Skip to main content

Esegiël 33:21-33 – Grypsug en selfsug word geoordeel

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Dit neem ses maande vir die nuus van die val van Jerusalem om by Esegiël en die ander ballinge uit te kom.  Uiteindelik op Woensdag 9 Januarie 585 v.C. kom iemand wat die tragedie in Jerusalem ontsnap het daar aan en vertel vir hom dat dít wat Esegiël voorspel het, inderdaad gebeur het.  Jerusalem is op Woensdag 18 Julie 586 v.C. ingeneem, ses maande tevore.

Onthou dit was in die jare voor TV en selfone, ook voor die tyd van die radio, en die Kedarrivier was 800 km te voet van Jerusalem af!  Esra het ‘n paar eeue later vier maande geneem vir dieselfde reis (Esra 7:9).

Dit ontlok twee kort profesieë by Esegiël, die een gerig aan die grypsugtige agtergeblewenes in Jerusalem en Juda (33:23-29), die ander gerig aan die selfsugtige ballinge in Babel (33:30-33).  Sy tong is weer vry.

33:23-29 – Die arrogansie van agtergeblewenes vrywaar hulle nie van oordeel nie

Die boodskapper uit Jerusalem het waarskynlik vir Esegiël ingelig oor die arrogansie van die agtergeblewenes in Juda en Jerusalem wat nou die land vir hulleself opgeëis het sonder om die Here se voorskrifte daarvoor in ag te neem.  Die Here neem egter nie daarmee genoeë nie en oordeel hulle vir hulle grypsug.  ‘n Beroep op Abraham sal hulle niks baat nie.  Dit is in wese ‘n vergryp aan God se beloftes self.  Dít sal Hy nooit duld nie.

33:30-33 – Om te hoor sonder om te doen, is skynheilig

Insgelyks spreek Esegiël die situasie in ballingskap aan.  Die feit dat sy woorde duidelik waar geword het met die val van Jerusalem het Esegiël ‘n soort van “celebrity” gemaak.  Almal het oor hom gepraat en na hom kom luister.  Die probleem is net, baie het dit op skynheilige wyse gedoen, vir hulle eie selfsugtige redes.  Hulle het gehoor wat hy sê sonder om te doen wat hy sê.  Hulle harte het dus nie só tot bekering gekom dat dit hulle doen en late beïnvloed het nie: “Hulle hoor wat jy sê maar hulle doen nie wat jy sê nie.

Hulle was dus net gefokus op Esegiël se status en sêgoed in terme van dit wat dit vir hulle kon beteken: “Hulle is net uit op wins vir hulleself.”  Daarmee sou die Here egter nooit tevrede kon wees nie. Sonder ware bekering wat in gehoorsaamheid uitdrukking vind, sou hulle verhouding met God nooit op ‘n vaste grondslag geplaas kon word nie.

Boodskap

Dit bly ontstellend hoe mense se grypsug en selfsug hulle kan beroof van wat Peterson noem: “cultivating life-nourishing ways”.  Die agtergeblewenes misbruik hulle meerderheid posisie in die land en vergryp hulle aan ander se besittings.  Die ballinge misbruik hulle ontwortelde posisie in ballingskap en assosieer hulle met Esegiël en geniet die status wat dít bied, sonder om te doen wat hy sê.

Die Here word egter nie deur oppervlakkigheid geflous nie.  Hy haat grypsug en selfsug en sal dit nooit goedkeur nie.  Hy wil juis hê dat mense hulle van sulke optredes bekeer.  Anders sal hulle steeds die prys daarvoor betaal.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Esegiël


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.