Skip to main content

Tag: Jona

Jona 4:1-11 – Jona is ontevrede, maar die Here bevestig sy genade

prayer-shawlToe Jona die stad verlaat, gryp God in. Maar waar God vantevore met ’n groot storm en ’n sterk wind ingegryp het, doen Hy die hierdie keer met ’n klein struikie. Wat opvallend is, is nie net dat dit ’n wonderstruikie is wat oornag opskiet nie, maar dat dit so klein is.

Mense raai al eeu lank watter soort struik of bossie dit kon wees. Luther het gedink dat dit ’n soort pampoenrank was. Ander het gedink dat dit ivy kon wees of ’n wingerdrank of ’n kasterolie plant. Die Afrikaanse vertaling stel voor dat dit ’n komkommerplant was. Maar soos in die geval met die vis is dit nie so belangrik om te weet wat dit was nie. Die eintlike kontras is tussen die groot vis en die klein struikie of bossie.

In Hebreeus word die woord eintlik met twee verkleiningsvorme geskrywe: qîq-aj-ôn: d.w.s. struik-ie-tjie! Rondom dié piepklein struikietjie word die groot dinge van die verhaal nou opgestel: die groot woede van Jona, sy groot blydskap en die lot van die groot stad Nineve.

Fyn humor!

Continue reading

Jona 3:1-10 – God roep Jona weer na Nineve, maar God sien af van die ramp

prayer-shawlIn byna dieselfde taal as in hoofstuk 1 beskryf die skrywer hier in hoofstuk 3 die tweede of herhaling van die roeping van Jona. “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan met die boodskap wat Ek jou sal gee.”

Daar is twee verskille in die verwoording van die roeping wat betekenisvol is:

  1. In 1:1 het die Here vir Jona gesê: “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan …” Die frase “spreek hom aan” lui in Hebreeus: “roep TEEN hulle”. Maar in 3:1 sê die Here vir Jona in Hebreeus “roep TOT hulle”! In hoofstuk 1 word die woordjie ‘al gebruik, “teen”, en in hoofstuk 3 die woordjie ‘el, “tot”.
  2. In hoofstuk 1 word van die groot boosheid van die stad gepraat, maar in hoofstuk 3 kies die Here om niks daaroor te sê nie en spesifiseer net sy opdrag aan Jona: roep tot hulle “die woord/boodskap wat Ek jou sal gee.”

Dit is betekenisvol omdat die eerste opdrag eintlik ’n blanko tjek was. Jona kon eintlik sê wat op sy hart was. Gelukkig het hy gekies om dit nie te doen nie! Die tweede is egter ’n duideliker opdrag wat aan God se woorde gekoppel is.

Continue reading

Jona 1:17-2:10 – God stuur ‘n groot vis, maar die Here red Jona na gebed

prayer-shawlWeereens moet ons kyk na die uitmuntende literêre karakter van hierdie Psalm van Jona. Daarin lê alreeds die diep dinge van God in opgesluit. Hierdie gebed van Jona openbaar nie net wie God is nie, maar veral ook wie Jona is, in die aannames wat opgesluit lê in sy pleitrede tot God. En in die antwoord van die “groot vis” lê ook weer nie net ‘n ware kykie in wie God is nie, maar ook wat sy plan is met die wêreld. Dit kan jou lewe verander deur dié teologiese visie op God te omarm!

Continue reading

Jona 1:1-16 – God roep Jona na Nineve, maar Jona vlug weg

prayer-shawlDie verhaal van Jona impakteer ‘n mens op baie verskillende vlakke. Dit is ongelooflik goed geskryf en net deur na die taalgebruik te kyk, word ‘n mens al ingetrek in die diepgang van dié boek. Dit vorm die invalshoek om die dieper teologiese boodskap van die boek te begin hoor, die wyse waarop God geteken word in die konteks van sy intieme besigwees met mense. En daaruit kom daar sekere perspektiewe op God wat beloftes vir ons lewe raak. Uitmuntende boek!

Continue reading

Ekskursus oor elemente van die verhaal van Jona

Die historisiteit van die verhaal

prayer-shawlDie probleem met die historiese plasing van die boek, is die afwesigheid van enige eksterne getuienis wat die historisiteit van die gebeure bevestig, anders as met baie ander dele van die Bybel. Ek noem net ses punte wat hier ter sake is:

Continue reading

Onlangse kommentaar