Skip to main content

Eksodus 39 – Die tabernakel is gereed vir die teenwoordigheid van die Here

Die maak van die priesters se klere – Eks. 39:1-31              

Die instruksies vir die maak van die priesters se klere is in Eks. 28:1-43 gegee.  Jy kan in my bydrae oor Eksodus 28 meer daaroor lees.  Hulle klere het die boodskap van gesag en toewyding gedra. Daarom is dit uit dieselfde tipe kosbare materiaal gemaak wat voorgeskryf is vir die bou van die tabernakel.  Die priesters se hele lewe sou immers gestempel word deur die heiligheid wat aan God se woonplek op aarde verbind word.  Hulle gesag sou in God se roeping en in die toewyding aan sy instruksies vir die lewe lê.  Lees meer in Eksodus 28 oor die simboliek van die agt kledingstukke en toebehore waaruit dit bestaan het..  Om op te som: hulle het die Here self by die volk verteenwoordig.  “In sum, every article of the sacral vestments made the same point, each with its own specific accent: Yahweh is here, we are his, and we must both know this and show this.” (Durham, Exodus).

Die voltooiing van die tabernakel – Eks. 39:32-43

Uiteindelik was al die werk vir die tabernakel, die tent van ontmoeting, klaar. Die skrywer doen moeite om met die voltooiing van alles wat gemaak is, te beklemtoon dat alles gemaak is presies net soos die Here vir Moses beveel het.

Die vakmanne het waarskynlik op verskillende plekke in die kamp gewerk aan al die toebehore.  Met die voltooiing van die grootse projek het dit hulle dit vir Moses gebring vir inspeksie.  Dit het die volgende dinge ingesluit:

  • die tabernakel met al sy toebehore, die kramme, die rame, die dwarslatte, die style met hulle voetstukke;
  • die verskillende tentseile en bedekkings;
  • die voorhangsel, die ark met die getuienis, die draaghoute, die deksel;
  • die tafel vir die offerbrood met sy draaghoute en al sy toebehore, en die offerbrood;
  • die kandelaar (menora) met sy ry lampe en toebehore en olie vir die lampe;
  • die wierookaltaar (goue altaar), die salfolie, die geurige wierook en die afskorting vir die tentdeur;
  • die bronsaltaar met al sy toebehore, die bronstraliewerk waaraan die draaghoute vas was, die waskom met sy voetstuk;
  • die gordyne van die voorhof, hulle style met hulle voetstukke, die afskorting vir die deur van die voorhof met sy toue en penne (brons);
  • en al die ander toebehore vir die diens in die tabernakel;
  • die geborduurde klere om in die heiligdom mee te dien, die gewyde klere vir die priester Aäron en vir sy seuns om daarin as priesters diens te doen.

Moses was tevrede dat die vakmanne en almal wat meegewerk het met die weeg van die onderskeie tentdoeke, bedekkings en klere, alles gemaak het net soos die Here hom beveel het.  Hy het al die werk geïnspekteer en die vakmanne gelukgewens en bedank.

Die tabernakel was gereed vir die teenwoordigheid van die Here om sy intrek te neem.  Die afwagting was groot.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.