Handelinge in die Bybelse storie

Handelinge is deel twee van die verhaal van Lukas (op ‘n aparte boekrol).  Dit vertel die storie van die redding deur Jesus soos dit deur die Gees en die kerk voortgesit word van Jerusalem af tot in Rome. [1]

Lukas beklemtoon hier:

  • Die goeie nuus van God se redding deur Jesus is vir beide Jode en heidene.
  • Die Ou Testamentiese beloftes word daardeur vervul.
  • Die Heilige Gees begelei die kerk in die verspreiding van die evangelie.
  • Die kerk val in by God se reddingsplan wat die heidene insluit.
  • Hierdie redding is God se saak en niks kan dit keer nie.
  • Die goeie nuus word deur sommige met vreugde aanvaar en deur ander met woede verwerp.

Lukas laat die twee dele van sy verhaal – Lukas en Handelinge – baie vernuftig met mekaar korrespondeer:

  • Handelinge 1-12 vertel van die verspreiding van die evangelie en korrespondeer met Lukas 1-9 – die geografie is net omgekeer: dit begin in die stad Jerusalem en versprei na die platteland in Judea.
  • Handelinge 13-20 is ook ‘n reisverhaal en korrespondeer met Lukas 10-19 – Paulus neem die evangelie na Asië en Europa (op pad na Rome – soos Jesus op pad na Jerusalem).
  • Handelinge 21-28 vertel ook van ‘n verhoor en korrespondeer met Lukas 20-24 – Paulus verskyn voor dieselfde drie tribunale as Jesus (die Joodse Sanhedrin [Luk 22/Hand 22], die Romeinse goewerneur [Luk 23/Hand 25], en een van die Herodes konings [Luk 23/Hand 25 {Julius Markus Agrippa}]) – die resultaat is dat die evangelie tot in die hart van die Romeinse ryk versprei.

Die verhaal fokus op die beweging van die evangelie van Jerusalem na Rome.  Die goeie nuus van God se redding word aan alle mense aangebied in vervulling van die belofte aan Abraham (Hand 3:25 – “jou nakomeling sal vir al die volke van die aarde tot ‘n seën wees” – Gen 12:2-3) en die visie van die profete (Hand 15:17 – “al die heiden nasies”  – Amos 9:11-12).

Dit is verdeel in 6 hoofstukke deur Lukas se opsommende opmerkings in 6:7, 9:31, 12:24, 16:5 en 19:20.  Elke keer is dit asof Lukas ‘n pouse daarmee skep voor die verhaal in ‘n nuwe rigting beweeg: geografies, etnies, eties, en/of polities:

  • 1:1-6:7 – die goeie nuus oor Jesus versprei na ander Jode in Jerusalem
  • 6:8-9:31 – die goeie nuus oor Jesus versprei geografies na Jode in Judea, Galilea en Samaria sowel as Afrika (Etiopiese amptenaar) met die Griekssprekende evangelis Filippus wat ‘n groot rol speel.
  • 9:32-12:24 – die eerste etniese uitbreiding na heidene (Kornelius) vind plaas in Sesarea (Noord-Palestina) en Paulus kom tot bekering op die pad na Damaskus.
  • 12:25-16:5 – die goeie nuus versprei na Asië met Paulus en Barnabas se eerste sendingreis en bring etiese vraagstukke na vore wat deur die Jerusalem “sinode” (hfst. 15) besleg word.
  • 16:6-19:20 – die goeie nuus versprei na Europa deur twee verdere sendingreise van Paulus wat tot gevolg het dat die kerk al hoe meer uit Christene uit heidense volkere bestaan.
    • Let op hoe Antiochië die uitstuur sentrum bly en die Heilige Gees die sending begelei.
    • Let ook op hoe Paulus steeds sy aanknopingspunt soek by die Jode in hulle sinagoges.
    • Hoewel baie mense tot bekering kom, is daar ’n hele paar gevalle van konflik met die stadsbesture (16:16-40; 17:5-9; 18:12-17) wat gewoonlik deur die Jode aangehits is (17:5,13; 18:12).
    • Die stadsbesture is meesal traag om tussenbeide te tree, ’n houding wat algaande sou verander na die meer ongenaakbare optredes in die eeue wat sou kom.
    • Let ook op na die eerste voorbeeld van verkondiging in ’n heeltemal heidense omgewing, Paulus se toespraak op die Areopagus in Atene (17:16-34).
    • 19:21-28:31 – op die derde sendingreis besluit Paulus om na Jerusalem te gaan en het die vervolging daar tot gevolg dat die evangelie ook polities begin versprei om uiteindelik Rome, die hoofstad van die Romeinse ryk bereik.

Ons fokus in hierdie Bybelskool op wat Lukas ons in Handelinge 16-19 vertel as agtergrond tot die skryf van die briewe aan Tessalonika en Korinte.


[1] Vgl “The Gospels and Acts in the Biblical Story” in How to Read the Bible book by book deur Gordon Fee en Douglas Stuart (2002, Zondervan: Grand Rapids, Michigan, p 267 e.v.

 

View all posts in this series

Handelinge, Korintiërs, Tessalonisense


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Laetitia De Villiers

    ANTIOCHIë IN PISIDIë: Almal weet van die Antiochië [teen Sirië] waar volgelinge die eerste keer Christene genoem is, maar uiters min weet van Antiochië in Pisidië. Tog is dit baie belangrik en interessant. Handelinge 13, 13 – 50 haal Paulus se hele preek in die sinagoge daar aan, en vertel hoe hy daar verdryf is is omdat hy mense behalwe Jode ingenooi het. Volgens hierdie Bybelse rekord, is dit dan waar, so ver ek weet, nie -Jode vir die heel eerste keer toegespreek is – en boonop in ‘n sinagoge. Of is ek verkeerd? Dus is dit vir die ontstaan van die christengeloof van uiterse belang, lyk dit my.

    Antiochië in Pisidië word tans opgegrawe [daar word al 120 jaar aan Efese gewerk!]. Ek het Dr. Taslialan, die stukrag agter die ontginning ontmoet. Die opgrawings geniet tans groot aandag onder akademici wêreldwyd en Dr. Taslialan is al na baie lande genooi om daaroor te praat, maar verder is dit nog baie onbekend en min toeriste word daarheen geneem [ek doen dit wel al jare lank ]. Dit het dus baie meer publisiteit nodig, dink ek . Dis ook interessant om te sien hoe lyk ‘n stad wat huidiglik in ‘n proses van uitgrawing is.

    Met beste groete en groot dank vir jou al jou werk vir ons

    Laetitia De Villiers.

    • Dankie vir die interessante brokkie inligting. Nie-Jode (onthou dit was proseliete, dws nie-Jode wat die Joodse geloof aangeneem het) het reeds op Pinksterdag die evangelie gehoor (kyk Hand 2:11). Die Ethiopiër ook (Hand 8).
      Dit was dus nie die eerste keer nie, hoewel die toespraak wel ‘n belangrike een was, gegewe die geweldige reaksie – en dit was ‘n bevestiging dat hulle op die regte pad is met die eerste sendingreis.
      God se seën het daarop gerus.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: