2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood

Paulus moedig die Tessalonissense aan om nie leeg te lê nie, maar hulle eie brood te verdien, soos Spreuke 14:23 ook sê: “Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek.”  Dit bring natuurlik nie net voordeel vir hulleself nie, maar ook vir die koninkryk.  Hierin kan hulle Paulus se voorbeeld volg, wat self vir sy eie brood gewerk het in Tessalonika, al kon hy eintlik sy reg as apostel uitgeoefen het om van hulle voorsiening gebruik te maak.

Sy opdrag aan die gemeente om hulle aan leeglêers te onttrek kan moontlik die eerste vorm van sensuur in die Christelike kerk wees.  Dit is ook interessant dat die doel is om die oortreder terug te wen deur hom skaam te maak. Dit moet egter nie in ’n vyandige gesindheid geskied nie, omdat dit die saak van die evangelie sou skaad.

Hy sluit die brief af met ’n bemoediging tot volharding in goed doen, sowel as ’n seënbede, in sy eie handskrif.

Naskrif

Ek post vandag ook 3 gedeeltes wat ‘n oorsig oor die briewe aan die Korintiërs, sowel as meer spesifiek oor 1 Korintiërs gee, sowel as die leesplan vir die volgende week.  Jy kan dit vandag of môre lees, voordat jy met die eerste hoofstuk se leeswerk begin.

View all posts in this series

Tessalonisense


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Beste Chris

    Dankie vir die verduidelik. Bly bietjie onseker, want dis alreeds moeilik om die Drie-Eenheid (Vader. Seun en Heilige Gees) aan ander te verduidelik en nou moet ek/ons vertel dat Jesus was reeds daar voor Sy geboorte?
    Die Bybel is duidelik oor Engele en noem hul by name? Dan is die OT heeltyd besig om die Nuwe Verbond en Erfenis te voorspel deur te praat van die Redder wat sou kom?
    God het ‘n plan vir ons almal en Hy ken ons voor geboorte. Daarom verstaan ek dat Jesus daar was in Gees, want hy is deel van God se plan, maar hoe kon Hy tot God bid terwyl Hy op aarde was as mens as Hy toe God was? Ek wil nie argumenteer nie, maar hoe verduidelik ek dit vir myself en aan ander?

    • Hi Petrus, dit is nie maklik om te verstaan nie. Miskien is die eenvoudigste manier om doodgewoon te sê: Jesus as die “Seun van God” is van altyd af daar; Jesus as die “Seun van die mens” is van sy geboorte af daar. Oor die engele. Sommige het name. Ons lees van Michael en Gabriël. Die meeste het nie name nie. Dan lees ons ook van ‘n besondere Engel, die Engel van die Here, wat talle kere met die Here self geïdentifiseer word. Dit is dié Engel waarvan ek praat wat met Jesus in sy “Seun van God” bestaan verbind word. Jy kan meer lees in my bydrae oor Jesus en Jahwe (Here).

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d