Skip to main content

Eksodus 22 – Sorg vir mense en hulle besittings

Die sorg vir mense en hulle diere in hoofstuk 21 word in hoofstuk 22 uitgebrei na die sorg vir mense en hulle besittings wat onder andere met die agste gebod (diefstal) verband hou – Eks. 22:1-15.  Daarby word gevoeg ‘n aantal morele, burgerlik en godsdienstig-seremoniële wette wat met die tweede (afgodsbeelde), derde (Naam), sewende (egbreuk) en tiende gebod (begeerte) verband hou – Eks. 22:16-31.

Oor skade aan besittings – Eks. 22:1-15

Die beginsel wat agter die verskillende gevallestudies oor skade wat aan mense berokken word deur diefstal (agste gebod) – hetsy uit jou eie besit of waar iemand anders dit vir jou oppas – inbraak, misbruik van ‘n ander se weiveld, skade deur veldbrande, onwettige besitname van bv. gesteelde of verlore goedere, of skade wat deur uitleen aan iemand berokken word, is dat daar restitusie gedoen word. Dié riglyn lê waarskynlik agter Saggeus se optrede in die NT waar hy oorvloedig terugbetaal wat hy van mense op onwettige wyse verkry het (Luk. 19).

As daar egter ‘n dispuut ontstaan om watter rede ook al moet daar ‘n beslissing binne die geloofsgemeenskap gemaak word op grond van die getuienis wat die betrokkenes aan die lig bring.  Sommige vertaal die woord ʾělō·hîmʹ wat hier gebruik word met “owerhede” (OAV), maar dit is waarskynlik beter om dit in sy tradisionele betekenis van “God” (NAV) te gebruik.  Uitspraak moet dus by die heiligdom gemaak word in die teenwoordigheid van die Here waar die leiers van die geloofsgemeenskap, in dié geval dan Moses, die betrokkenes met onderskeiding kan begelei.

Oor morele, burgerlike en seremoniële wette rondom mense – Eks. 22:16-31

Voordat verder oor hierdie tipe geregtigheid gehandel gaan word, word ‘n aantal relatief losstaande wette gelys wat met die eerste (afgode), tweede (afgodsbeelde), derde (Naam), sewende (egbreuk) en tiende gebod (begeerte) verband hou.

Weereens moet ‘n mens in gedagte hou dat die leidende beginsel die diep deernis is met die situasies wat ontstaan as daar teen die wet opgetree word.  Die persoon wat benadeel word, word vergoed of vergeld, maar die persoon wat aandadig was, word ook met billikheid hanteer.

  • Die riglyn vir ‘n ongetroude maagd wat deur ‘n man verlei word om die sewende gebod (egbreuk) en die tiende gebod (begeerte) saam met hom te oortree, is dat hulle dinge moet regstel deur te trou en die verskuldigde bruidskat aan die pa te betaal. Dit is waarskynlik die riglyn wat agter Paulus se raad aan gelowiges in die NT lê dat as hulle begeertes te sterk word en hulle voel dat hulle behoort te trou, laat hulle doen wat hulle graag wil: “laat hulle gerus trou. Dit is nie verkeerd nie.” (1 Kor. 7:36).  Die pa het egter die reg om dié troue te weier as hy die man nie as geskikte trou-materiaal beskou nie.  Die bruidskat moet in ieder geval ook in dié geval betaal word.
  • Towenaresse moes uitgeroei word, soos dit regdeur die OT die opdrag was (vgl. Deut. 18:10 wat ook na towenaars verwys), weens die gevaar van die oortreding van die eerste drie gebooie (afgodery, afgodsbeelde, Naam). Hulle is saam met die dodebesweerders en waarsêers uitgeroei, hoewel dit nooit heeltemal suksesvol was nie, soos ons onder andere in Saul se verhaal later sou lees waar hy ‘n dodebesweerder en waarsegster raadpleeg (1 Sam. 28).  Isebel het haar ook daarmee opgehou (2 Kon. 9:22).  Manasse is ook sterk veroordeel omdat hy dié praktyke in sy koningskap bevorder het (2 Kron. 33:6), hoewel hy laat in sy lewe wel tot inkeer gekom het.
  • Bestialiteit is sterk veroordeel soos dit later in Levitikus ook gedoen sou word.
  • Afgodediens in watter vorm ook al is sterk afgekeur.
  • Vreemdelinge, weduwees en wese was van die begin af uitgesonder as mense wat met deernis bejeën en van direkte hulp voorsien moes word. Die Here het van sy volk verwag dat hulle hierdie mense wat baie maklik na die rand van die samelewing uitgeskuif is, sou intrek en versorg, soos Hy dit met hulle as vreemdelinge in Egipte gedoen het.  Dit sou ‘n sterk refrein in die profete word wat die volk oor hulle versuim hieroor regdeur hulle geskiedenis sou aanspreek.  Hierdie beginsel word in God se toorn oor sulke vergrype begrond.
  • Dieselfde geld arm mense wat met deernis hanteer word deur veral nie hulle moeilike situasie nog moeiliker te maak met renteheffings op lenings nie of deur die klere wat hulle verpand in hulle nood langer as ‘n paar uur van hulle af te weerhou nie. Die idee was dus waarskynlik dat jy eerder moet help as geld maak uit iemand se nood wat hom letterlik kaal kan uittrek.  Hierdie beginsel word in God se barmhartigheid begrond.
  • Dieselfde riglyn oor lasterlike optrede word ten opsigte van God sowel as sy leiers gehandhaaf. Die derde gebod (Naam) het dus nie net met God te make nie, maar met enige gesagsfiguur in die geloofsgemeenskap.
  • Die verbintenis van die volk aan God moet deur offers wat betyds gegee word, geïllustreer word, soos Hy inderdaad ook sy kant van die verbond nakom.
  • Die gebod wat reeds by die Paasfees rondom eerstelinge afgekondig is, word ook hier gehandhaaf, soos ek reeds vroeër oor geskryf het.

Die opsommende opmerking aan die einde van hierdie hoofstuk vat die leidende beginsel van al die wette saam: “Julle moet vir My heilige mense wees.” (OAV).  Die heiligheid lê nie in een of ander godsdienstige of sosiale beginsel nie, maar in die verhouding met die God wat heilig is.  Daarom kan Hy definieer wat heilig is en wat nie.  Daarin moet sy volk Hom navolg, nie hulle eie idees daaroor nie.  Dit sluit onder andere in dat hulle nie diere wat in die veld doodgaan, mag eet nie, want die Here het dit bedoel vir die honde.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda