Eksodus 18 – Jetro mentor Moses en die Israelitiese leiers tot ‘n leierskapspan
Die Here het sy betroubaarheid tot dusver reeds onomwonde gewys deur drie sleutel optredes. Sy verlossing van die Israeliete uit Egipte, sy voorsiening in die woestyn, en sy verdelging van Amalek in die oorlog. ‘n God wat sulke dinge vir sy mense kan doen, kan staatmaak op hulle lojaliteit. In voorbereiding vir die gawe van die wet as verbondsluiting met die volk op Sinai in hoofstuk 20 en verder, word in hoofstuk 18 aan die leierskapstruktuur aandag gegee en in hoofstuk 19 aan die voorbereiding van die volk. Laasgenoemde is nodig om God se openbaring te kan ontvang en eersgenoemde sodat toerusting en begeleiding vir die volk in hulle gehoorsaamheid aan die wet gegee kan word.
Jetro speel in hoofstuk 18 ‘n belangrike rol. Hy bring nie net vir Sippora na Moses met hulle twee seuns terug nie, maar begelei al die Israelitiese leiers in ‘n offermaaltyd tot eer van die Here as Bevryder – Eks. 18:1-12. Daarna begelei hy ook vir Moses om ‘n groot deel van sy leierskapsfunksies aan sewentig leiers te delegeer, sodat hulle almal die verantwoordelikheid daarvoor kan deel – Eks. 18:13-23. Die hoofstuk sluit af met Moses se uitvoering daarvan – Eks. 18:24-27.
Jetro begelei die Israelitiese leiers in ‘n offermaaltyd tot eer van die Here – 18:1-12
Jetro kom vier die groot dade van God in Egipte met sy skoonseun, Moses. Hy bring ook vir Sippora en hulle twee seuns, Gersom (vernoem na Moses se vreemdelingskap) en Eliëser (vernoem na God as hulp), “want,” het Moses gesê, “die God van my voorvaders het my gehelp: Hy het my gered toe die farao my wou doodmaak.”
Sippora is waarskynlik op een of ander stadium na haar pa-hulle teruggestuur weens die teenstand wat Moses in Egipte ervaar het nie net van die farao, maar ook van sy eie mense in die tyd van die tien plae. Ons weet nie wanneer Eliëser gebore is nie. Hy was heel moontlik al gebore toe hulle saam Egipte toe is (Eks. 4:20 – die skrywer praat daar van “kinders”).
Jetro se reaksie op die wonderlike dinge wat Moses hom van God se wonderdade van bevryding vertel, is om die Here saam met al die Israelitiese leiers te loof in ‘n groot offermaaltyd waarin hy hulle begelei. Sy besef van die grootheid van God het eksponensieel gegroei: “Nou besef ek dat die Here groter is as enige ander god, want toe die Egiptenaars vermetel teen die volk van die Here opgetree het, het Hy hulle uit Egipte se mag bevry.”
Jetro begelei Moses om die leierskapsverantwoordelikhede te deel – 18:13-23
Jetro sien egter onmiddellik dat Moses hom gaan uitbrand met sy groot sin vir verantwoordelikheid om selfs aan die kleinste detail in die leiding rondom God se wil sowel as in die normale geskille wat daar tussen mense was, aandag te gee. As dit vir Moses op die lang duur net te uitputtend sou wees, hoeveel te meer sou dit nie vir diegene wat vir ‘n kansie deur die dag moet wag om by Moses uit te kom nie, die geval wees nie.
Jetro kom met ‘n wyse plan vorendag dat Moses sy primêre verantwoordelikheid moet nakom om die volk se verteenwoordiger by God te bly wees en alle sake wat met die volk as sodanig te make het, voor Hom te bring. Sy toerustingsfunksie om die volk die voorskrifte en wette op die hart te druk, en hulle die pad te leer wat hulle moet loop en wat hulle moet doen moet vir hom die hoofsaak wees.
Dit dui ook daarop dat daar ‘n reeks wette en riglyne in omloop was selfs voor die wet op Sinai gegee is aan Moses en die volk, waarskynlik deel van die mondelingse tradisie waarop die Israeliete hulle geloof gebou het. Dit sou waarskynlik ook die aartsvadertradisies insluit wat uiteindelik in die boek Genesis neergeskryf is.
Vir die ander leierskapsfunksies moet hy bekwame manne uitsoek en aanstel, mense wat dienaars van die Here was, mense wat die waarheid lief gehad het, en veral nie hulle eie voordeel sou soek nie en onpartydig kon optree in die sake wat die volk voor hulle bring.
Jetro stel eintlik ‘n netwerk van leiers voor wat groter en kleiner verantwoordelikhede in spanverband moet neem: as leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien. Hulle moet die minder belangrike regsake afhandel. Die belangriker regsake sowel as die belangrike godsdienstige- en geestelike sake kan dan nog steeds na Moses verwys word vir hantering. So sou die verantwoordelikheid gedeel word en almal tevrede wees.
Dit is duidelik dat die hele lewe van Israel van die begin af in God se wil vir hulle lewe gefundeer was. Net soos hulle godsdienstige en geestelike lewe in die wet van God gefundeer was, was hulle regstelsel en regeringstelsel daarop gefundeer. Trouens, dié manier waarop die lewe van Israel hier deur ‘n netwerk van leiers georganiseer is, sou ook in toekomstige oorloë met groot vrug gebruik kon word (Num. 31:14). Dit was selfs die geval in Samuel (1 Sam. 22:7), Dawid (2 Sam. 18:1) en Salomo (1 Kron. 2:1) se tyd. Selfs hulle militêre optredes sou deur hulle verhouding met God gestempel word.
Jetro maak dit duidelik afhanklik van die Here se bevel, maar soos ‘n mens uit die volgende perikoop agterkom, was dit ook vir die Here ‘n gegewe.
Moses luister na sy skoonpa se wyse leiding en voer dit uit – 19:24-27
Moses het dus na sy skoonpa geluister, die Here geraadpleeg, en bekwame mense aangestel, presies soos Jetro voorgestel het. Sy skoonpa is toe terug na sy eie gebied toe, hoewel dit nie ‘n finale afskeid was nie. Hulle sou weer verenig op die laaste been na Kanaän toe waartydens ‘n hele aantal van die Keniete saam is as deel van die stam van Juda.
View all posts in this series
- God sien en God verstaan – Bybelskool oor Eksodus begin 18 Januarie - January 14, 2017
- Inleiding – Eksodus: die hoop op verlossing - January 18, 2017
- Eksodus 1 – God vermeerder sy volk ten spyte van farao se brutale onderdrukking - January 19, 2017
- Eksodus 2 – God het hulle gekreun gehoor en verstaan - January 20, 2017
- Eksodus 3-4:17 – God stuur Moses om die Godsvolk uit Egipte te lei - January 24, 2017
- Eksodus 4:18-31 – Die oudstes reageer in geloof en aanbidding op Moses en Aäron se boodskap - January 25, 2017
- Eksodus 5 – God beveel farao: Laat my volk gaan! - January 26, 2017
- Eksodus 6:1-26: “Ek is die Here!” - January 27, 2017
- Eksodus 6:27-7:25 – Egipte sal besef Ek is die Here deur die plae wat Ek stuur - January 30, 2017
- Eksodus 8 – Die plae is Jahwe se verlossende oordeel as getuienis dat Hy God is - January 31, 2017
- Eksodus 9 – Farao het geen ontsag vir Jahwe nie al krepeer hulle van ellende - February 1, 2017
- Eksodus 10:1-27 – Die plae illustreer God se seën of straf vir dié wat Hom gehoorsaam of teenstaan - February 3, 2017
- Eksodus 10:28-11:10 – Die tiende plaag bevestig Jahwe se Godheid en sy verkiesing van Israel - February 6, 2017
- Eksodus 12:1-42 – Die Here beskerm die Israeliete teen die vernietiger deur die bloed van die Paaslam - February 9, 2017
- Eksodus 12:43-13:16 – Deur viering en toewyding word die herinnering aan bevryding lewend gehou - February 13, 2017
- Eksodus 13:17-14:31 – Die teenwoordigheid van die Here raak die Godsvolk se kompas deur die woestyn - February 14, 2017
- Eksodus 15 – Die Here is die Bewerker van wonderdade wat sy volk beskerm en sy vyande verpletter - February 15, 2017
- Eksodus 16 – God voorsien brood, vleis en die Sabbat as tekens van sy teenwoordigheid - February 16, 2017
- Eksodus 17 – Is die Here by ons of nie? - February 20, 2017
- Eksodus 18 – Jetro mentor Moses en die Israelitiese leiers tot ‘n leierskapspan - February 21, 2017
- Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het! - February 26, 2017
- Eksodus 19 – As julle My gehoorsaam, sal julle my eiendom wees, ’n koninkryk wat My as priesters dien - February 27, 2017
- Eksodus 20 – Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het - March 5, 2017
- Eksodus 21 – Sorg vir mense en hulle diere - March 9, 2017
- Eksodus 22 – Sorg vir mense en hulle besittings - March 10, 2017
- Eksodus 23 – Sorg vir geregtigheid en die geloofsgemeenskap met God se hulp - March 13, 2017
- Eksodus 24 – Ons sal alles doen wat die Here beveel het - March 14, 2017
- Eksodus 25 – Rig vir my ‘n heiligdom op dat Ek tussen julle kan woon - March 15, 2017
- Eksodus 26 – Jy moet die tabernakel oprig presies volgens die plan wat op die berg vir jou gewys is - March 16, 2017
- Eksodus 27 – Die lig van God se teenwoordigheid brand voortdurend in die “tent van ontmoeting” - March 17, 2017
- Eksodus 28 – Die priesters se klere dra die boodskap van gesag en toewyding - March 18, 2017
- Eksodus 29 – Afgesonder en bevestig as God se verteenwoordigers - March 20, 2017
- Eksodus 30 – Elke deel van die tabernakel en elke priester word geheilig aan die Here - March 21, 2017
- Eksodus 31 – Hulle moet alles maak net soos Ek jou beveel het - March 22, 2017
- Eksodus 32 – Die tragedie van die goue bulkalf en die toorn van Jahwe - March 23, 2017
- Eksodus 33 – Onthou tog hierdie nasie is u volk - March 24, 2017
- Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie - March 25, 2017
- Eksodus 35:1-36:1 – Elkeen wie se hart en gees hulle daartoe aangespoor het, het vrywillig offergawes gebring - March 26, 2017
- Eksodus 36:2-38 – Die volk bring meer as wat nodig is - March 27, 2017
- Eksodus 37 – Besaleël neem die voortou met die maak van die heilige toebehore van die tabernakel
- Eksodus 38 – Amper sewe ton goud, silwer en brons word gebruik - March 28, 2017
- Eksodus 39 – Die tabernakel is gereed vir die teenwoordigheid van die Here
- Eksodus 40 – Die teenwoordigheid van die Here vul die tabernakel - March 29, 2017
- Oor getalle in die woestyn verhale - September 8, 2017
- Die tweede gebod – ‘n paar ekstra gedagtes - June 12, 2018
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Veronica
Hi Chris
Ek het sedert 21 Feb nog nie weer ‘n post in my inbox gekry nie. Net gewonder of ek dalk perongeluk iets gedruk het wat my laat unsuscribe. Ek geniet die posts geweldig en wil graag nog ontvang
Veronica
Chris van Wyk
Hi Veronica – nee, jy het niks verkeerd gedoen nie. My program was net te vol. Ek sal DV Eksodus 19 vandag klaar maak en môre stuur. Die volgende twee weke het ek drie belangrike vergaderings wat ek moet bywoon, so die normale patroon sal eers hervat ná twee weke. Ek beplan om so drie hoofstukke per week wel te stuur. Jammer!