1 Korintiërs 7:25-40 – Die koninkryk verdien onverdeelde aandag
Weereens gee Paulus sy eie mening, hoewel hy dit as betroubaar (vers 25) – deur die genade van die Here – beskrywe en hom beroep op die feit dat hy ook die Gees het (vers 40). Maar hy relativeer dit deur sy mening te onderskei van ’n direkte bevel van die Here.
En hier praat hy nou oor die ongetroudes (parthenos – maagde). Met die oog op die swaarkry van die eindtyd dink hy dit is beter om nie te trou nie. Maar as jy tog trou, doen jy nie verkeerd nie, jy maak dit net vir jou swaar. ’n Mens hoor hier van die soortgelyke gedagtes eggo wat Jesus geopper het oor swanger vroue in die eindtyd (Mark 13:17). Jesus sowel as Paulus het waarskynlik in die eerste plek die vervolging onder die Romeine in gedagte gehad.
Hy relativeer daarmee eintlik die hele gemeenskapslewe en maak dit ondergeskik aan ’n lewe vir die koninkryk. Selfs om iets vir jouself te koop, word gerelativeer, omdat hierdie wêreld soos ons ken aan die verbygaan is, en ons vry van sorge moet wees om aandag aan die koms van die koninkryk te gee. Die dinge van die Here moet voorop in ’n mens se gedagtes wees, nie die dinge van die wêreld, soos die huwelik en dergelike dinge nie. Ons aandag moenie verdeel wees nie.
Hoewel baie met Paulus sou kon verskil, sê hy hierdie dinge na sy mening tot ons beswil, nie om ons aan bande te lê nie, maar ons toewyding aan die Here te beskerm. Wie trou doen dus goed, maar wie nie trou nie, doen beter – aldus Paulus.
View all posts in this series
- Leesplan - July 21, 2010
- Week 1: Inleiding
- Paulus
- Die ontstaan van die Nuwe Testament - July 22, 2010
- Die konteks waarbinne Paulus optree - July 23, 2010
- Handelinge in die Bybelse storie - July 26, 2010
- Die briewe aan die Tessalonisense - July 27, 2010
- Kies ‘n manier van Bybellees - July 28, 2010
- Week 2: Leesplan 1 Tessalonisense
- 1 Tessalonisense 1 – Geloof, liefde en hoop energeer - July 29, 2010
- 1 Tessalonisense 2:1-16 – Paulus koester en begelei - July 30, 2010
- 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo - August 2, 2010
- Waar is die Bybelse plekke vandag?
- 1 Tessalonisense 4 – Nog meer aan die Here toegewy - August 3, 2010
- 1 Tessalonisense 5 – Onverwags maar nie onverwag nie - August 4, 2010
- Week 3: 2 Tessalonisense
- 2 Tessalonisense 1 – God is regverdig en betroubaar - August 5, 2010
- 2 Tessalonisense 2:1-12 – Wetteloosheid se mag sal gebreek word - August 6, 2010
- 2 Tessalonisense 2:13-17 – God sterk ons in die goeie - August 9, 2010
- 2 Tessalonisense 3:1-5- Gebed laat die Woord versprei - August 10, 2010
- 2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood - August 11, 2010
- Die briewe aan die Korintiërs
- 1 Korintiërs – inleiding
- Week 4: 1 Korintiërs 1-6
- 1 Korintiërs 1 – Partyskappe skend die Eenheid in Christus - August 12, 2010
- 1 Korintiërs 2 – God oortuig deur getuienisse - August 13, 2010
- 1 Korintiërs 3-4 – Soos ’n goeie boer, bouer en bestuurder - August 16, 2010
- 1 Korintiërs 5 – Sonde suurdeeg deur in ’n gemeenskap - August 17, 2010
- 1 Korintiërs 6 – Vermy onreg en onsedelikheid - August 18, 2010
- Week 5: 1 Korintiërs 7-10
- 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie - August 19, 2010
- 1 Korintiërs 7:25-40 – Die koninkryk verdien onverdeelde aandag - August 20, 2010
- 1 Korintiërs 8 – Jou vryheid mag nie ander laat sondig nie - August 23, 2010
- 1 Korintiërs 9 – Om met passie jou roeping na te jaag - August 24, 2010
- 1 Korintiërs 10 – Gemeenskap met God moet ten alle koste beskerm word - August 25, 2010
- Oor besluitneming
- Week 6: 1 Korintiërs 11-16
- 1 Korintiërs 11 – Oor mans en vroue in die erediens - August 26, 2010
- Ekskursus oor vroue in die NT
- 1 Korintiërs 12 – Verskeidenheid dien die eenheid - August 27, 2010
- 1 Korintiërs 13 – Die liefde is onmisbaar in alles - August 30, 2010
- 1 Korintiërs 14 – ’n Wye reeks gawes bou gelowiges op in die erediens - August 31, 2010
- 1 Korintiërs 15-16 – Ons groot hoop: die opstanding met ’n onverganklike liggaam - September 1, 2010
- Die brief van 2 Korintiërs
- Week 7: 2 Korintiërs 1-7
- 2 Korintiërs 1:1-2:11 – God gee moed in elke omstandigheid - September 2, 2010
- 2 Korintiërs 2:12-3:18 – Ons raak God se woorde aan die wêreld - September 3, 2010
- 2 Korintiërs 4:1-5:10 – Om te lewe soos Hy dit wil - September 6, 2010
- 2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening - September 7, 2010
- 2 Korintiërs 6:14-7:16 – Toegewy aan God alleen - September 8, 2010
- Week 8: 2 Korintiërs 8-13
- 2 Korintiërs 8-9 – Vrygewigheid is regverdig - September 9, 2010
- 2 Korintiërs 10 – Om te bou en nie af te breek nie - September 10, 2010
- 2 Korintiërs 11 – Goddelike bekommernisse en besorgdheid - September 13, 2010
- 2 Korintiërs 12 – As ek swak is, is ek sterk - September 14, 2010
- 2 Korintiërs 13 – Groei in geestelike volwassenheid - September 15, 2010
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Dit is Hy wat julle enduit sal laat vas staan - December 3, 2017
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
huwelik, Korintiërs, ongetroudes
Petrus
Na aanleiding van Paulus omtrent trou en nie trou in 1 Korintiers 7. Ek kan verstaan dat hy praat soos hy praat omdat hy ongetroud was, maar ek glo nie alles is volgens God se wil nie. Indien ons kies om nie te trou sou ons teen God se wil optree. Hy het ons man en vrou gemaak sodat ons kan vermeerder en die Genesis opdrag uitvoer. Ek staan by Matteus 19 waar Jesus verduidelik oor die redes vir trou en nie trou. Paulus noem dat indien jy trou jy met wereldse dinge besig sal wees en nie genoeg tyd vir God sal he nie.
Weereens, as dit waar was, hoekom het God ons man en vrou gemaak? Een v/d mooiste dinge wat ek in Christelike huise sien is waar gesinne saam bid en sing. Pa en Ma maak tyd ook vir saam bid. Die gesin gesels oor geestelike dinge, maar is bewus v/d wereld. Dit moet die kerk meer inskerp by hul lede.
As ongetroude vind ek dit moeilik om altyd geestelike waardes uit te leef en alleen bid is soms eensaam en leeg. Dan dink ek aan ‘n gebedsmaat met wie ek kan praat, bid, en deel. Dit moet lekker wees. Hier moet die kerk leiding gee aan diesulkes wat die keuse gemaak het en die wat alleen is agv omstandighede.
My punt: Paulus bedoel goed, maar ek dink sy eie denke hier was bietjie onprakties en nie volgens die Genesis opdrag nie. Ons almal het menings en dit is goed, daarom het ons die reg om te kies. Selfs Paulus, het soos Petrus gese het soms dinge gese wat moeilik is om te verstaan, en daarom is dit lekker om sy briewe te lees, want sy passie en liefde vir sy werk is motiverend. Daarom kan ons hom so ‘n klein eiegeregtigheid vergewe (tong in die kies).
Ds. Chris: Dankie weereens vir die Bybelstudie werke en gedagtes.
Chris van Wyk
Dankie vir jou saamdink. Hierdie is een van die (min) plekke waar Paulus ons toelaat om te verskil van hom. Maar, sy punt is nie om die Genesis opdrag te ontduik nie. Dit is om seker te maak niks staan in die pad van die vervulling van sy roeping nie. Jesus het dit eksplisiet goedgekeur dat as ‘n mens dié gawe het, kan jy ongetroud bly twv die koninkryk (Matt 19). In ‘n sekere sin het Paulus natuurlik baie kinders – soos hy bv. vir Timoteus beskou – maar hulle is almal geestelike kinders. Groete.