Skip to main content

God sien en God verstaan – Bybelskool oor Eksodus begin 18 Januarie

https://brobaer.files.wordpress.com /2013/11/3d20brazen20altar.jpg

In my voorbereiding vir die Bybelskool oor Eksodus word ek baie spesifiek bewus van God se kragtige teenwoordigheid wat soms heel spesifiek in die ellende wat ons ervaar, aan die werk kom.

Hoe ongelooflik staan dit nie daar in Eksodus 2 nie:

God het hulle gekreun gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. God het die Israeliete raakgesien, ja, God het kennis geneem.” (Eks. 2:23-25 – BDV).

God het gehoor, God het gedink, God het raakgesien, en God het kennis geneem. Soos die NET Bible die laaste deel vertaal:

God saw the Israelites, and God understood …” Inderdaad!

Daarom sê die skrywer van Eksodus:

het God afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na ‘n goeie en uitgestrekte land, ‘n land wat oorloop van melk en heuning.” (Eks. 3:8).

Die boodskap daarvan vir vandag is dat as die moeilikhede van die lewe dreig om jou te oorweldig, as jy voel dat jou eie werk vir die Here Jesus Christus tevergeefs is, as jy bid en bid en nie antwoorde op jou gebede sien nie, het jy weer nodig om dié God raak te sien, dié God wat aan die beweeg kom wanneer daar moeilikhede is, wat nie net ons ellende raaksien nie, maar dit verstaan, en wat daarom kan en sal optree.

Mag die reis met Eksodus wat hierdie Woensdag 18 Januarie met my eerste bydrae begin – die eerste byeenkoms in die gemeente is die daaropvolgende Woensdag, 25 Januarie – jou  al hoe meer in die teenwoordigheid van hierdie begrypende God bring, wat nie net raaksien nie, maar ook bevry en verlos.

Inleiding – Eksodus: die hoop op verlossing

https://bethemeth.org/gallery/stained-glass-windows

Waar Genesis die verhaal van Israel in die oorsprong van alle dinge begrond het, begrond die verhaal van Eksodus die verhaal van Israel in die verlossing uit Egipte.  Eksodus sê daarmee dat die God van die heelal, die God van die nasies, die God van die aartsvaders is ook die God van Moses wat God se volk uit die slawerny van Egipte verlos en deur die woestyn bring na die land van die belofte.

Daarmee word die verhaal van die Godsvolk in Eksodus doelbewus vertel as ‘n aaneenlopende verhaal met die Godsvolk waarmee ons reeds in Genesis kennis gemaak het, al het vier eeue al verloop tussen Genesis 50 en Eksodus 1.  Die beloftes wat aan Abraham, Isak en Jakob in Genesis gemaak is, begin uiteindelik in Eksodus in vervuling gaan waar hulle nasate uit die smeltkroes van die slawerny in Egipte gered word om as Godsvolk die land wat God aan hulle belowe het in besit te neem.

Die rede vir die bevryding word gevind in die feit dat: “God het hulle gekreun gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.  God het die Israeliete raakgesien, ja, God het kennis geneem.” (Eks. 2:23-25 – BDV).  Soos die NET Bible die laaste deel vertaal: “God saw the Israelites, and God understood …”  Inderdaad!

Continue reading

Eksodus 1 – God vermeerder sy volk ten spyte van farao se brutale onderdrukking

Eksodus 1 vertel die begin van die Eksodus aan die hand van twee sleutelgebeure.  Die eerste is die feit dat God die Israeliete uitsonderlik vermeerder het in Egipte sodat hulle ‘n groot volk geword het, ‘n volk wat nou gereed was om die beloofde land nie net te betrek nie, maar te besit – 1:1-7.  Die tweede is die teenstand wat die farao teen God se werk bied deur die vermeerdering van die Israeliete deur slawerny, dwangarbeid en kindermoord te beperk – 1:8-22.

Nie net is dit van die begin af duidelik dat farao nie sal slaag met sy dwase planne nie, maar dat die Here die farao se gewelddadige verdrukking sal gebruik as katalisator om die proses van die Uittog aan die gang te sit.  Verstommend vernuftig!

Die Trek na Israel is op die kaarte reg van die begin van die verhaal van Eksodus af.  Hierna sou die pas versnel om die volk by Sinai te kry waar God sy woorde – die Tora – en sy teenwoordigheid – die Tabernakel – op deurslaggewende wyse aan die hele volk sou gee om hulle verder op hulle pad na Kanaän te begelei. Bevryding kan immers net werk as God se woorde en sy teenwoordigheid die vrygemaaktes se hele wese kan volmaak en hulle totale lewenswyse kan struktureer.

Continue reading

Eksodus 2 – God het hulle gekreun gehoor en verstaan

Moses word gebore, maar word groot in die paleis – 2:1-10

Hoofstuk twee bring ‘n baba op die toneel, die mooie Moses, wat die balans van die geveg tussen farao en God beslissend na God se kant toe skuif.  Soos God jare later dit met die geboorte van sy eie Seun sou doen, begin die verandering wat God bring nie deur mag en geweld nie, hoewel dit ook later ‘n rol gaan speel met die plae en ander Goddelike beskermingsmaatreëls.  God begin sy proses van verandering deur die onopspraakwekkende geboorte van ‘n kind vir die Leviet Amram en die Levitiese Jogebed, Amram se tannie (Eks. 6:19).

Hoe subtiel is God se reaksie nie op farao se brutaliteit nie?  Onder die neus van farao se volk word ‘n kind gebore wat die leier sal word van die onkeerbare trek uit Egipte na die land van belofte.  Ironies genoeg word hy deur farao se dogter nog nader getrek, ná sy ma eers toegelaat is om hom te speen, sodat hy saam met farao se kinders grootword in die paleis.

Continue reading

Eksodus 3-4:17 – God stuur Moses om die Godsvolk uit Egipte te lei

Die pas van verandering begin vir Moses ná veertig jaar in die woestyn versnel.  Die Here het nie net gesien en verstaan  nie.  Hy het afgekom om sy volk uit die mag van Egipte te bevry. Hy wil hulle laat trek: “na ‘n goeie en uitgestrekte land, ‘n land wat oorloop van melk en heuning.

In vier episodes word die Godsverskyning (epifanie) aan en roeping van Moses beskryf:

  1. God verskyn aan Moses en roep hom – 3:1-12
  2. God maak sy naam aan Moses bekend – 3:13-22
  3. God gee Moses tekens van gesag – 4:1-9
  4. God gee Moses ‘n spreekbuis Aäron – 4:10-17

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms