Skip to main content

Eksodus 36:2-38 – Die volk bring meer as wat nodig is

Die volk bring meer as wat nodig is – Eks. 36:2-7

Ná die ongelooflike tragedie van die goue kalf waarin die volk, mans en vroue, hulle goue oorringe aan ‘n afgodsbeeld afgestaan het, word die offergawes vir die bou van die tabernakel ‘n oorvloedige stroom wat gou meer was as wat nodig was.  Soveel so dat Moses heel gou die proses van die insameling van die offergawes moet stopsit.  Daar was meer as genoeg.  Daar was selfs oor.  En onthou dat dit vrywillig was, soos elkeen in sy hart en gees hulle voorgeneem het.  Wat ‘n omdraai in die lewe van die volk!  Van losbandige opstand téén God na ‘n oorvloed van offers áán God.

Laat ‘n mens dink aan die Here Jesus wat in Simon die Fariseër se huis die vrou se geskenk van die albaster fles met geurige olie loof waarmee sy sy voete gesalf het: “Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” (Luk. 7:47).  Dit is duidelik dat hulle waarskynlik ‘n ontmoeting vóór die episode in Simon se huis gehad het.  Lees meer in my onlangse preek daaroor: Die vrou wat Jesus se voete met geurige olie gesalf het.

Die bou van die tabernakel – Eks. 36:8-38

Hierop volg die uitvoering van die instruksies oor die tabernakel wat gegee is in Eks. 26:1-37.  Ek het reeds meer oor die betekenis van die onderskeie dele daarvan in daardie hoofstuk gesê.  Lees daar meer oor die tentdoeke en bedekkings se geestelike betekenis wat die volk aan sleutel elemente van hulle verhouding met die Here moes herinner.  Dit was ook van die begin af duidelik dat God se teenwoordigheid in die tabernakel ‘n betekenis sou hê vir die hele heelal.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar