1 Korintiërs 15-16 – Ons groot hoop: die opstanding met ’n onverganklike liggaam
Paulus wend hom nou tot ’n onderwerp wat hy self op die tafel sit en van kardinale belang vir die Korintiërs se geloof is – die opstanding van Christus. Dit vorm die basis vir die geloof in hulle eie opstanding uit die dood en is dié ding wat hulle moet aanspoor om standvastig en onwankelbaar te wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat die hoop op die opstanding hulle oortuig dat hulle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie (vers 58).
Hy begin deur uit te brei op die kruis-evangelie van hoofstuk 2 en herinner hulle aan die die 4 hoofpilare van hulle geloof, dát Christus gesterf het, dát Hy begrawe is, dát Hy opgestaan, en dát Hy verskyn het aan die gelowiges. Let op hoe die historiese feite (gesterf, begrawe, opgestaan, verskyn) met sy interpretasie daarvan (vir ons sonde, volgens die Skrifte) as lewensveranderende evangelie bevestig word.
Die verskeidenheid van die 6 verskynings wat Paulus beskrywe val ook op, aan enkelinge, kleiner groepe en groot groepe. Let op ook op dat die twaalf (dissipels) onderskei word van die apostels, wat ’n groter groep was, waaronder Andronikus en Junia was (Rom 16). Paulus sluit homself as ontydig geborene en geringste van die apostels in, weens sy vervolgingsgeskiedenis, hoewel hy trots is daarop dat hy harder as almal gewerk het, darem weens die genade van die Here.
Met hierdie opstandings-evangelie as vertrekpunt beweeg hy dan direk oor na die verwagting van die opstanding van die dooies waarsonder hulle geloof waardeloos en sonder inhoud en betekenis sou wees. Hy stel dit daarom duidelik dat soos Christus opgewek is uit die dood, sal dié wat aan Hom behoort, by Christus se koms, lewend gemaak word en opstaan uit die dood. Dit is die evangelie en dit is ons hoop!
As dit nie waar was nie, sou ook die werk van die evangelie-bedienaars tevergeefs wees, en sou ’n mens eerder kon eet en drink asof alles tot ’n einde sal kom (hy haal hierdie spreuk uit die werk van die Griekse digter Menander aan – 341-291 vC).
Oor die verwysing na die Korintiërs wat hulle vir die dooies laat doop het, is al baie gedink, maar daar is regtig nie goeie verklarings daarvoor nie. Al wat ’n mens kan sê, is dat Paulus dié gebruik ook inspan om die onsinnigheid van ’n geloof uit te wys wat nie rekening hou met die opstanding uit die dood nie.
Daarna praat Paulus oor die opstandingsliggaam om alle onduidelikheid daaroor op te klaar.
Ons moet onthou dat die Grieke nie in die opstanding van die liggaam geglo het nie, selfs al het hulle die idee gekoester dat die siel van die mens onsterflik is en na die dood sou kon voortbestaan. Daarom dat Paulus soveel klem lê op die voortbestaan van gelowiges in ’n liggaamlike staat, nie net ’n geestelike nie.
Let op hoe hy in vers 36-41 sy siening begrond deur 3 voorbeelde uit die natuur te gebruik, voordat hy in vers 42-43 sy gevolgtrekkings sal maak en in vers 44-49 verder daarop sal uitbrei.
Hy gebruik eerstens die voorbeeld van die saad wat in die grond val en sterf om in ’n ander gestalte, die koringplant, voort te leef (vers 36-38). Daarmee wys hy die onderskeid tussen die verganklike en die onverganklike liggaam aan sowel as die wesenlike kontinuïteit al is dit in ’n ander gestalte (vers 42).
Tweedens skryf hy oor die verskil tussen die vleis van mense, diere, voëls en visse (vers 39). Daarmee probeer hy die geringheid van die aardse liggaam teenoor die heerlikheid van die hemelse liggaam aandui sowel as die herkenbaarheid van die onderskeie soorte wat ná die opstanding nog sodanig sal wees (vers 43a).
In die derde plek beskryf hy die verskil tussen dowwer en helderder hemelliggame soos die maan en sterre versus die son, en selfs sterre onderling (vers 40-41). Daarmee probeer hy die swakker karakter van die aardse liggaam teenoor die krag van die hemelse liggaam uitdruk sowel as die herkenbaarheid van die onderskeie soorte wat ná die opstanding nog sodanig sal wees (vers 43b).
In sy uitbreiding in vers 44-49 kontrasteer hy die natuurlike karakter van ons liggame hier met die geestelike karakter van ons liggame na die opstanding. Dit is soos die verskil tussen die eerste mens, Adam, en die laaste Adam, die lewendmakende Gees, die hemelse mens, di Christus. Die een se liggaam is uit die aarde, en is stoflik; die tweede se liggaam is uit die hemel, en is hemels (In Romeine 5-6 sal hy weer terug kom op ’n vergelyking tussen Adam en Christus).
Die dooies sal dus as onverganklikes opgewek word, net soos dié wat dan nog lewe, in ’n oomblik ook met onverganklikheid beklee sal word. Dan is dit die einde van die dood, en daarmee die einde van die sonde, want die oorwinning van God sal dan onverganklik wees.
Daarom kan ons saam met Paulus die Here altyd dank en standvastig en oorvloedig in die werk van die Here wees, omdat hierdie opstanding, hierdie onverganklikheid, ons hoop is.
Hoofstuk 16
Paulus sluit af met drie perikope:
- Vers 1-4: ’n opdrag om die kollekte vir Jerusalem voor te berei deur op elke Sondag iets opsy te sit – ons gebruik van dankoffers opneem op Sondae by ons eredienste kom onder andere van dié verse vandaan; dit is ook die eerste geskrewe aanduiding van die byeenkoms van gelowiges op ’n Sondag en nie ’n sabbat nie.
- Vers 5-12: ’n Kykie na sy reisplanne wat ’n besoek aan hulle in die winter insluit; hy vra hulle ook om hulle oor Timoteus te ontferm op pad terug na hom toe; hy vra ook dat hulle Apollos se afwesigheid sal verskoon – wonder of sy “beslis nie nou nie”-houding iets met die verdeeldheid in die gemeente te make gehad het?
- Vers 13-24: laaste versoeke en persoonlike detail; let op hoe hy in vers 14 en 24 weereens oor die liefde praat, ’n boodskap waarmee hy die brief begin het, in hoofstuk 13 breedvoerig geskryf het en hulle hier weer aan herinner.
Môre begin ons met 2 Korintiërs – ek publiseer dus saam met hierdie bydrae ‘n Inleiding op 2 Korintiërs en die leesplan vir die volgende week. Jy kan dit vandag lees of môre. Lekker lees!
View all posts in this series
- Leesplan - July 21, 2010
- Week 1: Inleiding
- Paulus
- Die ontstaan van die Nuwe Testament - July 22, 2010
- Die konteks waarbinne Paulus optree - July 23, 2010
- Handelinge in die Bybelse storie - July 26, 2010
- Die briewe aan die Tessalonisense - July 27, 2010
- Kies ‘n manier van Bybellees - July 28, 2010
- Week 2: Leesplan 1 Tessalonisense
- 1 Tessalonisense 1 – Geloof, liefde en hoop energeer - July 29, 2010
- 1 Tessalonisense 2:1-16 – Paulus koester en begelei - July 30, 2010
- 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo - August 2, 2010
- Waar is die Bybelse plekke vandag?
- 1 Tessalonisense 4 – Nog meer aan die Here toegewy - August 3, 2010
- 1 Tessalonisense 5 – Onverwags maar nie onverwag nie - August 4, 2010
- Week 3: 2 Tessalonisense
- 2 Tessalonisense 1 – God is regverdig en betroubaar - August 5, 2010
- 2 Tessalonisense 2:1-12 – Wetteloosheid se mag sal gebreek word - August 6, 2010
- 2 Tessalonisense 2:13-17 – God sterk ons in die goeie - August 9, 2010
- 2 Tessalonisense 3:1-5- Gebed laat die Woord versprei - August 10, 2010
- 2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood - August 11, 2010
- Die briewe aan die Korintiërs
- 1 Korintiërs – inleiding
- Week 4: 1 Korintiërs 1-6
- 1 Korintiërs 1 – Partyskappe skend die Eenheid in Christus - August 12, 2010
- 1 Korintiërs 2 – God oortuig deur getuienisse - August 13, 2010
- 1 Korintiërs 3-4 – Soos ’n goeie boer, bouer en bestuurder - August 16, 2010
- 1 Korintiërs 5 – Sonde suurdeeg deur in ’n gemeenskap - August 17, 2010
- 1 Korintiërs 6 – Vermy onreg en onsedelikheid - August 18, 2010
- Week 5: 1 Korintiërs 7-10
- 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie - August 19, 2010
- 1 Korintiërs 7:25-40 – Die koninkryk verdien onverdeelde aandag - August 20, 2010
- 1 Korintiërs 8 – Jou vryheid mag nie ander laat sondig nie - August 23, 2010
- 1 Korintiërs 9 – Om met passie jou roeping na te jaag - August 24, 2010
- 1 Korintiërs 10 – Gemeenskap met God moet ten alle koste beskerm word - August 25, 2010
- Oor besluitneming
- Week 6: 1 Korintiërs 11-16
- 1 Korintiërs 11 – Oor mans en vroue in die erediens - August 26, 2010
- Ekskursus oor vroue in die NT
- 1 Korintiërs 12 – Verskeidenheid dien die eenheid - August 27, 2010
- 1 Korintiërs 13 – Die liefde is onmisbaar in alles - August 30, 2010
- 1 Korintiërs 14 – ’n Wye reeks gawes bou gelowiges op in die erediens - August 31, 2010
- 1 Korintiërs 15-16 – Ons groot hoop: die opstanding met ’n onverganklike liggaam - September 1, 2010
- Die brief van 2 Korintiërs
- Week 7: 2 Korintiërs 1-7
- 2 Korintiërs 1:1-2:11 – God gee moed in elke omstandigheid - September 2, 2010
- 2 Korintiërs 2:12-3:18 – Ons raak God se woorde aan die wêreld - September 3, 2010
- 2 Korintiërs 4:1-5:10 – Om te lewe soos Hy dit wil - September 6, 2010
- 2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening - September 7, 2010
- 2 Korintiërs 6:14-7:16 – Toegewy aan God alleen - September 8, 2010
- Week 8: 2 Korintiërs 8-13
- 2 Korintiërs 8-9 – Vrygewigheid is regverdig - September 9, 2010
- 2 Korintiërs 10 – Om te bou en nie af te breek nie - September 10, 2010
- 2 Korintiërs 11 – Goddelike bekommernisse en besorgdheid - September 13, 2010
- 2 Korintiërs 12 – As ek swak is, is ek sterk - September 14, 2010
- 2 Korintiërs 13 – Groei in geestelike volwassenheid - September 15, 2010
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Dit is Hy wat julle enduit sal laat vas staan - December 3, 2017
Korintiërs, liggaam, opstanding