Ekskursus oor vroue in die NT

Ek het sommer ’n paar vroue uit die Nuwe Testament gaan opdiep wat ’n spesifieke rol en funksie gehad het, en dit is baie interessante leesstof:

  • Dorkas was ’n dissipel (Hand 9:36 – die woorde “gelowige vrou” in die oorspronklike beteken letterlik  “dissipel”).
  • Prisca (Priscilla) was saam met haar man Akwila mede-werkers van Paulus (Hand 18:2) en het byvoorbeeld vir Apollos, die groot prediker in Korinte, onderrig.
  • Filippus se 4 dogters was profetesse (Hand 21:9).
  • Phoebe (Rom 16:1) was óf ’n diaken (soos die woord diakonos gewoonlik vertaal word, maar die manlik vorm van die woord maak dit minder waarskynlik) óf meer waarskynlik ’n “dienaar” (soos die NAV dit vertaal) wat waarskynlik ’n “dienaar van die Woord” kon beteken, dws ’n leraar, soos die term op Timoteus van toepassing gemaak word, wat verseker ’n leraar was (vgl 1 Tim 4:6 waar die woord “dienaar” gebruik word, en uitgespel word as ’n gawe wat Skrifvoorlesing, prediking en onderrig ingesluit het [1 Tim 4:13]).
  • Junia was ’n vroulike apostel.  Junia (in NAV weergegee met Junias) was heel waarskynlik ’n vrou (so bv. geargumenteer deur die gerespekteerde Nuwe Testamentikus Cranfield in die ICC reeks, sowel as Dunn in die Word reeks – ’n bietjie ingewikkelde redenasie: Die woord Junian in die Griekse teks van Romeine 16:7 is die [akkusatiewe] verbuiging van óf Junias [manlike naam] of Junia [vroulike naam]; aangesien die manlike verbuiging egter nêrens anders in die Griekse literatuur gebruik word nie, en die vroulike vorm meer as 250 keer [Lampe], is dit baie meer waarskynlik dat Paulus hier ’n vroulike verbuiging gebruik en hier dus na ’n vrou verwys).  Waarskynlik was Junia dus getroud met Andronikus.  Dit wil ook voorkom asof die twee, Andronikus en Junia, apostels was, want die frase in Romeine 16:7 “hoogaangeskrewe by die apostels” kan eintlik beter vertaal word: “hoogaangeskrewe onder die apostels”, soos dit trouens in die Ou Afrikaanse vertaling was en in die NIV vertaal word: “outstanding among the apostles” (vgl Dunn).  Hulle was dus van die apostels aan wie die Here verskyn het waarna Paulus in 1 Kor 15:5-9 verwys en eintlik van ’n hoër orde as Paulus self, ten minste soos hy dit beskrywe!

Lees ook wat NT Wright oor vroue in die bediening te sê het!

View all posts in this series

Korintiërs, vroue


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: