Skip to main content

Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur

http://www.prophetasartist.com/about-the-artist/
http://www.prophetasartist.com/about-the-artist/

Die boodskap van hierdie hoofstuk is opgebou rondom die opdrag aan Egesiël om ‘n teken van ballingskap vir die volk te word. Dit behels twee aksies:

  • Die eerste aksie is Esegiël se dramatiese uitbeelding van die naderende ballingskap (12:1-7). “Miskien sien hulle dit raak …” Die Here het steeds die hoop dat die volk sal luister, hoewel Hy besef hulle is ‘n weerbarstige volk.
  • Die tweede aksie is Esegiël wat sy kos al bewende eet en sy water met ontsteltenis en kommer drink asof hy in balingskap is (12:17-20). Die teken onderstreep die rede vir die ballingskap. God straf hulle weens hulle gewelddadigheid teenoor mekaar.

Daaraan word drie verklarende woorde van die Here gekoppel wat die onafwendbare nabyheid van die ballingskap uitspel. Die ballingskap gaan NOU gebeur. Dit is aan drie gehore gerig:

  • Aan Sedekia en Jerusalem waarin hulle lotgevalle uitgespel word, dinge wat op ontstellende wyse presies só gebeur het (12:8-16),
  • aan die ballinge om die stelligheid van wat gaan gebeur te onderstreep, waarskynlik spesifiek gerig aan die valse profete met hulle “gladde waarsêerpraatjies” wat sy boodskap as wensdenkery afgemaak het (12:21-25) en,
  • aan dié in Jerusalem wat gedink het dat sy boodskap net op ‘n verre toekoms dui (12:26-28). Dit Here se boodskap aan hulle is egter duidelik: “Niks van wat Ek gesê het, sal meer uitgestel word nie.

12:1-7 – Esegiël gaan simbolies in ballingskap

Egesiël kry die opdrag om ‘n teken van ballingskap vir die volk te word. Die eerste aksie wat dit illustreer, is Esegiël se dramatiese uitbeelding van die naderende ballingskap waar sy mede-ballinge dit kan sien. Hy neem die goed wat hy sou saamneem as hy in ballingskap sou gaan, breek ‘n gat in die muur en vertrek in die donker. Hy maak sy gesig toe sodat hy die land nie kan sien nie.

Dit is natuurlik ietwat ironies, want Esegiël is reeds in ballingskap. Die punt van die aksie is egter om die ballingskap visueel te illustreer sodat mense daaroor kan gesels en die boodskap duideliker by hulle aankom. Die gestrooptheid van besittings, die geweld van die ballingskap en die donkerte wat neersak op die ballinge word daarmee treffend onderstreep.

Hulle moet jou dit kan sien doen. Miskien sien hulle dit raak …”, sê die Here. Hy het dus steeds die hoop, al is dit vinnig besig om te verdwyn dat die volk sal luister. Die Here weet egter hulle is ‘n weerbarstige volk. Selfs dié wat reeds in ballingskap is, luister nie eers na Hom nie. Hoeveel te meer sal dit nie waar wees van die mense wat nog in Jerusalem is nie.

12:8-16 – Esegiël verkondig aan koning Sedekia en Jerusalem hoe die ballingskap hulle gaan raak

Hierdie simboliese aksie is direk gerig aan die koning in Jerusalem – let op hoe Esegiël hom nie by name noem nie! – en die res van die bevolking van Jerusalem. Esegiël spel vir hulle presies uit wat met hulle gaan gebeur, dinge wat op ontstellende wyse presies só gebeur het, soos ons in 2 Kronieke 36, 2 Konings 25 en Jeremia 52 lees.

Koning Sedekia se naam was eintlik Mattanja, ‘n naam wat Nebukadnesar aan hom gegee het om sy onderdanigheid aan Babel te onderstreep. Sedekia se gebrek aan vertroue op die Here en sy weerbarstige verset teen Babel, selfs al is die skrif teen hierdie tyd al so duidelik aan die muur, staan uit in die Bybelse verhale oor hom. Hy betaal daarvoor die prys om nie net in ballingskap weggevoer te word nie, maar ook die vernedering te moet ondergaan dat sy kinders voor sy oë geslag word. Soos Esegiël hier voorspel: “hy sal dit nie sien nie en sal daar sterf”, word sý oë daarna uitgesteek en is hy oneer in ballingskap in Babel dood. ’n Grillerige gru-verhaal!

Let op dat die Here steeds die verhouding met sy volk wil herstel. Hy wil hê dat hulle Hom as Here sal herken en erken. Daarom beloof Hy dat daar ‘n paar van hulle sal oorbly. Hy wil selfs hê dat in hierdie hele proses die nasies Hom sal leer ken, deurdat die ballinge hulle stories vir die nasies sal vertel. God se oordeel het die herstel van die Godsbewussyn en Godsverhouding ten doel, hoewel dit uiteraard nie altyd gebeur nie.

12:17-20 – Esegiël illustreer simbolies die toestande van die ballingskap

Die tweede simboliese aksie is dat Esegiël die opdrag kry om sy kos al bewende te eet en sy water met ontsteltenis en kommer te drink asof hy in ballingskap is. Daarmee gee die Here ‘n boodskap van ontbering aan die volk deur. In die proses onderstreep Hy die rede vir die ballingskap. God straf hulle weens hulle gewelddadigheid teenoor mekaar. Maar, weereens, Hy wil hulle tot ‘n bewussyn van Homself beweeg, sodat daar vir hulle ‘n toekoms van hoop kan aanbreek.

12:21-25 – Esegiël bestry die “gladde waarsêerpraatjies” dat die ballingskap uitgestel is

Die Here sluit af met twee verdere woorde wat die heersende gedagterigtings onder die ballinge sowel as dié wat nog in Jerusalem is, aanspreek. Die eerste woord is gerig aan die ballinge om die stelligheid van wat gaan gebeur, te onderstreep. Dit is waarskynlik spesifiek gerig aan valse profete in Babel wat met hulle “gladde waarsêerpraatjies” Esegiël se boodskap as wensdenkery afgemaak het. Die Here sê egter: “Die tyd kom vinnig nader en so ook die vervulling van elke gesig.

12:26-28 – Esegiël verkondig die onafwendbare nabyheid van die ballingskap

Die tweede woord is gerig aan dié in Jerusalem wat gedink het dat Esegiël se boodskap net op ‘n verre toekoms dui. Dit gaan hulle nie tref nie. Die Here se boodskap aan hulle is egter duidelik: “Niks van wat Ek gesê het, sal meer uitgestel word nie.” En ses jaar later het dit inderdaad gebeur.

Boodskap

Wat my tref vandag is die hoop wat die Here selfs in die ontplooiing van sy oordeel koester dat mense eerder tot insig en bekering sal kom. Soos Petrus eeue later sou sê: “Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.” (2 Pet. 3:9).

Esegiël praat – soos Jesus dit self veel later doen – in beeldende taal, meer nog in simboliese handelinge, om die volk van die dwase pad wat hulle ingeslaan het, terug te laat kom. Hy voer sy roeping en opdrag met groot passie en oortuiging uit – terwyl die volk in ‘n sekere sin ook getrou bly, maar aan die dwaasheid van hulle ongehoorsaamheid aan God, selfs in ballingskap!

Dit is egter daarom ook so dat die dag van die Here “so onverwags soos ‘n dief” (2 Pet. 3:10) sal kom. Waar mense kies om dit te ignoreer, die waarskuwings wat die Here gee eerder in die wind te slaan, dáár wag groot ontsteltenis en leed.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Esegiël


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!