Skip to main content

Esegiël 45-46 – God herstel die land, regeerders, offers, feeste en grondbesit

land-verdeling
Grafika met erkenning aan http://www.gutenberg.org

Waar die vorige vier hoofstukke (40-44) gefokus het op die tempel en die wyse waarop dit die hele lewe gaan struktureer, fokus die volgende vier hoofstukke op die land en die wyse waarop die geloofsgemeenskap nie net op ‘n regverdige wyse baat sal vind by die verdeling daarvan nie, maar veral ook sal deel in lewe wat God vir hulle in die hele grondgebied vanuit die tempel sal gee (45-48).  Soos Allen sê: “If chaps. 40–48 begin with theological architecture, they end with theological geography.” (Word).

Esegiël fokus op ses goed:

  • 45:1-8 Die verdeling van die land word vanuit die sentrale belang van die heiligdom gedoen. ‘n Stuk grond van 120 km2 word gereserveer in die middel van die land vir die heiligdom van die Here sowel as ‘n gewyde gebied vir die priesters en Leviete waar hulle kan bly.  Die regeerder se grond is aan weerskante daarvan geleë van die wesgrens teen die see tot by die oosgrens aan die Jordaan.  Let op hoe dit ‘n gelyke deel is as die grondgebied van die ander stamme (hfst. 47-48) en dat die erfreg nie na iemand anders kan gaan nie (46:16-18).  Die regeerder mag nie grond gebruik om mense te beloon sodat sy eie mense daardeur benadeel kan word nie.  Dit voorkom korrupsie en uitbuiting sowel as onderlinge kompetisie.  Die grond van die gewone burgers kan ook op geen manier deur die regeerders afgevat word nie. ‘n Mens hoor hier die verhaal van Nabot weerklink!
  • 45:9-12 – Die regeerders word vermaan om geweld en verdrukking te laat staan en reg te laat geskied in die gemeenskap sowel as om self reg te doen. Dit sluit in dat hulle moet sorg dat die regte maatstawwe in die ekonomie gebruik word.
  • 45:13-17 – Die offergawes moet aan die regeerders gegee word om dit namens hulle tydens die groot feestye, die nuwemaansfeeste en op die sabbatte vir versoening aan te bied. Hierdie offergawes is van ‘n baie kleiner omvang as in die verlede: 1,7% van die koring en gars, 1% van die olie, en 0,5% van die kleinvee, en net uit die waterryke dele van die land. Al die mense in die land moet hierdie offergawes lewer wat die heiligdom en die bedienaars daarvan in stand kan hou.
  • 45:18-46:15 – Die wyse waarop die offers gebring moet word by die feeste word uitgespel. Die sluit ‘n bul vir die jaarlikse Nuwejaarsreiniging van die heiligdom in, interessant genoeg vir onwetende of onkundige sondes.  Dit sluit die verskillende offers vir die groter feeste in: bv. die paasfees (45:21) en die loofhuttefees (45:24).  Daarby kom ook die gereelde kleiner vieringe: die daaglikse brandoffer, die weeklikse sabbatte, en die maandelikse nuwemaansfeeste.  Daar is ook ruimte vir vrywillige offers.  ‘n Interessante riglyn is die ordelike deurbeweeg van aanbidders van een poort na die teenoorgestelde poort wat opeenhoping en verwarring sou voorkom, sowel as dat die regeerder as ‘n gewone aanbidder gereken sal word op dié dae!
  • 46:16-18 – Die regeerder mag sy grond net binne sy familie laat vererf. Enige grond wat as ‘n guns of beloning vir iemand gegee word, moet uiteindelik weer terugkom na die familie om seker te maak dat daar geen versoeking is tot onregverdige bevoordeling of kompetisie onderling nie.  Die regeerder mag ook nie ander gelowiges se grond afvat nie.
  • 46:19-24 – Die kookplekke vir die priesters en Leviete word aangewys sodat daar ‘n ordelike en gewyde omgang met die onderskeie offers kan wees.

Boodskap

Esegiël se visie is vir ‘n bedeling waar die aanbidding van God die sentrale punt van die gemeenskapslewe sal wees.  Almal dra op ‘n ordelike en bekostigbare wyse daartoe by.  Almal deel op ‘n regverdige wyse in die voordele daarvan.  Die geestelike lewe baat dus by die gawes van die gewone lewe.  Die gewone lewe baat by die gawes van die geestelike lewe.

God seën dus sy mense sodat hulle self ook tot ‘n seën kan wees.  En die wonder gebeur dat uit die oorvloed waarmee God hulle seën, kan hulle die ruimte in stand hou vanwaar God se teenwoordigheid regdeur die lewe ‘n impak kan maak.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Esegiël


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms