Skip to main content

Eksodus 9 – Farao het geen ontsag vir Jahwe nie al krepeer hulle van ellende

Hoofstuk nege beskryf die vyfde, sesde en sewende plaag: pessiekte, swere en hael.  Waar die vorige plae – bloed, paddas, muggies, steekvlieë – vir mens en dier ongemaklik en irriterend was, verskerp die Here die uitwerking van die pessiekte van die vyfde plaag sodat die Egiptenare ook ekonomies daaronder ly met grootskaalse vrektes onder ‘n wye reeks mak diere, beide pakdiere – perde, donkies, kamele – en diere vir voedselvoorsiening – beeste en kleinvee.  Die gesondheid van die mense kom deur die sesde plaag van swere ernstig onder skoot sowel as die res van hulle ekonomie deurdat die oeste vernietig word deur die sewende plaag van hael.

Daarby is dit al hoe duideliker dat die Here ‘n onderskeid maak tussen die Egiptenare en die Israeliete.  God oordeel die verdrukkers, die Egiptenare, en verlos die onderdruktes, die Israeliete.  Sy verbond met die Godsvolk word in beskerming en bevryding bevestig.

Interessant genoeg gee die Here tog uitkoms van die hael aan dié Egiptenare wat die waarskuwing gehoorsaam om hulle diere en besittings binnenshuis te hou.  Dit getuig van sy genade wat selfs binne ‘n regverdige oordeel vir mense beskikbaar is!  As die farao maar net sy skuld met meer opregtheid sou bely (Eks. 9:27), kon die situasie soveel anders uitgedraai het.

Vyfde plaag: pessiekte

Let op hoe God Homself as die God van die Hebreërs identifiseer.  Soos Hy onderskeid sal maak in die uitwerking van die vyfde plaag van pessiekte onder die pakdiere en die diere vir voedselvoorsiening – die Egiptenare se diere vrek en die Israeliete s’n nie – só tref Hy onderskeid tussen die mense van Egipte en sy volk.

Weereens stel die Here ‘n bepaalde dag vas waarop die pessiekte sou uitbreek, sodat farao nie sou dink dat die pessiekte aan ander oorsake te wyte sou kon wees nie.  Nie dat die farao Hom geglo het nie, want hy het eers navraag gedoen of die Israeliete beskerm is. En wat was sy waarneming: “Jou werklik waar, nie ’n enkele stuk van die Israeliete se vee is dood nie!

Tog was die farao steeds onversetlik.  Hy kon nie sy hand laat los wat die volk vasgeklou het nie.

Sesde plaag: swere

Dit lei onvermydelik tot die sesde plaag van die swere.  Moses en Aäron het hande vol roet uit ’n oond opgeskep en voor die farao in die lug opgegooi. Dit het ’n fyn poeier geword wat op mens en dier in oop etterige sere oopgebars het.  Dit is die tipe swere waaraan Job (Job 2:7) en Hiskia (Jes. 38:21) ook gely het.   Dit het dit by Job gemanifesteer met rowe en barste wat aanhoudend geëtter het en waaraan wurms gesmul het (Job 7:5).  Sy vel het swart geword en hy het gegloei van koors (Job 30:30).  Hy het sleg geruik en sy vrou het gewalg aan sy asem (Job 19:17).

Ironies genoeg kon die towenaars Moses dit nie een probeer nadoen nie, want hulle was vol swere.  Kan jy nou meer!  Tog het die Here die farao nog steeds koppig laat bly. Farao het nie aan Moses en Aäron se versoek gehoor gegee nie, natuurlik soos die Here vooraf vir Moses gesê het.

Sewende plaag: hael

Dit het al hoe duideliker geword dat farao tot die dood toe nie sou verander nie, want dit is wat dit letterlik uiteindelik sou verg om hom te oortuig, die dood van sy eersgeborene.  Maar, daar was nog drie plae in die arsenaal wat God op hom sou loslaat.  Die sewende plaag was ‘n plaag wat ‘n ongekende haelstorm op Egipte losgelaat het wat mens en dier vernietig het wat nie onderdak was nie, en die landbou ekonomie ‘n deurslaggewende knou gegee het.

Weereens is daar ‘n meer persoonlike aanpak dat Moses vroegoggend met farao gaan praat en van die verdere verskerping van die plae inlig.  Die doel daarvan is dat farao sal besef: “dat daar op die hele aarde niemand soos Ek is nie.”

Let op hoe die Here sy selfbeheersing ten toon stel deur te verklaar dat Hy na regte nou al sy hand moes uitgesteek het en die farao en al sy mense met ’n pes van die aarde af uitgewis het.

Maar, die Here laat farao lewe, sodat die Here hom sy volle mag kan wys en sy Naam daardeur oor die hele wêreld geroem kan word.

Farao se arrogansie gaan hom niks in die sak bring nie.  Die Here bring ‘n verskriklike swaar haelstorm oor Egipte, iets so groot soos daar nog nooit by hulle was nie.  Gelukkig het sommige mense God se waarskuwing ter harte geneem en onderdak gaan skuil.  Ander het groot verliese gely.  Almal het egter hulle oeste verloor, want dié kon die haelstorm, donderslae en blitse nie ontkom nie.  Soos ons nou al verwag het, is die Israeliete die haelstorm gespaar.

Die hoop dat farao se erkenning van skuld eg sou kon wees, word egter met Moses se intrede vir hom en Egipte vernietig, omdat hy steeds koppig gebly het, en nie gegroei het in sy ontsag vir die Here nie.

Die land en sy mense het gevolglik begin swig onder die gewig van die vernietiging van hulle ekonomie en gesondheid.

Die geestelike impak op die mense was waarskynlik eintlik nog meer diepgaande, omdat die dodelike vyfde plaag teen die vee reeds hulle geloof in Hathor, die godin van die hemelruim, wat met ‘n koei voorgestel is in gedrang sou bring, sowel as hulle geloof in Apis, die simbool van vrugbaarheid wat as ‘n bul voorgestel is.

Op soortgelyke wyse sou hierdie sewende (en die volgende en agtste) plaag van hael (en later sprinkane), die geloof in Seth in die gedrang bring, die god wat van homself in die wind en met storms laat hoor het. Hy blyk nou oneffektief te wees met Jahwe wat die natuur as ‘n plaag inspan sonder dat Seth kan keer.

Ook die geloof in Isis, die godin van die lewe en Min wat met vrugbaarheid geassosieer was en daarom ‘n beskermer van die plantegroei en hulle oes opgetree het, is as nutteloos en dwaas uitgewys.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.