Skip to main content

Eksodus 37 – Besaleël neem die voortou met die maak van die heilige toebehore van die tabernakel

Dit is duidelik dat Besaleël die voortou geneem het met die meeste van die items wat in die volgende drie hoofstukke beskryf word.  Oholiab word net in hoofstuk 38 genoem, saam met ‘n opmerking oor die ander vakmanne.

Soos ek reeds gesê het, die oorhoofse doel van die Tabernakel is om ‘n heiligdom vir die Here op te rig dat Hy daar tussen sy mense kan woon.  Die Trek met sy Tora vind sy diepste betekenis in die teenwoordigheid van die Here in die Tabernakel.

Hoewel God dus verborge sou wees agter die tentdoek, sodat sy heiligheid nie soos ‘n vuur die onheiligheid van sy volk sal verteer nie, kon Hy met die nodige reinigingsrituele en offers te enige tyd geraadpleeg word.

Ek herinner julle ook weereens aan die nuwe waardering wat dit vir ons gee van die wonderlike werklikheid wat ons in die NT in Jesus Christus te beurt geval het.  Nie net het Jesus gesê: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.” (Joh. 14:23).  Met die koms van die Heilige Gees het ons liggame letterlik ‘n tempel geword waar die Heilige Gees sy intrek geneem het: “Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.” (1 Kor. 6:19-20).

Netsoos die Israeliete het ons dus die woorde van God wat ons ter harte moet neem.  En die opdrag om heilig te lewe sodat ons die wonder van God se teenwoordigheid na waarde kan geniet en Hom met ons hele wese kan verheerlik.

Die maak van die ark van die verbond – Eks. 37:1-9

Die instruksies vir die maak van die ark van die verbond is gegee in Eks. 25:10-22. Binne die verbondsark moes die “getuienis van die verbond” – die kliptafels met die wet wat nou vir ‘n tweede keer deur God geskryf is – kom wat die duidelike boodskap gee dat alle raad wat God aan die volk sou gee, begrond sou word op die Tien Gebooie.  Die twee gerubs was ‘n simbool van God se heerlike teenwoordigheid en heerskappy.

Die maak van die tafel vir die offerbrood – Eks. 37:10-16                 

Die instruksies vir die maak van die tafel vir die offerbrood is in Eks. 25:23-30 gegee.  Die feit dat dit só altyd in God se teenwoordigheid sou wees, sou beteken dat al die offers sy aandag sou geniet en die verhouding met sy mense sou versterk.

Die maak van die kandelaar – Eks. 37:17-24          

Die instruksies vir die maak van die kandelaar is in Eks. 25:31-40 gegee.  Dit het die betekenis aan die volk oorgedra dat die Here nie slaap of sluimer nie, maar altyd as hulle Beskermer sou optree.

Die maak van die wierookaltaar – Eks. 37:25-28 

Die instruksies vir die maak van die wierookaltaar is in Eks. 30:1-10 gegee.  Dit was ‘n besondere gewyde item in die Heiligste deel van die Tabernakel.  Die wierookaltaar was ‘n voorafskaduwing van die gebede van die heiliges in die NT wat met lof, geregtigheid en oordeel te make het, soos dit deur die voorbidding van die Heilige Gees (Rom. 8:26-28) en die Here Jesus Christus self versterk en uitgevoer word (Hebr. 9:24).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eksodus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.