1 Korintiërs 3-4 – Soos ’n goeie boer, bouer en bestuurder
Begeleiding deur die Gees van God is nie net ’n teken van geestelike volwassenheid nie, maar die essensie van ’n vervulde persoonlike en gemeentelike lewe. Sonder die Gees is daar afguns en twis en verydeling – omdat eie begeertes die botoon vier. Met die Gees is daar insig en groei en eenheid – omdat die Gees se begeertes die botoon vier.
Interessant dat Paulus hom in sy kommunikasie laat lei deur die vlak van hulle geestelike volwassenheid, dié mate waarin hulle bereid is om hulle deur die Gees te laat lei. Omdat hulle soos wêreldse mense optree, soos kindertjies in die geloof, moes hy eenvoudig met hulle praat, omdat hulle dieper dinge nie sou kon verteer nie.
Let op hoe hy terugkeer na die kwessie van verdeeldheid rondom leiers, nou meer spesifiek oor die stryd in die gemeente om óf Paulus óf Apollos óf Sefas (Petrus) aan te hang. En hy praat daaroor uit drie perspektiewe: 3:4-9 – dat die leiers medewerkers is in diens van God wat die werk doen wat Hy gegee het; 3:10-23 – dat die gemeente die gebou van God is waarin die Gees van God woon, en dat dit daarom dwaas is om op mense/leiers te roem of hulle te verheerlik; 4:1-21 – dat die apostels dienaars is van Christus (nie van die gemeente nie), wat deur Hom beoordeel word, en hulle binne die perke moet hou wat Hy bepaal.
Hy gebruik drie basiese metafore in sy gesprek oor eenheid, in die eerste perspektief van boere in ’n saailand, in die tweede van bouers in die gebou of tempel van God, en in die derde van bestuurders in die koninkryk (Bybel in Praktyk praat van die “hemelse ekonomie”!) van God – lekker metafore vir leiers: boere, bouers en bestuurders! En let op dat Hy dit regdeur trinitaries uitspel – dit gaan oor God (die Vader), die Heilige Gees en Christus wat laat groei, beloon, beskerm, en lof uitdeel.
Wat my tref is die baie belangrike boodskap van Paulus dat die Gees nie net vir my as gelowige gegee is nie, maar vir die gemeente – dat die gemeente ’n tempel van God is waarin Hy woon. Dit is waarom eenheid so belangrik is, en verdeeldheid so gevaarlik, want dit skaad die werklikheid van die Gees se teenwoordigheid in die gemeente.
Daarom moet ek as leier mooi kyk hoe ek werk – Paulus sê letterlik dat ’n mens soos ’n “wyse” (dit is wat die woord goeie in die oorspronklike Grieks beteken) bouer te werk moet gaan, by wyse van spreke, volgens die bouplanne wat God gee. Let op dat die gehalte van die werk in twee groepe verduidelik word: duursame (goud, silwer, edelstene) en verganklike (hout, gras, strooi) materiale.
En die gemeente moenie op sy leiers roem nie, en veral nie die een bo die ander uitsonder om aan te hang nie, al verskil hulle werk en selfs die kwaliteit van hulle werk, maar almal sien as dienaars van Christus en bestuurders van die geheimenisse van God.
Paulus is ook duidelik – al is dit ’n bietjie sarkasties! – oor die uitdagings en beproewings van die bediening. Daar is geen glamour nie – net swakheid, veragting, honger, dors, armoede, mishandeling, harde werk, uitskellery, vervolging. Kortom, die apostels is die uitvaagsels van die wêreld, die skuim van die samelewing! Dit gaan dus werklik in die bediening oor die kruis van Christus (2:2) en die deelhê aan sy lyding ter wille van die evangelie.
Maar dan, op vernuftige wyse, gebruik hy dié tekening van die apostelbediening om sy verbintenis aan hulle as geestelike vader te bevestig om hulle aan te spoor om sy voorbeeld te volg, en te volhard in die geloof. En in ’n skerp toon vat hy die mense in gemeente aan wat hulleself begin aanmatig met die waarskuwing dat hy op pad is!
View all posts in this series
- Leesplan - July 21, 2010
- Week 1: Inleiding
- Paulus
- Die ontstaan van die Nuwe Testament - July 22, 2010
- Die konteks waarbinne Paulus optree - July 23, 2010
- Handelinge in die Bybelse storie - July 26, 2010
- Die briewe aan die Tessalonisense - July 27, 2010
- Kies ‘n manier van Bybellees - July 28, 2010
- Week 2: Leesplan 1 Tessalonisense
- 1 Tessalonisense 1 – Geloof, liefde en hoop energeer - July 29, 2010
- 1 Tessalonisense 2:1-16 – Paulus koester en begelei - July 30, 2010
- 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo - August 2, 2010
- Waar is die Bybelse plekke vandag?
- 1 Tessalonisense 4 – Nog meer aan die Here toegewy - August 3, 2010
- 1 Tessalonisense 5 – Onverwags maar nie onverwag nie - August 4, 2010
- Week 3: 2 Tessalonisense
- 2 Tessalonisense 1 – God is regverdig en betroubaar - August 5, 2010
- 2 Tessalonisense 2:1-12 – Wetteloosheid se mag sal gebreek word - August 6, 2010
- 2 Tessalonisense 2:13-17 – God sterk ons in die goeie - August 9, 2010
- 2 Tessalonisense 3:1-5- Gebed laat die Woord versprei - August 10, 2010
- 2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood - August 11, 2010
- Die briewe aan die Korintiërs
- 1 Korintiërs – inleiding
- Week 4: 1 Korintiërs 1-6
- 1 Korintiërs 1 – Partyskappe skend die Eenheid in Christus - August 12, 2010
- 1 Korintiërs 2 – God oortuig deur getuienisse - August 13, 2010
- 1 Korintiërs 3-4 – Soos ’n goeie boer, bouer en bestuurder - August 16, 2010
- 1 Korintiërs 5 – Sonde suurdeeg deur in ’n gemeenskap - August 17, 2010
- 1 Korintiërs 6 – Vermy onreg en onsedelikheid - August 18, 2010
- Week 5: 1 Korintiërs 7-10
- 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie - August 19, 2010
- 1 Korintiërs 7:25-40 – Die koninkryk verdien onverdeelde aandag - August 20, 2010
- 1 Korintiërs 8 – Jou vryheid mag nie ander laat sondig nie - August 23, 2010
- 1 Korintiërs 9 – Om met passie jou roeping na te jaag - August 24, 2010
- 1 Korintiërs 10 – Gemeenskap met God moet ten alle koste beskerm word - August 25, 2010
- Oor besluitneming
- Week 6: 1 Korintiërs 11-16
- 1 Korintiërs 11 – Oor mans en vroue in die erediens - August 26, 2010
- Ekskursus oor vroue in die NT
- 1 Korintiërs 12 – Verskeidenheid dien die eenheid - August 27, 2010
- 1 Korintiërs 13 – Die liefde is onmisbaar in alles - August 30, 2010
- 1 Korintiërs 14 – ’n Wye reeks gawes bou gelowiges op in die erediens - August 31, 2010
- 1 Korintiërs 15-16 – Ons groot hoop: die opstanding met ’n onverganklike liggaam - September 1, 2010
- Die brief van 2 Korintiërs
- Week 7: 2 Korintiërs 1-7
- 2 Korintiërs 1:1-2:11 – God gee moed in elke omstandigheid - September 2, 2010
- 2 Korintiërs 2:12-3:18 – Ons raak God se woorde aan die wêreld - September 3, 2010
- 2 Korintiërs 4:1-5:10 – Om te lewe soos Hy dit wil - September 6, 2010
- 2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening - September 7, 2010
- 2 Korintiërs 6:14-7:16 – Toegewy aan God alleen - September 8, 2010
- Week 8: 2 Korintiërs 8-13
- 2 Korintiërs 8-9 – Vrygewigheid is regverdig - September 9, 2010
- 2 Korintiërs 10 – Om te bou en nie af te breek nie - September 10, 2010
- 2 Korintiërs 11 – Goddelike bekommernisse en besorgdheid - September 13, 2010
- 2 Korintiërs 12 – As ek swak is, is ek sterk - September 14, 2010
- 2 Korintiërs 13 – Groei in geestelike volwassenheid - September 15, 2010
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Dit is Hy wat julle enduit sal laat vas staan - December 3, 2017