Skip to main content

Eksodus 39 – Die tabernakel is gereed vir die teenwoordigheid van die Here

Die maak van die priesters se klere – Eks. 39:1-31              

Die instruksies vir die maak van die priesters se klere is in Eks. 28:1-43 gegee.  Jy kan in my bydrae oor Eksodus 28 meer daaroor lees.  Hulle klere het die boodskap van gesag en toewyding gedra. Daarom is dit uit dieselfde tipe kosbare materiaal gemaak wat voorgeskryf is vir die bou van die tabernakel.  Die priesters se hele lewe sou immers gestempel word deur die heiligheid wat aan God se woonplek op aarde verbind word.  Hulle gesag sou in God se roeping en in die toewyding aan sy instruksies vir die lewe lê.  Lees meer in Eksodus 28 oor die simboliek van die agt kledingstukke en toebehore waaruit dit bestaan het..  Om op te som: hulle het die Here self by die volk verteenwoordig.  “In sum, every article of the sacral vestments made the same point, each with its own specific accent: Yahweh is here, we are his, and we must both know this and show this.” (Durham, Exodus).

Die voltooiing van die tabernakel – Eks. 39:32-43

Uiteindelik was al die werk vir die tabernakel, die tent van ontmoeting, klaar. Die skrywer doen moeite om met die voltooiing van alles wat gemaak is, te beklemtoon dat alles gemaak is presies net soos die Here vir Moses beveel het.

Die vakmanne het waarskynlik op verskillende plekke in die kamp gewerk aan al die toebehore.  Met die voltooiing van die grootse projek het dit hulle dit vir Moses gebring vir inspeksie.  Dit het die volgende dinge ingesluit:

  • die tabernakel met al sy toebehore, die kramme, die rame, die dwarslatte, die style met hulle voetstukke;
  • die verskillende tentseile en bedekkings;
  • die voorhangsel, die ark met die getuienis, die draaghoute, die deksel;
  • die tafel vir die offerbrood met sy draaghoute en al sy toebehore, en die offerbrood;
  • die kandelaar (menora) met sy ry lampe en toebehore en olie vir die lampe;
  • die wierookaltaar (goue altaar), die salfolie, die geurige wierook en die afskorting vir die tentdeur;
  • die bronsaltaar met al sy toebehore, die bronstraliewerk waaraan die draaghoute vas was, die waskom met sy voetstuk;
  • die gordyne van die voorhof, hulle style met hulle voetstukke, die afskorting vir die deur van die voorhof met sy toue en penne (brons);
  • en al die ander toebehore vir die diens in die tabernakel;
  • die geborduurde klere om in die heiligdom mee te dien, die gewyde klere vir die priester Aäron en vir sy seuns om daarin as priesters diens te doen.

Moses was tevrede dat die vakmanne en almal wat meegewerk het met die weeg van die onderskeie tentdoeke, bedekkings en klere, alles gemaak het net soos die Here hom beveel het.  Hy het al die werk geïnspekteer en die vakmanne gelukgewens en bedank.

Die tabernakel was gereed vir die teenwoordigheid van die Here om sy intrek te neem.  Die afwagting was groot.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.