Esegiël 6 – Die oorlog teen die “Berge van Israel”

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Die implikasie van die vyf simboliese handelinge van hfst. 4-5 word in twee verdere profesieë uitgespel in hfst. 6-7.

  • In hoofstuk 6 word die “Berge van Israel” aangespreek en die verwoesting wat oor die mense van die woestyn in die suide af tot by Ribla in die noorde (vgl. 2 Kon 23:33; Eseg. 47:14) sal kom, beskryf. Dit sluit dus die hele grondgebied van Israel in.
  • In hoofstuk 7 word die “land Israel” aangespreek en die verwoesting wat dwarsoor die land die inwoners van die land sal tref, met spesiale verwysing na die verwoesting van die stad Jerusalem en die heiligdom.

Die vernietiging van die hoogtes en altare, spesifiek ook die wierookaltare, verwys na die verbod in die wet van die Here téén sulke aanbidding (vgl. Lev. 26). Dit is nie net die wanpraktyke in die heiligdom van Jerusalem wat die gramskap van die Here laat ontvlam nie. Dit is ook die heidense praktyke waaraan hulle deelneem in die res van die land.

Dit is egter nie net die plekke van hulle aanbidding wat verwoes word nie. Dit is die aanbidders self ook wat dood sal neerval, ironies genoeg, voor die altare waar hulle afgode aanbid het. Hulle lyke sal voor die afgode gegooi word en hulle bene rondom die altare gestrooi word, in absolute minagting van die afskuwelike ongehoorsaamheid aan die Here in hulle aanbidding.

Die oordeel tref egter nie net die plekke van en persone in aanbidding nie, maar ook hulle stede en woonplekke. Die land word as’t ware gesuiwer van die onreinheid en ongehoorsaamheid van sy inwoners sodat die land tot verhaal kan kom. Let op hoe die beskrywing van die verwoesting van die mense sowel as die verstrooiing van die oorblyfsel met die simboliese handeling van die swaard in hfst. 5 verband hou. Let ook op dat dit nie net die swaard is wat hulle sal doodmaak nie. Dit is ook pes en hongersnood (6:12).

Die rede vir dié drastiese optrede van die Here is dat Israel sal weet dat die Here God is. Die doel met die oordeel van God is dat daar insig sal opdaag by die volk, dat hulle sal treur oor hulle afvalligheid – “slaan jou hande inmekaar, stamp met jou voete, kerm oor al die bose, afskuwelike dade van Israel” (6:11). Die Here wil hê dat hulle sal besef dat Hy God is, al is dit dan ook net die oorblyfsel wat tot dié insig kom: “Dié van julle wat ontkom het, sal My onthou daar waar hulle balinge geword het tussen die nasies.” (6:9).

Die Here se eer het in gedrang gekom deur hulle ontroue gesindheid en Hom ‘n weersin in hulle gegee. Die oordeel bring God se toorn egter tot bedaring en skep die moontlikheid van omkeer en verandering. “Israel, whether alive or dead, must honor Yahweh’s demand that he be acknowledged in all the uniqueness of his being.” (Allen, Word kommentaar). Waar die Godsbesef van ‘n nasie dus herstel word, dáár is verandering altyd ‘n nuwe moontlikheid, al is dit net ‘n oorblyfsel wat die vrugte daarvan sal kan geniet.

Boodskap

Esegiël help ons in dié hoofstuk verder om sin te maak van die drastiese optrede van die Here in oordeel. God se passie is dat Israel sal weet dat die Here God is. Trouens, Hy wil hê die hele wêreld moet weet dat Hy God is. Hoewel die oordeel dus baie vernietigend is, kan ‘n mens moed skep uit die gevolge daarvan, dat daar insig sou opdaag by die volk, dat hulle uiteindelik sou treur oor hulle afvalligheid. Psalm 137 is ‘n roerende getuienis van dié berou in ballingskap.

Esegiël help ons ook om God se absolute eis tot gehoorsaamheid aan boord te neem. “Israel, whether alive or dead, must honor Yahweh’s demand that he be acknowledged in all the uniqueness of his being.” (Allen). Dit is ook op ons van toepassing. Ons het nodig om God as God te erken in al die fasette van ons lewe. Dit is alleen dán wat ons die vrug van sy teenwoordigheid ten volle kan geniet.

View all posts in this series

Esegiël


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: