Skip to main content

Eksodus 10:28-11:10 – Die tiende plaag bevestig Jahwe se Godheid en sy verkiesing van Israel

Moses is nog steeds in farao se teenwoordigheid nadat farao hom laat roep het ná die drie dae duisternis.  Farao se weersin in Moses het ‘n hoogtepunt bereik.  Hy wil hom nooit weer in sy lewe sien nie: “Sorg dat ek jou nooit weer sien nie.

Moses weet dat dit in wese presies is wat gaan gebeur, want die Here se belofte staan vas dat die Israeliete gaan trek.  Wat egter hierop volg, is merkwaardig.  Die Here praat met Moses in die teenwoordigheid van farao en gee hom die opdrag dat Hy nog een plaag teen farao en Egipte sal stuur, en dan sal hy hulle daarvandaan laat gaan.

Die Here sal die volk onvoorwaardelik laat trek. Trouens, farao sal hulle as’t ware wegjaag, so diep sal dié plaag hom tref.

Let ook op dat dié plaag nie deur die bemiddeling van Moses kom nie.  Die Here self sal onafhanklik die plaag in werking stel.  Moses word ook opdrag gegee dat die Israeliete “buit” van hulle Egiptiese bure eis as vergoeding vir die tyd van slawerny en uitbuiting.  En die Here het ook gesorg dat die Egiptenaars aan hierdie bevel van Hom gehoor gee.  Hulle het die Israeliete goed behandel, waarskynlik onder andere omdat Moses teen dié tyd groot aansien onder die Egiptenaars geniet het, selfs by farao se amptenare.

Die tiende plaag word daarmee aangekondig in die teenwoordigheid van farao, hoewel dit eers na die instelling en viering van die Paasfees in hoofstuk 12 in werking gestel is.  Die Here sou teen middernag deur Egipte gaan en elke eersgeborene in Egipte laat sterwe, van farao se kroonprins af tot by die slavinne se eersgeborenes, selfs tot by die diere s’n.  Die smart in Egipte sou angswekkend wees, maar by die Israeliete sou niemand iets oorkom nie, nie ’n mens of ’n dier nie.

Daar staan eintlik in die grondteks dat by die Israeliete nie eers ‘n hond “sy tong sal skerpmaak” vir mens of dier nie.  Dié idioom beteken dat dit so rustig daar sal wees dat nie eers een hond sal grom of blaf of sy tande wys vir mens of dier nie.  Dit sal rustig wees by die Israeliete sonder enige bedreiging hoegenaamd.

Die punt van dié tragedie is dat die Here daarmee onomwonde sy Godheid bekendmaak – Hy beskik oor lewe en dood – sowel as sy verkiesing van Israel – hulle is sy eersgeborene.  Dié boodskap sou die verlangde uitwerking hê sodat die volk kon trek na die beloofde land.

Israel sou natuurlik uiteindelik tog ‘n “prys” betaal vir dié verlossing, want hierna sou elke eersgeborene van Israel aan die Here behoort (Eks. 13:11-16), ‘n duidelike verwysing na die verlossing uit Egipte, sowel as ‘n voorafskaduwing van die feit dat God sy eie eersgeborene, Jesus Christus, nie gespaar het nie, maar as ‘n losprys vir die gelowiges gegee het (Mark. 10:45 – “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”).  Daarom sou Hy ook die eersgeborene wees van die hele skepping, soos Paulus daaroor skryf (Kol. 1:15).

Moses is toe woedend van die farao af weg.  Daar staan eintlik dat sy “neus gebrand het”, só kwaad was hy.  Dié frase word ‘n paar ander keer in die OT gebruik, bv. toe Jakob hom vererg vir Ragel toe sy hom verkwalik dat hy nie vir haar ‘n kind gee nie (Gen. 30:2), en toe Jonatan briesend van sy pa se tafel af opgestaan het toe hy die bose planne agterkom wat daar teen Dawid gesmee word (1 Sam. 20:34).  Dit word ook op onheilspellende wyse vir God gebruik waar sy toorn ontvlam teen die volk (Deut. 13:18).

Die gedeelte sluit af met die bevestiging van die Here dat farao nie na Moses-hulle luister nie, omdat die Here hom koppig gemaak het, sodat God sy wonders in Egipte kon laat meer word.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders