. Kom leer by die wyses uit die verlede sodat jy nie net self wys kan leef nie, maar ook ‘n wyse kan word.

Registreer by bybelskool.com (Widget aan die regterkant: Gebruikers/registreer) om die dagstukkies elke weeksdag te ontvang. Eerste dagstukkie 25 Julie.

Skryf in by die Somerstrand kerkkantoor (0415835115) om die byeenkomste Woensdagaande te kan bywoon (tot 12 Sept). Eerste byeenkoms Woensdag 25 Julie 18:30

Spreuke – Inleiding

Slagspreuke vir die lewe

Die boek Spreuke is saamgestel uit hoofsaaklik kort stellings of spreuke (mâshâl in Hebreeus – hfst 10-31) – sommige noem dit aforismes of two‑liners (teenstellings, ooreenstemmings en sinteses).  Daar is ook langer uitgebreide gesegdes en numeriese spreuke (veral in hfst 30-31), sowel as die inleiding wat ‘n hele paar langer wysheidsgedigte bevat wat in die raamwerk van ‘n uitgebreide gesprek tussen ‘n pa en sy seun opgeneem is (hfst 1-9).

Hierdie spreuke vang lewenswaarhede of –wyshede vas sodat jy daaruit die beginsels van die lewe kan leer ken, met groter onderskeiding jou eie en ander se gedrag kan beoordeel en met meer oorleg kan leef (1:2).  Hierdie versameling God-gegewe oortuigings, oor die breë spektrum van die lewe, is daarom ‘n goudmyn van slagspreuke vir die lewe: “the scrapbook of common grace” (Martin).[1]

Continue reading

Spreuke 1:1-33 – Begin met God

Die boek Spreuke word met Salomo geassossieer omdat hy bekend was as ‘n wyse man (1 Kon 3-5).  Twee bundels van sy spreuke is ook opgeneem in hierdie boek en beslaan 18 hoofstukke: 10:1-22:16 en 25:1-29:27.  Die res van die boek is egter deur ander wyses geskryf, oor ‘n hele paar eeue versamel en deur die eindredaktor in die boek opgeneem, waarskynlik na die ballingskap.

Die eerste hoofstuk beklemtoon dat wysheid in die eerste plek van God af kom (1:1-7) en in die tweede plek bevestig word deur die ervaring van mense wat die pad met die Here stap, soos ouers en ander gelowige rolmodelle.  Dit is na hulle wat ‘n mens moet luister om wysheid te bekom, die eerste van tien “lewenslesse” van die pa aan sy seun (1:8-19).  Wysheid – van God en van rolmodelle – is daarom vir die pa soos ‘n vrou wat roep en op wie jy jou ore fyn moet instel (1:20-33), ‘n metafoor wat ook in ander wysheidstradisies gebruik word.  Dink byvoorbeeld aan Atena en Minerva, die simbool van wysheid in onderskeidelik die latere Griekse en Romeinse tradisie.  Minerva is baie keer met ‘n uil uitgebeeld.  LEES MEER …

Continue reading

Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore

Die tweede hoofstuk van Spreuke beklemtoon dat wysheid met totale oorgawe gesoek moet word, as’t ware met gespitste ore  (2:1-4).  Dit is die tweede lewensles wat die pa aan sy seun gee.  Dit is dán wat ‘n mens die waarde van ontsag vir die Here sal begryp, want dit is IN die soektog wat HY wysheid gee (2:5-8)!
  • Die eerste gevolg van die soektog na wysheid is dat jy Hom só sal ken dat jy met vreugde en oordeel sal kan lewe (2:9-11).
  • Die tweede gevolg is dat dit jou sal beskerm van die dwaasheid van slegte mense (2:12-15).
  • Die derde gevolg is dat jy ook die versoeking van die slegte vrou sal kan afweer (2:16-19).  Die omgekeerde geld natuurlik ook, dat die versoeking van die slegte man afgeweer kan word, hoewel Spreuke dit hier eensydig sê.

Maar – en dit is baie belangrik om dit te begryp – dit is jou eie verantwoordelikheid om dié pad, die pad van die goeie mense, te kies (2:20-22).  Die Here gee die wysheid vir dié wat daarvoor soek, dié wat daarvoor vra en Hom daarvoor vertrou.

Continue reading

Onlangse kommentaar