Eksodus 29 – Afgesonder en bevestig as God se verteenwoordigers

Die instruksies rondom die kleredrag word opgevolg deur ‘n gedetailleerde beskrywing van hoe Aäron en sy seuns op rituele wyse afgesonder, gereinig, beklee, gesalf, en bevestig moet word in die blywende priesterlike amp deur middel van ‘n reeks rituele en offers.  Die uitvoering van al hierdie instruksies word in Levitikus 8:1-36 vertel.  Aäron se ampsklere moes ook ná sy dood gebruik word vir die bevestiging van een van sy seuns as Hoëpriester.

Hiermee is die gesag van die Here aan die priesters oorgedra en het hulle op ‘n besondere wyse nie net die ervaring van God se teenwoordigheid geniet nie, maar Hom ook verteenwoordig by die Godsvolk.  Voorwaar ‘n besondere voorreg, maar ook ‘n uitdagende verantwoordelikheid.

Die offers moes kom uit hulle eie mak diere sowel as die produkte van hulle eie oeste.  Die offers het hulle dus iets gekos as teken van die prys van versoening. Soos Dawid op ‘n keer opmerk: “Ek bring nie aan die Here my God offerandes wat my niks kos nie.” (2 Sam. 24:24).  Interessant is dat selfs die altaar ingewy moes word deur versoeningsoffers voordat dit aanvaarbaar was vir die Here.

Die meeste van hierdie offers is heeltemal verbrand vir die Here – sondeoffers en brandoffers (vuuroffers) – as versoening met die hand van die persoon/priester op die dier wat geoffer word. Dit getuig van die plaasvervangende dood van die offerdier wat die persoon/gemeenskap in die regte verhouding met God bring.  Sommige dele van die offers was egter ook bedoel as ‘n maaltydoffer vir die priesters.

Die sondeoffer is buite die kamp verbrand wat die boodskap dra dat die sonde uit die gemeenskap verwyder word.  Die brandoffer is heeltemal verbrand wat die boodskap dra dat die persoon/gemeenskap volledig aan die Here toegewy moet lewe.  Dieselfde met die vuuroffers wat eintlik ‘n wisselterm vir brandoffers is.

Dat die punt van die lewer spesifiek genoem word as ‘n deel wat verbrand moet word, kan moontlik ‘n boodskap wees aan hulle heidense omgewing waarin die lewer vir voorspellings gebruik is (vgl. bv. Eseg. 21:21).

Dit is duidelik dat bloed ‘n belangrike rol gespeel het in die offers waarvan ‘n gedeelte op die priesters gesprinkel is as getuienis van toewyding sowel as versoening.  Dit herinner aan die bloed aan die deurkosyne by die Paasfees wat die volk beskerm het van die gevaar van God se toorn oor die sonde teen en afvalligheid van Hom.

Die salwing word in die Psalms ook as ‘n seën vir die hele Godsvolk geïnterpreteer: “Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop, die baard van Aäron, af tot by die soom van sy klere … Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën: ’n lang, lang lewe.” (Ps. 133:2-3 – vgl. my bydrae: Psalm 133 – Kyk hoe goed, hoe mooi is eensgesindheid onder gelowiges).

Hierdie bevestigingsritueel sou die offerkultus inlui waarin die twee daaglikse offers ‘n belangrike rol sou speel, soos die laaste perikoop aantoon.  Dié offers was ‘n getuienis van dankbaarheid vir God se sorg.  Die uitvoering van al bogenoemde word in Num. 28:1-8 vertel.

‘n Bietjie geskiedenis: Dit is hierdie gereëlde brandoffer wat deur Antiogus IV Epifanes in 167 v.C. verbied is, en wat gelei het tot die Makkabese opstand soos Daniël voorspel het (Dan. 8:11–12; 11:31; 12:11 – vgl. my bydraes daaroor: Daniël 8 – ’n Nader beskrywing van die koninkryk van die Mediërs-Perse en veral die Grieke; Daniël 11-12 – God hou wag oor sy kinders deur die verdrukking tot aan die einde toe).

Terug by die offers: In Levitikus word meer uitvoerig op dié offers uitgebrei.  Dit het basies vier funksies gehad: toewyding, versoening, gehoorsaamheid en dankbaarheid:

  • Brandoffers vir versoening (Lev. 1:3–17; 6:8–13)
  • Graanoffers vir dankbaarheid (Lev. 2:1–16; 6:14–23)
  • Drankoffers vir dankbaarheid (Num. 15:1–10 = wyn)
  • Maaltydoffer vir dankbaarheid (Lev. 3:1–17; 7:11–21)
  • Dankoffer vir dankbaarheid (Lev. 7:12–15; 22:29)
  • Gelofteoffer as gehoorsaamheid (Lev. 7:16–17; 22:17–20)
  • Vrywillige offer vir dankbaarheid (Lev. 7:16; 22:18–23)
  • Sondeoffer vir versoening (Lev. 4:1–35; 6:24–30)
  • Skuldoffer vir versoening (Lev. 5:14–6:7)
  • Bevestigingsoffer vir toewyding (Lev. 8:22–30; Exod 29:19–34)
View all posts in this series

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: