2 Korintiërs 12 – As ek swak is, is ek sterk

Paulus brei hier uit oor die paradoks van sy ervaringe, verbluffende hoogtepunte en uitmergelende laagtepunte (12:1-10) en weer oor sy besorgdheid oor die Korintiërs wat hy met die metafoor van ‘n ouer teenoor kinders uitdruk (12:11-21).

Dit lyk op die oog af asof Paulus van ‘n ander persoon as hyself praat in vers 2-4.  Dit is egter waarskynlik dat Paulus hier oor homself in die derde persoon skryf, en wel om die volgende redes: 1) hy is besig om sy apostoliese gesag te verdedig, en dit sou nie sin maak om oor iemand anders se gesigte en openbarings te skryf nie; 2) Ons lees op ‘n paar ander plekke van gesigte wat hy gehad het (vgl. Hand. 9:3; 16:9; 22:17; 27:24; Gal. 1:12); 3) vers 6 is ‘n verskuilde aanduiding dat dit wel hy is: “al sou ek wil roem, sal ek tog nie dwaas wees nie, omdat ek die waarheid sal praat;” en 4) hy wil nie eintlik oor iets praat waaroor hulle nie ‘n oordeel sal kan uitspreek nie, maar nou dwing hulle hom op dwaas te wees, om die aansprake van die valse apostels te troef.

Dit wil voorkom asof die derde hemel en die paradys dieselfde plek is, dit is, die plek waar hy in die teenwoordigheid van God kon wees.

Die doring in sy vlees is al met baie siektes verbind (bv. ‘n oogsiekte op voetspoor van Gal 4:13-15, wat vertel dat hy siek geword het, en hulle met hom deernis gehad het, en “as dit moontlik was, sou julle julle oë uitgeruk en vir my gegee het”), maar dit bly eintlik ‘n onopgeloste raaisel.

Paulus se beskrywing van God se krag wat tot sy volle werking kom wanneer ons swak is, is nie net ‘n goeie beskrywing van die lewe van ‘n apostel nie, maar ook ‘n bemoediging vir elkeen wat op een of ander stadium in sy lewe ontberinge ly in die navolging van Jesus.

Let ook op hoe Paulus die merktekens van ‘n apostel uitspel: tekens, wonders en kragtige dade (vers 12).  Dit kan ook as ‘n meetinstrument aangelê word vir mense vandag wat graag die term apostel op hulle eie bediening van toepassing wil maak.

Hy is ook baie duidelik oor wat sy doel met sy bediening aan hulle is: “Alles wat ons doen, geliefdes, is in belang van julle geestelike opbou.”  En hy is baie besorgd dat hulle onderlinge twis en afguns hulle van die pad af kan verlei.

View all posts in this series

Korintiërs


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d