2 Korintiërs 11 – Goddelike bekommernisse en besorgdheid

Paulus beweeg in hoofstuk 11 en 12 na sy stryd met die valse apostels. Hy het egter nie ‘n sieklike obsessie met die vals apostels as sodanig nie, maar eerder steeds ‘n bruisende passie vir die geestelike volwassenheid van die Korintiërs (vgl 13:11!).
In 4 hoofdele skryf hy 1) oor sy besorgdheid oor die Korintiërs om hulle as ‘n vlekkelose bruid vir Christus voor te berei (11:1-15 – vgl Ef 5:27), 2) oor sy ontberinge in die proses (11:16-32), 3) oor die paradoks van sy ervaringe, verbluffende hoogtepunte en uitmergelende laagtepunte (12:1-10) en 4) weer oor sy besorgdheid oor hulle wat hy met die metafoor van ‘n ouer teenoor kinders uitdruk (12:11-21).
11:1-15 – Let op hoe hy steeds hom beywer dat hulle gedagtes nie weggelei sal word van Christus af nie, soos Eva aanvanklik verlei is deur die listigheid van die slang nie. Hoe hulle dink oor Jesus, is, en sal altyd belangrik bly. Die gladheid van die sprekers se optrede moet nie vir die Korintiërs swaarder weeg as die kennis van God wat hulle openbaar nie. En in kennis van God weet Paulus kan hy meer as net saamgesels!
Daarbenewens het hy ‘n stap verder gegaan en die evangelie kosteloos aan hulle verkondig (weereens verwys hy na 1 Kor 9, sy roepingsbeskrywing). Maar, belangrik, hy het dit nie gedoen om hulle te beskaam nie, maar omdat hy vir hulle liefhet! ‘n Mens kan immers hulp weier van iemand, en eintlik daarmee ‘n subtiele verwyt na hulle slinger!
Let op hoe Paulus van die vals apostels praat as Satan se dienaars – omdat hulle oneerlik is en nie deur Christus aangestel is vir die werk wat hulle doen nie! Interessant dat Paulus hier van die innerlike roeping van Woordbedienaars praat, en wys hoe die gebrek daaraan maak dat die vals apostels nie bereid is om te ly vir hulle bediening nie. Weereens ‘n maatstaf wat ons vandag ook kan aanlê.
11:16-33 – Daarom gaan Paulus nou voort, om in sy dwaasheid groot te praat. Let op hoe hy weer soos in 1 Korintiërs 7 sê dat hierdie sy woorde is en nie God s’n nie. En hy sit op die tafel 3 goed: sy afkoms (‘n Hebreër, Israeliet en van Abraham af), sy opdrag (dienaar van Christus) sowel as sy bereidheid om lyding te verduur (‘n 30-tal ontberinge!) in die uitvoering van sy bediening.
Wat my tref is veral vers 29-30, waar hy van sy daaglikse bekommernisse oor al die gemeentes wat hy gestig het, praat sowel as die effek op homself, dat as iemand swak is of in sonde val, dit vir hom voel asof dit met homself gebeur (vgl weereens die ooreenkomste met sy roepingsopdrag in 1 Kor 9:22 “vir die swakkes het ek swak geword, om die swakkes te wen”).
Sy bekommernisse druis natuurlik nie in teen Jesus se duidelike lering dat ons ons nie moet bekommer nie (Matt 6:25-34). Jesus het bedoel, dat jy jou nie moet bekommer oor jou “daaglikse brood” nie (eet, drink, die dag van môre). Jy kan immers daarvoor bid en op God se voorsiening vertrou (Matt 6:5-15).
Maar Jesus het wel geleer dat jy totaal gefokus moet wees daarop dat die wil van God gedoen sal word, en dat sy koninkryk in die lewe van mense sal kom. Paulus leer dit immers self aan die Filippense (4:6-8 – gee bekommernisse vir God; fokus op die goeie). En ‘n mens kan hierdie ywer met dieselfde woorde uitdruk: bekommerd en besorgd. Dit is immers wat dit beteken om jou met passie te beywer vir iets – Goddelike bekommernisse en besorgdhede.
View all posts in this series
- Leesplan
- Week 1: Inleiding
- Paulus
- Die ontstaan van die Nuwe Testament
- Die konteks waarbinne Paulus optree
- Handelinge in die Bybelse storie
- Die briewe aan die Tessalonisense
- Kies ‘n manier van Bybellees
- Week 2: Leesplan 1 Tessalonisense
- 1 Tessalonisense 1 – Geloof, liefde en hoop energeer
- 1 Tessalonisense 2:1-16 – Paulus koester en begelei
- 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo
- Waar is die Bybelse plekke vandag?
- 1 Tessalonisense 4 – Nog meer aan die Here toegewy
- 1 Tessalonisense 5 – Onverwags maar nie onverwag nie
- Week 3: 2 Tessalonisense
- 2 Tessalonisense 1 – God is regverdig en betroubaar
- 2 Tessalonisense 2:1-12 – Wetteloosheid se mag sal gebreek word
- 2 Tessalonisense 2:13-17 – God sterk ons in die goeie
- 2 Tessalonisense 3:1-5- Gebed laat die Woord versprei
- 2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood
- Die briewe aan die Korintiërs
- 1 Korintiërs – inleiding
- Week 4: 1 Korintiërs 1-6
- 1 Korintiërs 1 – Partyskappe skend die Eenheid in Christus
- 1 Korintiërs 2 – God oortuig deur getuienisse
- 1 Korintiërs 3-4 – Soos ’n goeie boer, bouer en bestuurder
- 1 Korintiërs 5 – Sonde suurdeeg deur in ’n gemeenskap
- 1 Korintiërs 6 – Vermy onreg en onsedelikheid
- Week 5: 1 Korintiërs 7-10
- 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie
- 1 Korintiërs 7:25-40 – Die koninkryk verdien onverdeelde aandag
- 1 Korintiërs 8 – Jou vryheid mag nie ander laat sondig nie
- 1 Korintiërs 9 – Om met passie jou roeping na te jaag
- 1 Korintiërs 10 – Gemeenskap met God moet ten alle koste beskerm word
- Oor besluitneming
- Week 6: 1 Korintiërs 11-16
- 1 Korintiërs 11 – Oor mans en vroue in die erediens
- Ekskursus oor vroue in die NT
- 1 Korintiërs 12 – Verskeidenheid dien die eenheid
- 1 Korintiërs 13 – Die liefde is onmisbaar in alles
- 1 Korintiërs 14 – ’n Wye reeks gawes bou gelowiges op in die erediens
- 1 Korintiërs 15-16 – Ons groot hoop: die opstanding met ’n onverganklike liggaam
- Die brief van 2 Korintiërs
- Week 7: 2 Korintiërs 1-7
- 2 Korintiërs 1:1-2:11 – God gee moed in elke omstandigheid
- 2 Korintiërs 2:12-3:18 – Ons raak God se woorde aan die wêreld
- 2 Korintiërs 4:1-5:10 – Om te lewe soos Hy dit wil
- 2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening
- 2 Korintiërs 6:14-7:16 – Toegewy aan God alleen
- Week 8: 2 Korintiërs 8-13
- 2 Korintiërs 8-9 – Vrygewigheid is regverdig
- 2 Korintiërs 10 – Om te bou en nie af te breek nie
- 2 Korintiërs 11 – Goddelike bekommernisse en besorgdheid
- 2 Korintiërs 12 – As ek swak is, is ek sterk
- 2 Korintiërs 13 – Groei in geestelike volwassenheid
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Dit is Hy wat julle enduit sal laat vas staan
Tags: Korintiërs
Trackback from your site.
Jan Louw
| #
Dankie Chris vir ‘n uiters waardevolle en gesaghebbende oorsig van Bybellees. Ek sal dit moet herlees en oordink om meer van ‘n greep daarop te kry.
Elsie Ceronio
| #
Dankie vir hierdie verduideliking. Ons doen Johannes Evangelie in ‘n bybelstudie groep en dit was nogal moeilik om die ‘sonder maat’ reg te verstaan.
Fanie van Emmenes
| #
Baie dankie vir die mooi verduideliking Chris, dit laat ‘n mens opnuut peins oor die Grootheid en Wysheid van God.
Groete
Fanie
Chris van Wyk
| #
My siening hieroor is dat ek met bevrugting as ‘n mens geskep is wat uit ‘n geestelike en materiële kant bestaan. Ek is weens die sonde egter dood vir God en die ewige lewe. Met wedergeboorte word my gees/siel van bo-af gebore waardeur ek die ewige lewe as geskenk van God ontvang. My liggaam moet egter nog deur die proses van verandering gaan om ewig te lewe, wat óf deur die dood sal gebeur óf deur die wederkoms self.
God se Gees woon nou in my om my nie net aan God te verbind nie, maar my ook in hierdie wêreld te gebruik om aan Hom eer te bring. Sy Gees is ook die waarborg dat ek met my dood in gees/siel na Hom toe geneem sal word. Aan die einde van die tyd sal ek ‘n verheerlikte onverganklike liggaam ontvang wat met my siel/gees verenig sal word.
Oor die vooraf-bestaan van die siel?
Die mens is volgens die Bybel ‘n geskape wese wat in tyd deur die normale prosesse van bevrugting en geboorte tot stand kom. Dit geld ook die siel. Die siel het nie ‘n vooraf-bestaan nie volgens die Protestantse Bybelse kanon wat ons gebruik nie.
Daar is wel ‘n vooraf-bestaan van die siel in die Joodse boek, die Wysheid van Salomo, uit die 2de eeu vC, oorspronklik geskryf in Grieks. In hoofstuk 8:19-20 staan daar: “As a child I was naturally gifted, and a good soul fell to my lot; or rather, being good, I entered an undefiled body.” (NRSV). Dit vorm deel van die Rooms-Katolieke en ‘n paar ander kerke se kanon. Dit vorm natuurlik ook deel van die Joodse tradisies soos in die Talmoed en ander plekke verwoord.
Dié idee van die vooraf-bestaan van die siel is wel deur ‘n hele klomp kerkvaders gepropageer, onder andere Justinus die Martelaar en Origines, maar met die verloop van die eerste paar eeue nC bestry en deur die sinode van Konstantinopel in die 6de eeu nC verwerp (The International standard Bible encyclopedia).
Tog is die idee van die vooraf-bestaan van die siel deur mense soos Immanuel Kant en ander laat herleef veral met verwysing na Jeremia 1:5. Hoewel dit ‘n aantreklike interpretasie is van die vers, gaan dit na my mening te ver met die Bybelse gegewens.
Daar staan in Jeremia: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.” (Jer 1:5).
Dit is verseker ‘n diepsinnige en lewensveranderende gedagtes om oor na te dink. God skep Jeremia volgens die beeld en bedoeling wat Hy van hom het en voer dit deur met Jeremia se vorming in die moederskoot en daarbuite vir die roeping wat God vir hom het.
Maar dit veronderstel nie ‘n vooraf-bestaan van die siel nie. En dit is die enigste plek waar ‘n verwysing hierna in die Bybel wat ons gebruik voorkom.
Ek dink Dawid se beskrywing van sy eie skepping is die teks waaraan ons as ‘n voorbeeld vir elkeen van ons moet vasgryp. Hoewel sy skepping as ‘n skepping in tyd beskryf word, met geen vooraf-bestaan van die siel nie, voer hy ons mee met die asemrowende gedagte van God se betrokkenheid by ons ontstaan. ‘n Gedagte waaroor ons gereeld persoonlik moet nadink sowel as ons oor ander mense dink, om die betekenis wat God heg aan elkeen van sy skepsels na waarde te skat
Dit lui só:
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem — hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.” (Ps 139:13-18).
Neels Hubinger
| #
Dagsê Chris, weer eens kosbare perspektiewe uit jou kennis, insig en vermoë om die waarhede te bewoord, dankie daarvoor.
Ek het deur die jare ‘n baie duidelike, helder en heerlike kennis behou uit my verstaan van ‘n beeld vir myself oor “my” skepping as mens… waar God op sy “knieë” oor Adam moet “laag afbuk tot op die grond” om is die stoflike liggaam die ewige gees “in te blaas”… letterlik deur die fisiese aanraking en asem wat in die stoflike liggaam op die grond moet oorgaan. Ek is ‘n geestelike wese, wat tydelik ‘n fisiese liggaam as voertuig ontvang het, vir God se doel met my lewe op aarde en voorbereiding vir die lewe in ewigheid. Daarom het ek ‘n gewoonte gemaak daarvan om elke teug lug wat ek inasem te beskou as die Gees van God wat daagliks so in my lewe tot ek sterf, wanneer dit my sal verlaat en dan na God sal terugkeer.
Dit het die implikasie dat ek, sover moontlik, my lofprysing in sang en woorde van lof (worship) met “volle asem” doen… my manier om aan God in eerbied en lofprysing terug te bied, wat Hy my tydelik op aarde mee geseën het. Dis vir my eenvoudig, wanneer ons ons laaste asem uitblaas, verlaat daardie gees waarmee God ons lewe gegee het, ons tydelik totdat Jesus weer kom. Dan word dit weer verenig wanneer ons ‘n nuwe liggaam ontvang.
Ek het egter ‘n vraag oor my gees voordat ek gebore is… Waar was my gees voordat ek gebore is. Met my konsepsie en na my geboorte toe ek begin lewe, asem haal (ons laat eers die debat oor wanneer lewe begin vir ‘n oomblik daar) glo ek my gees sal vir ewig lewe, in genade saam in die nuwe herskepte Koninkryk, maar is my siel met al die eienskappe wat dit na my karakter bring, ook eers by my geboorte “geskep”? Ek hoor graag jou mening, baie dankie. Seën en vrede.
Chris van Wyk
| #
Ja, Hansie, en watter vreugde is dit nie om die troos van só ‘n boodskap vir ‘n mens self toe te eien nie, nie waar nie!
Hansie
| #
Dankie Chris. Dit is ook hoe ek dieWoord verstaan, sonder maars en wat as.
Chris van Wyk
| #
Hi Fanie. Geen probleem nie. Dit is in gesprek wat die waarheid uiteindelik uitkristaliseer.
Die OT prentjie van die mens in Genesis 2:7 is dat God die mens uit die stof van die aarde gevorm het, waarin Hy sy lewensasem (nishma nie ruah nie) geblaas het wat die mens ‘n lewende wese (nephesh, wat ook met siel vertaal word, word gebruik) gemaak het. So verwoord Job dit ook (Job 32:8) sowel as Jesaja (Jes 37:7; 57:16). Die mens is dus gevorm uit geestelike/goddelike en vleeslike/aardse elemente.
Op ander plekke word hierdie prentjie uitgebou deur te verwys ook na die gees van die mens wat saam met die siel die wese van die mens vorm. Dit is onderskeibaar van die liggaam (Job 12:10; Jes 42:5 wat ook met Gen 2:7 in verband staan), veral omdat die gees kan “terugkom” in ‘n mens as hy van ‘n groot skok herstel (Gen 45:27) of selfs net sy dors geles word ((Rigt 15:19).
Dit is hierdie geestelike deel van die mens wat na die ontmoeting met God verlang, en Hom soek, soos Jesaja so pragtig sê: “Met my siel begeer ek U in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U.” (Jes 26:9; vgl Job 7:11). Spreuke sê die: “gees van die mens is ’n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.” (Spr 20:27).
Die NT prentjie van die mens is gebaseer op hierdie OT perspektiewe. Let wel nie op ‘n Griekse filosofiese een nie. Jesus verwys al daarna dat ‘n gees en ‘n liggaam van mekaar onderskei kan word (Luk 24:39). Hy gee ook sy gees sodat dit uit Hom uitgaan en sy liggaam agterbly (Joh 19:30).
Paulus voeg die OT gedagtes oor die samestelling van die mens saam as ‘n drie-deling van gees, siel en liggaam (1 Tess 5:23; Hebr 4:12). Dit staan duidelik nie los van die OT nie, want Paulus verwys duidelik na die OT siening van die mens in Genesis 2:7 wanneer hy aan die Korintiërs skryf dat die eerste mens ‘n lewende wese (psugos) geword het (1 Kor 15:45).
Die NT prentjie van die mens is uiteraard nog meer kompleks waarin ons hart, gedagtes en krag ensomeer ook ‘n rol speel in die wye waarop ons menswees funksioneer, maar die idee van ‘n materiële kant van menswees en ‘n nie-materiële kant is tog duidelik daarin.
As ‘n mens vanuit hierdie OT en NT perspektiewe dan oor die dood praat, is dit duidelik dat die materiële deel van die mens hier bly met die dood, en die nie-materiële deel na die doderyk/God toe terugkeer.
Psalm 146 praat daarom van die dood as ‘n proses waarin iemand se: “gees uitgaan, hy keer terug na sy aarde toe.” (Ps 146:4). Daar kom dus ‘n skeiding tussen die gees en die liggaam. Prediker stel dit helder dat: “die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.” (Pred 12:7).
Met die dood is dit dus hierdie nie-materiële iets van die mens – gees/siel – wat in die doderyk kom soos dit op talle plekke in die OT beskryf word en later in die NT ook (Jak 2:26). Vir gelowiges geld dit dat hulle (siele) in die hemel by God is (Openb 6:9).
Terloops, dit is ook hierdie deel van die mens wat deur Saul teen die wil van die Here opgeroep is, “die gees van ‘n afgestorwene” (1 Sam 28:8; 1 Kron 10:13), maar daaroor ‘n ander dag.
Jan Louw
| #
Die 600 000 klop met die sensus in Num 1
Biffy
| #
Ek leer en ervaar SO baie! Baie dankie!