Esegiël 33:21-33 – Grypsug en selfsug word geoordeel

Dit neem ses maande vir die nuus van die val van Jerusalem om by Esegiël en die ander ballinge uit te kom. Uiteindelik op Woensdag 9 Januarie 585 v.C. kom iemand wat die tragedie in Jerusalem ontsnap het daar aan en vertel vir hom dat dít wat Esegiël voorspel het, inderdaad gebeur het. Jerusalem is op Woensdag 18 Julie 586 v.C. ingeneem, ses maande tevore.
Onthou dit was in die jare voor TV en selfone, ook voor die tyd van die radio, en die Kedarrivier was 800 km te voet van Jerusalem af! Esra het ‘n paar eeue later vier maande geneem vir dieselfde reis (Esra 7:9).
Dit ontlok twee kort profesieë by Esegiël, die een gerig aan die grypsugtige agtergeblewenes in Jerusalem en Juda (33:23-29), die ander gerig aan die selfsugtige ballinge in Babel (33:30-33). Sy tong is weer vry.
33:23-29 – Die arrogansie van agtergeblewenes vrywaar hulle nie van oordeel nie
Die boodskapper uit Jerusalem het waarskynlik vir Esegiël ingelig oor die arrogansie van die agtergeblewenes in Juda en Jerusalem wat nou die land vir hulleself opgeëis het sonder om die Here se voorskrifte daarvoor in ag te neem. Die Here neem egter nie daarmee genoeë nie en oordeel hulle vir hulle grypsug. ‘n Beroep op Abraham sal hulle niks baat nie. Dit is in wese ‘n vergryp aan God se beloftes self. Dít sal Hy nooit duld nie.
33:30-33 – Om te hoor sonder om te doen, is skynheilig
Insgelyks spreek Esegiël die situasie in ballingskap aan. Die feit dat sy woorde duidelik waar geword het met die val van Jerusalem het Esegiël ‘n soort van “celebrity” gemaak. Almal het oor hom gepraat en na hom kom luister. Die probleem is net, baie het dit op skynheilige wyse gedoen, vir hulle eie selfsugtige redes. Hulle het gehoor wat hy sê sonder om te doen wat hy sê. Hulle harte het dus nie só tot bekering gekom dat dit hulle doen en late beïnvloed het nie: “Hulle hoor wat jy sê maar hulle doen nie wat jy sê nie.”
Hulle was dus net gefokus op Esegiël se status en sêgoed in terme van dit wat dit vir hulle kon beteken: “Hulle is net uit op wins vir hulleself.” Daarmee sou die Here egter nooit tevrede kon wees nie. Sonder ware bekering wat in gehoorsaamheid uitdrukking vind, sou hulle verhouding met God nooit op ‘n vaste grondslag geplaas kon word nie.
Boodskap
Dit bly ontstellend hoe mense se grypsug en selfsug hulle kan beroof van wat Peterson noem: “cultivating life-nourishing ways”. Die agtergeblewenes misbruik hulle meerderheid posisie in die land en vergryp hulle aan ander se besittings. Die ballinge misbruik hulle ontwortelde posisie in ballingskap en assosieer hulle met Esegiël en geniet die status wat dít bied, sonder om te doen wat hy sê.
Die Here word egter nie deur oppervlakkigheid geflous nie. Hy haat grypsug en selfsug en sal dit nooit goedkeur nie. Hy wil juis hê dat mense hulle van sulke optredes bekeer. Anders sal hulle steeds die prys daarvoor betaal.
View all posts in this series
- Bybelskool 2de kwartaal 2015: ESEGIËL - Apr 10, 2015
- Inleiding op Esegiël - Apr 13, 2015
- Esegiël 1-3 – Esegiël se roeping en opdrag – 593 v.C. - Apr 16, 2015
- Esegiël 4-5 – Die beleg en val van Jerusalem - Apr 21, 2015
- Esegiël 6 – Die oorlog teen die “Berge van Israel” - Apr 23, 2015
- Esegiël 7 – Die einde kom vir die land - Apr 24, 2015
- Esegiël 8-11 – Die ballingskap is naby vir die land. God se teenwoordigheid verlaat hulle – 592 v.C. - Apr 27, 2015
- Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur - May 1, 2015
- Esegiël 13 – ‘n Woord teen die profete - May 4, 2015
- Esegiël 14 – ‘n Woord teen die leiers – selfs voorbidders sal julle nie help nie - May 5, 2015
- Esegiël 15 – Jerusalem sal soos ‘n wingerdstok verbrand word - May 6, 2015
- Esegiël 16 – Jerusalem sal aan die mag van haar minnaars oorgegee word - May 11, 2015
- Esegiël 17 – Twee gelykenisse wat die hede interpreteer en die toekoms oopsluit - May 12, 2015
- Esegiël 18 – God seën mense wat persoonlik verantwoordelikheid neem - May 15, 2015
- Esegiël 19 – Twee treurliedere oor die konings van Israel - May 16, 2015
- Esegiël 20:1-44 – ‘n Woord teen die leiers oor die verset teen die verbond – 591 v.C. - May 23, 2015
- Esegiël 20:45-21:27 – Die koning van Babel kom - May 25, 2015
- Esegiël 21:28-32 – ‘n Woord teen die Ammoniete
- Esegiël 22 – “Hulle maak of Ek nie daar is nie”! - May 28, 2015
- Esegiël 23 – Ohola en Oholiba, die twee susters Samaria en Jerusalem het dieselfde pad geloop - May 30, 2015
- Esegiël 24 – Ellende wag vir die stad, sowel as vir Esegiël – 588 v.C. - Jun 1, 2015
- Esegiël 25 – ‘n Woord teen die Ammoniete, Moabiete, Edomiete en Filistyne - Jun 2, 2015
- Esegiël 26:1-28:24 – ‘n Woord teen Tirus en Sidon – 586 v.C. - Jun 9, 2015
- Esegiël 28:25-26 – ‘n Woord vir Israel
- Esegiël 29-32 – Sewe woorde teen Egipte – 587, 571, 587, en 585 v.C.
- Hier is die skakels na die vorige twee bydraes
- Esegiël 33:1-20 – God soek bekering nie die dood nie - Jun 20, 2015
- Esegiël 33:21-33 – Grypsug en selfsug word geoordeel - Jun 21, 2015
- Esegiël 34 – Die Here oordeel die herders van Israel en word self hulle Herder - Jul 28, 2015
- Esegiël 35-36:15 – ‘n Woord teen Edom en die herstel van die “Berge van Israel” - Jul 29, 2015
- Esegiël 36:16-38 – Ek herstel julle ter wille van Myself - Jul 30, 2015
- Esegiël 37 – Ek herstel julle as my herenigde volk in die land Israel - Aug 10, 2015
- Esegiël 38-39 – God vernietig Gog, simbool van al die vyande van die Godsvolk - Aug 11, 2015
- Esegiël 40-48 – INLEIDING: God se teenwoordigheid in die tempel en land word herstel - Aug 12, 2015
- Esegiël 40-42 – God skep ‘n tempel vir sy terugkeer na die land – 573 v.C. - Aug 13, 2015
- Esegiël 43-44 – God se magtige teenwoordigheid neem intrek in die tempel - Aug 17, 2015
- Esegiël 45-46 – God herstel die land, regeerders, offers, feeste en grondbesit - Aug 18, 2015
- Esegiël 47-48 – God verdeel die land regverdiglik en gee lewe vanuit die heiligdom vir die hele land - Aug 19, 2015