1 Tessalonisense 5 – Onverwags maar nie onverwag nie
Paulus sluit duidelik in hierdie hoofstuk aan by dinge wat hy hulle met sy eerste besoek al geleer het. Wat uitstaan van sy lering hier oor die wederkoms van die Here is die skielike onverwagse aard daarvan. Die Here sal soos ’n dief in die nag verskyn.
Op ’n baie kunstige wyse beskryf hy die gelowiges egter as mense van die lig, wat beteken dat hulle wakker sal wees as Jesus weer kom, en dié dag dus nie hoef te vrees nie.
Die wederkoms is dus onverwags, maar nie onverwag nie!
Maar hy moedig hulle ook aan om steeds nugter en wakker te bly, interessant genoeg met dieselfde woorde waarmee hy die brief begin het: geloof, liefde en hoop (ook weer in dieselfde volgorde). Let op die oorlogsterminologie, waarop hy later in die brief aan die Efesiërs sal uitbrei (hfst. 6).
Sy laaste woorde het met respek vir leiers, wat moontlik nog onervare sou wees, en omgee vir mekaar te make. Die omgee sluit teregwysing sowel as bemoediging in, opkom vir die regte van mense wat kwaad aangedoen word en die beywering vir die belange van nie net medegelowiges nie, maar ook die mense van die gemeenskap.
Let op hoe hy blydskap, gebed en dankbaarheid aan mekaar verbind as die lewenstyl wat hulle moet ten toon stel. Die volgende storie illustreer iets van hoe hierdie dankbaarheid werk, en inspireer my om ook dankbaar te lewe:
Corrie ten Boom in The Hiding Place vertel van ’n insident wat haar geleer het om altyd dankbaar te wees. Sy en haar suster, Betsy, is pas oorgeplaas na een van die ergste Duitse tronke, Ravensbruck. Die barakke waar hulle moes slaap, was oorvol en vol vlooie. Hulle lees een oggend vers 18: “Wees in alle omstandighede dankbaar” waarop Betsy Corrie aanmoedig om die Here ook te dank vir elke detail van hulle kwartiere. Corrie het eers geweier om vir die vlooie dankie te sê, maar op Betsy se aandrang het sy ingegee en die Here ook vir die vlooie gedank. Met tyd het hulle agter gekom dat hulle ongehinderd kon Bybelstudie hou en bid sonder dat die wagte tussenbeide gekom het. Dit was eers na ’n paar maande dat hulle besef het dat die wagte nie daar wou kom nie, as gevolg van die vlooie!
Hy moedig die gemeente aan om die werk van die Heilige Gees toe te laat, heel moontlik veral in die vorm van profesieë, maar met ’n onderskeidende gees. Profesieë moet getoets word.
Hy sluit af met ’n verwysing na God wat in staat is om hulle te bewaar.
View all posts in this series
- Leesplan - July 21, 2010
- Week 1: Inleiding
- Paulus
- Die ontstaan van die Nuwe Testament - July 22, 2010
- Die konteks waarbinne Paulus optree - July 23, 2010
- Handelinge in die Bybelse storie - July 26, 2010
- Die briewe aan die Tessalonisense - July 27, 2010
- Kies ‘n manier van Bybellees - July 28, 2010
- Week 2: Leesplan 1 Tessalonisense
- 1 Tessalonisense 1 – Geloof, liefde en hoop energeer - July 29, 2010
- 1 Tessalonisense 2:1-16 – Paulus koester en begelei - July 30, 2010
- 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo - August 2, 2010
- Waar is die Bybelse plekke vandag?
- 1 Tessalonisense 4 – Nog meer aan die Here toegewy - August 3, 2010
- 1 Tessalonisense 5 – Onverwags maar nie onverwag nie - August 4, 2010
- Week 3: 2 Tessalonisense
- 2 Tessalonisense 1 – God is regverdig en betroubaar - August 5, 2010
- 2 Tessalonisense 2:1-12 – Wetteloosheid se mag sal gebreek word - August 6, 2010
- 2 Tessalonisense 2:13-17 – God sterk ons in die goeie - August 9, 2010
- 2 Tessalonisense 3:1-5- Gebed laat die Woord versprei - August 10, 2010
- 2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood - August 11, 2010
- Die briewe aan die Korintiërs
- 1 Korintiërs – inleiding
- Week 4: 1 Korintiërs 1-6
- 1 Korintiërs 1 – Partyskappe skend die Eenheid in Christus - August 12, 2010
- 1 Korintiërs 2 – God oortuig deur getuienisse - August 13, 2010
- 1 Korintiërs 3-4 – Soos ’n goeie boer, bouer en bestuurder - August 16, 2010
- 1 Korintiërs 5 – Sonde suurdeeg deur in ’n gemeenskap - August 17, 2010
- 1 Korintiërs 6 – Vermy onreg en onsedelikheid - August 18, 2010
- Week 5: 1 Korintiërs 7-10
- 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie - August 19, 2010
- 1 Korintiërs 7:25-40 – Die koninkryk verdien onverdeelde aandag - August 20, 2010
- 1 Korintiërs 8 – Jou vryheid mag nie ander laat sondig nie - August 23, 2010
- 1 Korintiërs 9 – Om met passie jou roeping na te jaag - August 24, 2010
- 1 Korintiërs 10 – Gemeenskap met God moet ten alle koste beskerm word - August 25, 2010
- Oor besluitneming
- Week 6: 1 Korintiërs 11-16
- 1 Korintiërs 11 – Oor mans en vroue in die erediens - August 26, 2010
- Ekskursus oor vroue in die NT
- 1 Korintiërs 12 – Verskeidenheid dien die eenheid - August 27, 2010
- 1 Korintiërs 13 – Die liefde is onmisbaar in alles - August 30, 2010
- 1 Korintiërs 14 – ’n Wye reeks gawes bou gelowiges op in die erediens - August 31, 2010
- 1 Korintiërs 15-16 – Ons groot hoop: die opstanding met ’n onverganklike liggaam - September 1, 2010
- Die brief van 2 Korintiërs
- Week 7: 2 Korintiërs 1-7
- 2 Korintiërs 1:1-2:11 – God gee moed in elke omstandigheid - September 2, 2010
- 2 Korintiërs 2:12-3:18 – Ons raak God se woorde aan die wêreld - September 3, 2010
- 2 Korintiërs 4:1-5:10 – Om te lewe soos Hy dit wil - September 6, 2010
- 2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening - September 7, 2010
- 2 Korintiërs 6:14-7:16 – Toegewy aan God alleen - September 8, 2010
- Week 8: 2 Korintiërs 8-13
- 2 Korintiërs 8-9 – Vrygewigheid is regverdig - September 9, 2010
- 2 Korintiërs 10 – Om te bou en nie af te breek nie - September 10, 2010
- 2 Korintiërs 11 – Goddelike bekommernisse en besorgdheid - September 13, 2010
- 2 Korintiërs 12 – As ek swak is, is ek sterk - September 14, 2010
- 2 Korintiërs 13 – Groei in geestelike volwassenheid - September 15, 2010