Skip to main content

Eksodus 38 – Amper sewe ton goud, silwer en brons word gebruik

Die maak van die brandofferaltaar – Eks. 38:1-7 

Die instruksies vir die maak van die brandofferaltaar is in Eks. 27:1-8 gegee.  Uiteraard was die brandofferaltaar bedoel vir die offers van die volk binne die voorhof waar hulle onder begeleiding van die priesters en Leviete toegelaat is.  Dit het die betekenis gedra dat die volk gedurig deur geheilig moes word om die pad met God te kan stap.  Sonder versoening deur die offers sou hulle sondeskuld ‘n net te groot verwydering tussen hulle en God gebring het.  Die voortdurende offers sou die lewe met God moontlik maak.

Die maak van die bronswaskom – Eks. 38:8            

Die instruksies vir die maak van die bronswaskom is in Eks. 30:17-21 gegee.  Die bronswaskom was nodig vir die uiterlike reiniging van Aäron en sy seuns met hulle aanstelling sowel as daagliks in die uitvoering van hulle diens in die Tabernakel.  Reiniging was net so belangrik as die rituele wat in die kultus nagekom is.

Die bou van die voorhof – Eks. 38:9-20   

Die instruksies vir die maak van die voorhof is in Eks. 27:9-19 gegee.  Interessant genoeg werk Esegiël in sy visie op die nuwe tempel wat ná die ballingskap gebou moet word, nog met ‘n voorhof, trouens verskillende voorhowe, waarin die glans van die heerlikheid van die Here ook deur die volk beleef kon word (Eseg. 40-48).  ‘n Voorhof sal egter nie nodig wees in die nuwe Jerusalem nie.  Trouens, daar is nie eers ‘n tempel nodig nie: “’n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam.” (Openb. 21:22).

Die gebruikte metale – Eks. 38:21-31     

Voor die maak van die priesters se klere en die voltooiing van die projek aan die orde gestel word, gee die skrywer eers ‘n opsomming van al die metale wat in die bou van die tabernakel en sy toebehore gebruik is. Itamar, seun van Aäron, het daarvoor verantwoordelikheid geneem:

  • Goud – 29 kikar (991,8 kg) en 730 sikkel (8,3 kg) = ongeveer 1 000 kg.
  • Silwer – 100 kikar (3 420 kg) en 1 750 sikkel (20,2 kg) = ongeveer 3 440 kg. Dit is saamgestel uit die 6 g silwer wat elkeen vroeër gegee het as ‘n offergawe.
  • Brons – 70 kikar (2 400 kg) en 2 400 sikkel (27,4 kg) – ongeveer 2 427 kg.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda