Die konteks waarbinne Paulus optree

Dit is goed om die volgende historiese gegewens in gedagte te hou met die lees van die briewe van Paulus.

  • Die Jode het oral waar hulle in die Romeinse ryk gebly het, hulle identiteit behou, veral deur die onderhouding van die sabbat en sekere Joodse feesdae, hulle dieetreëls, en die besnydenis.  Oral is sinagoges ook gebou wat as vergaderplek gedien het en hulle gemeenskap bymekaar gehou het.
  • Daarom dat die sinagoges dikwels die aanknopingspunte vir die apostels was met hulle eerste besoek aan ’n stad.  Die Jode in die stede was dus baie keer ook die eerste bekeerlinge wat op die boodskap van Christus gereageer het.
  • Hierdie Jode was dus van sleutelbelang vir die uitbreiding van die Christendom.  Dit was een van die hoof maniere waarop die geloof in Christus deur die Romeinse ryk versprei het.  Daarby is dit juis hulle wat vir die Griekse vertaling van die Ou Testament verantwoordelik was wat deur Christene gebruik kon word in hulle kommunikasie met die heidense wêreld.
  • Baie van hulle was egter ook felle teenstanders van hierdie evangelie en het menigmaal onrus gestook en dit meesal reggekry om die stadsbesture teen Paulus en sy werkers laat draai.
  • Met die groei van die kerk in Antiogië, die plek vanwaar Paulus sy sendingreise onderneem, kom die Joodse en Griekse Christene ook in konflik oor die plek van die sabbat en feeste, die dieetreëls en die besnydenis, en bied dit die kerk die geleentheid om sekere leerstellige en etiese kwessies uit te sorteer.  Lees Handelinge 15 vir die besluit wat die kerk in Jerusalem daaroor geneem het.
  • Antiogië sou ’n baie belangrike rol bly speel in die lewe van die Christelike kerk van die eerste paar eeue, selfs na die dood van Paulus.  Hier was verskeie opvoedkundige inrigtings en later die eerste eksegetiese skole van die Christelike kerk:
    • Hulle fokus hier op literêr-historiese lees van die Bybel (taal en konteks), in onderskeid met die allegoriese lees van die Bybel wat met die ander groot Christelike sentrum. Alexandrië,  geassosieer word.  Die beroemde prediker Chrysostomus is ‘n uitnemende (4de eeuse) voorbeeld hiervan

Hier is ‘n paar tydlyne en kaarte van Paulus se lewe en reise:

View all posts in this series

Korintiërs, Paulus, Tessalonisense


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: