Oor getalle in die woestyn verhale
Die getalle in die woestyn verhale bly ‘n raaisel. Bybelskool lesers sal onthou dat ek in my bydraes oor Eksodus 12 die volgende geskryf het om die groot getalle weerbare mans te verklaar:
Die Hebreeuse woord ʾě·lěp̄ kan in die betekenis van “duisend” vertaal word, soos dit meesal in vers 37 vertaal word. Die woord kan egter ook in die betekenis van “afdelings” van óf ‘n stam (1 Sam. 10:19) óf ‘n gebied (1 Sam. 23:23) gebruik word. Indien ‘n mens die betekenis van “afdelings” hier sou kies, beteken dit dat die getal Israeliete wat die Trek meemaak dramaties verminder word.
Die dilemma is egter dat as jy hier in Eksodus 12 vir só ‘n betekenis kies, dan kom jy in ‘n probleem net ‘n entjie verder aan in Eksodus 38, soos Walter C Kaiser Jr in sy The Promise-Plan of God aantoon.
Dáár word geskryf oor die hoeveelheid halfsikkels silwer (‘n beka) wat vir elkeen van die 603 500 weerbare manne vir die tabernakel gegee moes word. ‘n Gebruik wat tot in Jesus se tyd gehandhaaf is deurdat mans ‘n halwesikkel op ‘n jaarlikse basis aan die tempel gegee het.
En die getalle in Eksodus 38 maak net sin, as jy aanvaar dat daar inderdaad 603 500 weerbare manne was soos Eksodus 12 dit het.
- Eksodus 38:25-26 gee die hoeveelheid halfsikkels silwer wat elkeen van die weerbare manne vir die tabernakel gegee het as 100 talente en 1 775 sikkels silwer. ‘n Talent was 3 000 sikkels silwer.
- Werk nou terug van ‘n sikkel af na hierdie totaal. Daar was 3 000 sikkels in ‘n talent. Maal nou 3 000 sikkels met 100 talente en jy kry 300 000 sikkels. Tel die 1 775 sikkels by en die totale aantal sikkels was 301 775.
- Wanneer jy nou hierdie getal vermenigvuldig met twee om die halfsikkel (beka) prys vir elke weerbare man te bereken, kry jy 603 550 weerbare manne!
As jy dus die interne konsekwentheid van Eksodus 38 met die res van Eksodus wil handhaaf, kan jy eintlik nie anders as om ʾě·lěp̄ in Eksodus 12 in die betekenis van “duisend” te vertaal nie, want anders maak die sikkels silwer van Eksodus 38 nie meer sin nie.
Wat ‘n mens net voor die besef te staan bring, sê eerder jy verstaan nie iets in die Bybel nie, as wat jy begin om die Bybel te verander na jou smaak, want so gou soos jy kan sê “beka“, is jy dieper in ‘n ander probleem in!
View all posts in this series
- God sien en God verstaan – Bybelskool oor Eksodus begin 18 Januarie
- Inleiding – Eksodus: die hoop op verlossing
- Eksodus 1 – God vermeerder sy volk ten spyte van farao se brutale onderdrukking
- Eksodus 2 – God het hulle gekreun gehoor en verstaan
- Eksodus 3-4:17 – God stuur Moses om die Godsvolk uit Egipte te lei
- Eksodus 4:18-31 – Die oudstes reageer in geloof en aanbidding op Moses en Aäron se boodskap
- Eksodus 5 – God beveel farao: Laat my volk gaan!
- Eksodus 6:1-26: “Ek is die Here!”
- Eksodus 6:27-7:25 – Egipte sal besef Ek is die Here deur die plae wat Ek stuur
- Eksodus 8 – Die plae is Jahwe se verlossende oordeel as getuienis dat Hy God is
- Eksodus 9 – Farao het geen ontsag vir Jahwe nie al krepeer hulle van ellende
- Eksodus 10:1-27 – Die plae illustreer God se seën of straf vir dié wat Hom gehoorsaam of teenstaan
- Eksodus 10:28-11:10 – Die tiende plaag bevestig Jahwe se Godheid en sy verkiesing van Israel
- Eksodus 12:1-42 – Die Here beskerm die Israeliete teen die vernietiger deur die bloed van die Paaslam
- Eksodus 12:43-13:16 – Deur viering en toewyding word die herinnering aan bevryding lewend gehou
- Eksodus 13:17-14:31 – Die teenwoordigheid van die Here raak die Godsvolk se kompas deur die woestyn
- Eksodus 15 – Die Here is die Bewerker van wonderdade wat sy volk beskerm en sy vyande verpletter
- Eksodus 16 – God voorsien brood, vleis en die Sabbat as tekens van sy teenwoordigheid
- Eksodus 17 – Is die Here by ons of nie?
- Eksodus 18 – Jetro mentor Moses en die Israelitiese leiers tot ‘n leierskapspan
- Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het!
- Eksodus 19 – As julle My gehoorsaam, sal julle my eiendom wees, ’n koninkryk wat My as priesters dien
- Eksodus 20 – Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het
- Eksodus 21 – Sorg vir mense en hulle diere
- Eksodus 22 – Sorg vir mense en hulle besittings
- Eksodus 23 – Sorg vir geregtigheid en die geloofsgemeenskap met God se hulp
- Eksodus 24 – Ons sal alles doen wat die Here beveel het
- Eksodus 25 – Rig vir my ‘n heiligdom op dat Ek tussen julle kan woon
- Eksodus 26 – Jy moet die tabernakel oprig presies volgens die plan wat op die berg vir jou gewys is
- Eksodus 27 – Die lig van God se teenwoordigheid brand voortdurend in die “tent van ontmoeting”
- Eksodus 28 – Die priesters se klere dra die boodskap van gesag en toewyding
- Eksodus 29 – Afgesonder en bevestig as God se verteenwoordigers
- Eksodus 30 – Elke deel van die tabernakel en elke priester word geheilig aan die Here
- Eksodus 31 – Hulle moet alles maak net soos Ek jou beveel het
- Eksodus 32 – Die tragedie van die goue bulkalf en die toorn van Jahwe
- Eksodus 33 – Onthou tog hierdie nasie is u volk
- Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie
- Eksodus 35:1-36:1 – Elkeen wie se hart en gees hulle daartoe aangespoor het, het vrywillig offergawes gebring
- Eksodus 36:2-38 – Die volk bring meer as wat nodig is
- Eksodus 37 – Besaleël neem die voortou met die maak van die heilige toebehore van die tabernakel
- Eksodus 38 – Amper sewe ton goud, silwer en brons word gebruik
- Eksodus 39 – Die tabernakel is gereed vir die teenwoordigheid van die Here
- Eksodus 40 – Die teenwoordigheid van die Here vul die tabernakel
- Oor getalle in die woestyn verhale
- Die tweede gebod – ‘n paar ekstra gedagtes
Tags: Eksodus
Trackback from your site.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik