Skip to main content

Eksodus 24 – Ons sal alles doen wat die Here beveel het

Toe al die riglyne van die Here voltooi is – die Tien Gebooie en al die bepalinge van die verbondsboek – en Moses dit alles neergeskryf het, het Hy dit aan die volk gaan bekend maak.  Hulle het soos een man gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het.

Net voor Moses saam met die leiers die berg op is, het hy op grond van dié verbintenis ‘n altaar gebou waarop die offers aan die Here gebring is, en die hele verbondsboek aan hulle voorgelees het.  Weereens het die volk gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het en daaraan gehoorsaam wees.”  Daarmee is die verbond met die Here formeel gesluit en as teken daarvan het Moses die helfte van die bloed geneem en op die volk gesprinkel.  Die ander helfte was reeds op die altaar uitgegiet wat die bloedband wat tussen die volk en God tot stand gekom het, simboliseer.  Die verbondsboek sou die basis van dié verhouding wees.

Moses, Aäron, Nadab, Abihu en die sewentig leiers van Israel het toe die berg uitgeklim soos die Here hulle uitgenooi en beveel het.  Die volk moes agterbly.  Hierdie leiers het die ongelooflike voorreg beleef om op ‘n heel direkte wyse in God se teenwoordigheid te kom.  Die beskrywing van God se teenwoordigheid kom ooreen met die visioene van Esegiël en Johannes se Openbaring.  Onder sy voete was ’n plaveisel soos saffiersteen wat so blou was soos die hemel self.  Die leiers het dit as geen bedreiging beleef nie, maar het saam met die Here geëet en gedrink, ‘n simbool van die tipe gemeenskap wat God met sy mense wou geniet, soos dit was in die Paradys, en volledig moontlik sou word in die nuwe bedeling wat sy Seun sou inlei.

Moses en Josua moes toe verder die berg op om die wette en gebooie wat die Here op plat klippe neergeskryf het, in ontvangs te neem.  Die leiers moes egter agterbly onder begeleiding van Aäron en Hur, hoewel dit wil lyk asof hulle die fatale fout maak om nie vir Moses te wag nie, maar by die volk gaan aansluit wat tot die afgryslike gruwel van afgodediens gelei het, soos ons later in hoofstuk 32 sal lees.

Net Moses het ná sewe dae nog verder opgegaan waar Hy ‘n lang tyd gebly het – veertig dae en veertig nagte – om die inhoud van God se onderrig vir die volk in ontvangs te neem.  Dit sou onder andere die uitvoerige instruksies vir die bou van die tabernakel insluit soos ons in hoofstuk 25-31 gaan lees.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Welkom, stuur sommer vir my die aangepaste een ook, asb. Laai dit hier af:Eenjaar Bybellees program 2020
  • Elmarie Allies on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
  • Chris van Wyk on SpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
  • Retha Roux on SpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
  • Chris van Wyk on Psalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
  • Japie Martin on Psalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
  • Chris van Wyk on Genesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
  • Louis Scheun on Genesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏