Waar is die Bybelse plekke vandag?

Sommige van julle het my gevra na die plekname in die Bybel, en spesifiek hoe ‘n mens dit met plekname van vandag kan verbind.  OpenBible het ’n diens wat jou kan help.  Enige naam wat in ’n Bybelboek genoem word, is beskikbaar by: http://www.openbible.info/geo/.  Kry daar die name van die Bybelse plekke en tik dit so akkuraat as moontlik by Google Earth in. Dan kan jy uit satellietfoto’s sien hoe die presiese plek vandag lyk. 

Jy moet natuurlik ook Google Earth op jou rekenaar installeer!

(Met erkenning aan Bybel-Media vir dié wenk)

View all posts in this series

Bybelse plekke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • More ds Chris,
    Ek is tans tuis besig met n Bybelstudie oor Handelinge en meer spesifiek Paulus se sendreise. Ek wil uitvind of ds my kan se waar ek n lys van dorpname in die Bybelse tyd en die huidige name van daardie dorpe kam opspoor. Ons is tans sonder leraar en sal enige hulp verwelkom Baie dankie en jammer vir enige ongerief groete Annemarie van Zyl

    • Daar is ‘n paar plekke waar jy dié inligting kan opspoor. Die Blueletter Bible het ‘n lys van al die dorpe en stede wat in die NT genoem word met die verwysings in die Bybel, hoewel ongelukkig nie altyd met ‘n vergelykbare aanduiding van wat die plek vandag genoem word nie. Dié name kan jy egter opspoor deur middel van Wikipedia. Jy kan ook OpenBible gebruik. Enige naam wat in elke Bybelboek genoem word, is daar beskikbaar. Kry daar die name van die Bybelse plekke en tik dit so akkuraat as moontlik by Google Earth in. Dan kan jy uit satellietfoto’s sien hoe die presiese plek vandag lyk. Jy moet natuurlik ook Google Earth op jou rekenaar installeer. (Met erkenning aan Bybel-Media vir dié wenk)

  • Chris…, waar vind ons die mense wat die Here gedien het op die manier wat ons in die bybel lees… in die evangelies en Handelinge? Mense wat nog huise en plase en families verlaat en hulle lewens spandeer om van dorp tot dorp en huis tot huis gaan en die evangelie verkondig…? Sonder om geld te vra en sonder om iets te besit…. en sonder vrouens en kinders…. dit is tog wat ek in die bybel lees… is dit nie…, is daar nie meer sulke mense nie… waar is die Waarheid van Jesus dan…? Groete. Martin.

    • Hi Martin, ‘n mens vind hulle oral in Indië en China waar die kerk meesal ondergronds funksioneer en dit die enigste manier is om die evangelie te versprei. Dit is egter nie al manier waarop die Here werk nie. Paulus het gewerk vir sy lewensonderhoud. Hy het tente gemaak en herstel. Die gemeentes het ook vir sy lewensonderhoud ingestaan, veral die gemeente van Filippi. Lukas was ook ‘n dokter wat waarskynlik daardeur geld verdien het. Leraars en pastors van plaaslike gemeentes is ook onderhou sodat hulle kan fokus op die Woordbediening. So ook reisende predikers soos ons in die briewe van Johannes lees.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d