Skip to main content

Eksodus 27 – Die lig van God se teenwoordigheid brand voortdurend in die “tent van ontmoeting”

Die beskrywing van die brandofferaltaar volg hierna (uitvoering in Eks. 38:1-7), sowel as die instruksies vir die voorhof (uitvoering in Eks. 38:9-20) en die lampolie offer (uitvoering eers in Lev. 24:1-4).  Weereens word die draagbaarheid van die onderskeie elemente beklemtoon sowel as die presiese ooreenstemming met die voorbeeld wat God vir Moses op die berg wys.  Die dinamiek van God se teenwoordigheid wat te enige tyd met hulle weer “op pad” kan gaan, word daarmee beklemtoon.

Uiteraard was die brandofferaltaar bedoel vir die offers van die volk binne die voorhof waar hulle onder begeleiding van die priesters en Leviete toegelaat is.  Dit het die betekenis gedra dat die volk gedurig deur geheilig moes word om die pad met God te kan stap.  Sonder versoening deur die offers sou hulle sondeskuld ‘n net te groot verwydering tussen hulle en God gebring het.  Die voortdurende offers sou die lewe met God moontlik maak.

Met die koms van die Here Jesus Christus wat vir sy mense in die nuwe bedeling ‘n allesomvattende ewige versoening bewerk het, het die behoefte aan hierdie voortdurende offerkultus verdwyn en doen Hy self nou voortdurend voorbidding vir ons vanuit die hemelse tempel, soos die skrywer van Hebreërs so uitvoerig vir ons beskrywe (Hebr. 4:14 vv.).  Twee aanhalings sal jou oortuig van die waarde wat dit vir ons het:

  • Hy is bedienaar van die heiligdom, die ware verbondstent, wat deur die Here opgerig is en nie deur ’n mens nie.” (Hebr. 8:2).
  • Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom wat deur mense gemaak is en net ’n namaaksel van die ware is nie. Nee, Hy het in die hemel self ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn.” (Hebr. 9:24).

Die lampolie offer van besonder suiwer olyfolie was bedoel vir die lampe op die lampstander (menora) in die Heiligste deel van die Tabernakel sodat dit voortdurend deur die nag kon brand voor die voorhangsel, d.w.s. voor die Here.  Dié olie is met die hand in ‘n stamper in ‘n vysel uit die olywe gedruk en het bykans geen rook afgegee nie, anders as wat die geval was met die gewone proses van geperste olie.

Let op dat die tabernakel hier die “tent van ontmoeting” genoem word.  Dit is die plek waar die ontmoeting tussen God en sy mense gefasiliteer is en sake van geestelike belang vir die hele volk beslis is.  Dink maar aan die jong Samuel wat naby die ark geslaap het in die tempelstruktuur wat in Silo opgerig is daarvoor na die Intog en ‘n besondere ontmoeting met die Here gehad het, terwyl die lamp van God (waarskynlik die menora) nog helder gebrand het (1 Sam. 3).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.