Esegiël 45-46 – God herstel die land, regeerders, offers, feeste en grondbesit

land-verdeling
Grafika met erkenning aan http://www.gutenberg.org

Waar die vorige vier hoofstukke (40-44) gefokus het op die tempel en die wyse waarop dit die hele lewe gaan struktureer, fokus die volgende vier hoofstukke op die land en die wyse waarop die geloofsgemeenskap nie net op ‘n regverdige wyse baat sal vind by die verdeling daarvan nie, maar veral ook sal deel in lewe wat God vir hulle in die hele grondgebied vanuit die tempel sal gee (45-48).  Soos Allen sê: “If chaps. 40–48 begin with theological architecture, they end with theological geography.” (Word).

Esegiël fokus op ses goed:

  • 45:1-8 Die verdeling van die land word vanuit die sentrale belang van die heiligdom gedoen. ‘n Stuk grond van 120 km2 word gereserveer in die middel van die land vir die heiligdom van die Here sowel as ‘n gewyde gebied vir die priesters en Leviete waar hulle kan bly.  Die regeerder se grond is aan weerskante daarvan geleë van die wesgrens teen die see tot by die oosgrens aan die Jordaan.  Let op hoe dit ‘n gelyke deel is as die grondgebied van die ander stamme (hfst. 47-48) en dat die erfreg nie na iemand anders kan gaan nie (46:16-18).  Die regeerder mag nie grond gebruik om mense te beloon sodat sy eie mense daardeur benadeel kan word nie.  Dit voorkom korrupsie en uitbuiting sowel as onderlinge kompetisie.  Die grond van die gewone burgers kan ook op geen manier deur die regeerders afgevat word nie. ‘n Mens hoor hier die verhaal van Nabot weerklink!
  • 45:9-12 – Die regeerders word vermaan om geweld en verdrukking te laat staan en reg te laat geskied in die gemeenskap sowel as om self reg te doen. Dit sluit in dat hulle moet sorg dat die regte maatstawwe in die ekonomie gebruik word.
  • 45:13-17 – Die offergawes moet aan die regeerders gegee word om dit namens hulle tydens die groot feestye, die nuwemaansfeeste en op die sabbatte vir versoening aan te bied. Hierdie offergawes is van ‘n baie kleiner omvang as in die verlede: 1,7% van die koring en gars, 1% van die olie, en 0,5% van die kleinvee, en net uit die waterryke dele van die land. Al die mense in die land moet hierdie offergawes lewer wat die heiligdom en die bedienaars daarvan in stand kan hou.
  • 45:18-46:15 – Die wyse waarop die offers gebring moet word by die feeste word uitgespel. Die sluit ‘n bul vir die jaarlikse Nuwejaarsreiniging van die heiligdom in, interessant genoeg vir onwetende of onkundige sondes.  Dit sluit die verskillende offers vir die groter feeste in: bv. die paasfees (45:21) en die loofhuttefees (45:24).  Daarby kom ook die gereelde kleiner vieringe: die daaglikse brandoffer, die weeklikse sabbatte, en die maandelikse nuwemaansfeeste.  Daar is ook ruimte vir vrywillige offers.  ‘n Interessante riglyn is die ordelike deurbeweeg van aanbidders van een poort na die teenoorgestelde poort wat opeenhoping en verwarring sou voorkom, sowel as dat die regeerder as ‘n gewone aanbidder gereken sal word op dié dae!
  • 46:16-18 – Die regeerder mag sy grond net binne sy familie laat vererf. Enige grond wat as ‘n guns of beloning vir iemand gegee word, moet uiteindelik weer terugkom na die familie om seker te maak dat daar geen versoeking is tot onregverdige bevoordeling of kompetisie onderling nie.  Die regeerder mag ook nie ander gelowiges se grond afvat nie.
  • 46:19-24 – Die kookplekke vir die priesters en Leviete word aangewys sodat daar ‘n ordelike en gewyde omgang met die onderskeie offers kan wees.

Boodskap

Esegiël se visie is vir ‘n bedeling waar die aanbidding van God die sentrale punt van die gemeenskapslewe sal wees.  Almal dra op ‘n ordelike en bekostigbare wyse daartoe by.  Almal deel op ‘n regverdige wyse in die voordele daarvan.  Die geestelike lewe baat dus by die gawes van die gewone lewe.  Die gewone lewe baat by die gawes van die geestelike lewe.

God seën dus sy mense sodat hulle self ook tot ‘n seën kan wees.  En die wonder gebeur dat uit die oorvloed waarmee God hulle seën, kan hulle die ruimte in stand hou vanwaar God se teenwoordigheid regdeur die lewe ‘n impak kan maak.

View all posts in this series

Esegiël


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Jonel van Rooyen

    Goeie naand,
    Baie dankie vir al die ongelooflike hulpbronne op die webwerf.
    Ek het vandag Esegiel afgelaai maar ongelukkig is daar van die skakels wat nie wil werk vir die .doc dokumente nie.
    Ek het gevind dat die volgende wel werk op .pdf maar nie op .doc nie:
    Esegiel 23
    Esegiel 24
    Esegiel 25
    Esegiel 29-32
    Esegiel 38-39
    Esegiel 45-46

    Is dit moontlik om die .doc skakels te herstel?

    Vriendelike groete
    Jonel

    • Hi – ek sien die plugin sit by daardie bydraes ‘n *.dot uitgang by. Verander net die *.dot na *.doc dan sal dit reg oopmaak as ‘n Word file. Dit is ‘n fout in die plugin wat ek nie kan regmaak nie. Jammer.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: