1 Korintiërs 12 – Verskeidenheid dien die eenheid

Hoofstuk 12-14 handel oor die wyse waarop die gawes van die Gees in die gemeente gefunksioneer het. Die gemeente se siening van die gawe van tale as die taal van die engele (13:1) en iets wat in ’n toestand van ekstase manifesteer (12:2) het gedreig om so oorbeklemtoon te word, dat die ander gawes oorheers is, en hulle eredienste onverstaanbaar begin word het.
Daarom fokus Paulus in hoofstuk 12 eerstens op die basiese belydenis van elke kind van God, dat Jesus die Here is (12:1-3).
Tweedens gebruik hy die tekening van God as Drie-enig (let op die drie woorde vir God in vers 4-6: Gees, Here, God wat met drie beskrywings van die gawes gekoppel word: genadegawes, bedieninge, kragtige werkinge) om aan die een kant die verskeidenheid van gawes wat van die persoon-ryke God kom, aan te moedig, maar aan die ander kant ook die gawes se inherente eenheid te beklemtoon omdat dié God een wese is. Die onderskeie gawes van wysheid, kennis, geloof, gesondmaking, wonders, profesie, onderskeiding en tale kom van een Gees, en is daarom bedoel om tot die voordeel van almal in die een liggaam gebruik te word (12:7-11).
Daarmee hoop hy dat hulle met die vergelyk-speletjie sal ophou, en eerder die verskeidenheid van gawes sal gebruik tot stigting en opbou van die een liggaam van Christus in die gemeente.
Derdens brei hy uit oor die samehang van die gelowiges met hulle gawes in die een liggaam van Christus, die gemeente, wat beteken dat daar nie verdeeldheid kan wees nie (12:12-31). Hy gebruik die beeld van ’n regte liggaam om die noodsaaklikheid van verskille (voet, hand, oor, oog) binne die groter organiese eenheid van die gemeente te demonstreer, maar ook die noodsaaklike en integrale eenheid te beklemtoon. ’n Liggaam kan nie voortbestaan as dit verskeurd is nie.
As daar eenheid is, kan die liggaam se lede met integriteit gelyke sorg dra vir mekaar – onder andere deur mense wat spesifieke take ontvang het: apostels, profete en leraars – gawes wat veral met die Woord te make het; en deur mense wat gawes ontvang het om wonderdade te kan doen, mense gesond te maak, hulp te verleen (bystand), leiding te gee (kubernesis – bestuur of administreer), en ongewone tale of klanke te gebruik. Die lysie kom ooreen met dié in vers 7-11, met 2 gawes wat bykom, hulp en leiding. Dit wys dat die gawes nie ’n vaste aantal was nie, maar slegs as voorbeelde genoem word.
Paulus beklemtoon dat nie almal al die gawes het nie, en dat daar beter gawes is (profesie is bv. beter as die gawe van tale, soos hy in hoofstuk 14 sal wys), maar dat alles ondergeskik is aan die gawe van die liefde wat aan almal in die gemeente gegee is, waaroor hoofstuk 13 handel.
View all posts in this series
- Leesplan
- Week 1: Inleiding
- Paulus
- Die ontstaan van die Nuwe Testament
- Die konteks waarbinne Paulus optree
- Handelinge in die Bybelse storie
- Die briewe aan die Tessalonisense
- Kies ‘n manier van Bybellees
- Week 2: Leesplan 1 Tessalonisense
- 1 Tessalonisense 1 – Geloof, liefde en hoop energeer
- 1 Tessalonisense 2:1-16 – Paulus koester en begelei
- 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo
- Waar is die Bybelse plekke vandag?
- 1 Tessalonisense 4 – Nog meer aan die Here toegewy
- 1 Tessalonisense 5 – Onverwags maar nie onverwag nie
- Week 3: 2 Tessalonisense
- 2 Tessalonisense 1 – God is regverdig en betroubaar
- 2 Tessalonisense 2:1-12 – Wetteloosheid se mag sal gebreek word
- 2 Tessalonisense 2:13-17 – God sterk ons in die goeie
- 2 Tessalonisense 3:1-5- Gebed laat die Woord versprei
- 2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood
- Die briewe aan die Korintiërs
- 1 Korintiërs – inleiding
- Week 4: 1 Korintiërs 1-6
- 1 Korintiërs 1 – Partyskappe skend die Eenheid in Christus
- 1 Korintiërs 2 – God oortuig deur getuienisse
- 1 Korintiërs 3-4 – Soos ’n goeie boer, bouer en bestuurder
- 1 Korintiërs 5 – Sonde suurdeeg deur in ’n gemeenskap
- 1 Korintiërs 6 – Vermy onreg en onsedelikheid
- Week 5: 1 Korintiërs 7-10
- 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie
- 1 Korintiërs 7:25-40 – Die koninkryk verdien onverdeelde aandag
- 1 Korintiërs 8 – Jou vryheid mag nie ander laat sondig nie
- 1 Korintiërs 9 – Om met passie jou roeping na te jaag
- 1 Korintiërs 10 – Gemeenskap met God moet ten alle koste beskerm word
- Oor besluitneming
- Week 6: 1 Korintiërs 11-16
- 1 Korintiërs 11 – Oor mans en vroue in die erediens
- Ekskursus oor vroue in die NT
- 1 Korintiërs 12 – Verskeidenheid dien die eenheid
- 1 Korintiërs 13 – Die liefde is onmisbaar in alles
- 1 Korintiërs 14 – ’n Wye reeks gawes bou gelowiges op in die erediens
- 1 Korintiërs 15-16 – Ons groot hoop: die opstanding met ’n onverganklike liggaam
- Die brief van 2 Korintiërs
- Week 7: 2 Korintiërs 1-7
- 2 Korintiërs 1:1-2:11 – God gee moed in elke omstandigheid
- 2 Korintiërs 2:12-3:18 – Ons raak God se woorde aan die wêreld
- 2 Korintiërs 4:1-5:10 – Om te lewe soos Hy dit wil
- 2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening
- 2 Korintiërs 6:14-7:16 – Toegewy aan God alleen
- Week 8: 2 Korintiërs 8-13
- 2 Korintiërs 8-9 – Vrygewigheid is regverdig
- 2 Korintiërs 10 – Om te bou en nie af te breek nie
- 2 Korintiërs 11 – Goddelike bekommernisse en besorgdheid
- 2 Korintiërs 12 – As ek swak is, is ek sterk
- 2 Korintiërs 13 – Groei in geestelike volwassenheid
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Dit is Hy wat julle enduit sal laat vas staan
Tags: Eenheid, gawes, Korintiërs
Trackback from your site.
Vinie Furstenberg
| #
Kan die beklemtoning van die spreek in tale verband hou met die onenigheid waarvan ons in 1 Kor 1: 11 en 12 lees ? Die aanhangers van filosofiese denkrigtings wat wysheid verhef het (Apollos), die Paulus-aanhangers (Libertyne) wat die vryheidsbeginsel vooropgestel het, terwyl die Petrus aanhangers waarskynlik die wetsdrywers was en teenoor hierdie groeperinge staan die aanhangers van Christus, die Mistici wat hulleself in `n sekere sin as verhewe bo die ander kon beskou het. Is dit moontlik dat hulle daarom aanspraak op die bonatuurlike gawes soos tale van engele ( die spreek in tale) kon gemaak het? Vandaar dan dat dit vir Paulus nodig was om al die gawes in perspektief te stel.
Reply
Chris van Wyk
| #
Dit is ‘n baie interessante perspektief! Ons het te min getuienis om die ekstatiese engele tale regtig aan ‘n spesifieke groep te verbind. Maar ek sou, soos jy, raai dat dit meer met die mistiese groep verbind sou kon word, díe wat hulleself aan Christus verbind het. Sommige geleerdes dink dat Apollos ‘n allegoriese prediker was, wat die letterlike betekenis van ‘n teks geïgnoreer het, en eerder geestelik of simbolies interpreteer het – bv. Dawid se 5 klippies raak geestelike eienskappe van reinheid, opregtheid ens. in ons stryd teen die Bose, eerder as om dit net te lees soos dit daar staan. Paulus sou heel moontlik meer na ‘n grammaties-historiese uitleg van die Skrif geneig het, want dit is soos Antiochië in die latere eksegetiese skole wat daar gevestig is, bekend geraak het (teenoor bv. Alexandrië wat die sentrum vir allegoriese prediking geword het).
Reply