Skip to main content

Eksodus 29 – Afgesonder en bevestig as God se verteenwoordigers

Die instruksies rondom die kleredrag word opgevolg deur ‘n gedetailleerde beskrywing van hoe Aäron en sy seuns op rituele wyse afgesonder, gereinig, beklee, gesalf, en bevestig moet word in die blywende priesterlike amp deur middel van ‘n reeks rituele en offers.  Die uitvoering van al hierdie instruksies word in Levitikus 8:1-36 vertel.  Aäron se ampsklere moes ook ná sy dood gebruik word vir die bevestiging van een van sy seuns as Hoëpriester.

Hiermee is die gesag van die Here aan die priesters oorgedra en het hulle op ‘n besondere wyse nie net die ervaring van God se teenwoordigheid geniet nie, maar Hom ook verteenwoordig by die Godsvolk.  Voorwaar ‘n besondere voorreg, maar ook ‘n uitdagende verantwoordelikheid.

Die offers moes kom uit hulle eie mak diere sowel as die produkte van hulle eie oeste.  Die offers het hulle dus iets gekos as teken van die prys van versoening. Soos Dawid op ‘n keer opmerk: “Ek bring nie aan die Here my God offerandes wat my niks kos nie.” (2 Sam. 24:24).  Interessant is dat selfs die altaar ingewy moes word deur versoeningsoffers voordat dit aanvaarbaar was vir die Here.

Die meeste van hierdie offers is heeltemal verbrand vir die Here – sondeoffers en brandoffers (vuuroffers) – as versoening met die hand van die persoon/priester op die dier wat geoffer word. Dit getuig van die plaasvervangende dood van die offerdier wat die persoon/gemeenskap in die regte verhouding met God bring.  Sommige dele van die offers was egter ook bedoel as ‘n maaltydoffer vir die priesters.

Die sondeoffer is buite die kamp verbrand wat die boodskap dra dat die sonde uit die gemeenskap verwyder word.  Die brandoffer is heeltemal verbrand wat die boodskap dra dat die persoon/gemeenskap volledig aan die Here toegewy moet lewe.  Dieselfde met die vuuroffers wat eintlik ‘n wisselterm vir brandoffers is.

Dat die punt van die lewer spesifiek genoem word as ‘n deel wat verbrand moet word, kan moontlik ‘n boodskap wees aan hulle heidense omgewing waarin die lewer vir voorspellings gebruik is (vgl. bv. Eseg. 21:21).

Dit is duidelik dat bloed ‘n belangrike rol gespeel het in die offers waarvan ‘n gedeelte op die priesters gesprinkel is as getuienis van toewyding sowel as versoening.  Dit herinner aan die bloed aan die deurkosyne by die Paasfees wat die volk beskerm het van die gevaar van God se toorn oor die sonde teen en afvalligheid van Hom.

Die salwing word in die Psalms ook as ‘n seën vir die hele Godsvolk geïnterpreteer: “Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop, die baard van Aäron, af tot by die soom van sy klere … Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën: ’n lang, lang lewe.” (Ps. 133:2-3 – vgl. my bydrae: Psalm 133 – Kyk hoe goed, hoe mooi is eensgesindheid onder gelowiges).

Hierdie bevestigingsritueel sou die offerkultus inlui waarin die twee daaglikse offers ‘n belangrike rol sou speel, soos die laaste perikoop aantoon.  Dié offers was ‘n getuienis van dankbaarheid vir God se sorg.  Die uitvoering van al bogenoemde word in Num. 28:1-8 vertel.

‘n Bietjie geskiedenis: Dit is hierdie gereëlde brandoffer wat deur Antiogus IV Epifanes in 167 v.C. verbied is, en wat gelei het tot die Makkabese opstand soos Daniël voorspel het (Dan. 8:11–12; 11:31; 12:11 – vgl. my bydraes daaroor: Daniël 8 – ’n Nader beskrywing van die koninkryk van die Mediërs-Perse en veral die Grieke; Daniël 11-12 – God hou wag oor sy kinders deur die verdrukking tot aan die einde toe).

Terug by die offers: In Levitikus word meer uitvoerig op dié offers uitgebrei.  Dit het basies vier funksies gehad: toewyding, versoening, gehoorsaamheid en dankbaarheid:

  • Brandoffers vir versoening (Lev. 1:3–17; 6:8–13)
  • Graanoffers vir dankbaarheid (Lev. 2:1–16; 6:14–23)
  • Drankoffers vir dankbaarheid (Num. 15:1–10 = wyn)
  • Maaltydoffer vir dankbaarheid (Lev. 3:1–17; 7:11–21)
  • Dankoffer vir dankbaarheid (Lev. 7:12–15; 22:29)
  • Gelofteoffer as gehoorsaamheid (Lev. 7:16–17; 22:17–20)
  • Vrywillige offer vir dankbaarheid (Lev. 7:16; 22:18–23)
  • Sondeoffer vir versoening (Lev. 4:1–35; 6:24–30)
  • Skuldoffer vir versoening (Lev. 5:14–6:7)
  • Bevestigingsoffer vir toewyding (Lev. 8:22–30; Exod 29:19–34)
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms