Esegiël 28:25-26 – ‘n Woord vir Israel

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Aan die boodskap van oordeel vir Tirus en Sidon in hoofstukke 26-28 word ‘n boodskap van hoop vir Israel gekoppel.  Dit antisipeer die volgende fase van Esegiël se boodskap van heil wat in die tweede helfte van sy boek aan die orde sal kom.

Die hoop vir Israel bly stewig gevestig op God se ingrype, nie op hulle eie meriete nie: “Wanneer Ek Israel bymekaarmaak onder die volke uit waar hulle verstrooi is en Ek hulle voor die oë van die nasies laat besef dat Ek die heilige God is, sal Israel weer kom woon in die land wat Ek aan my dienaar Jakob gegee het. Hulle sal veilig in die land woon, huise bou en wingerde plant. Hulle sal veilig woon wanneer Ek al die buurvolke gestraf het wat vir Israel met soveel minagting behandel het. Israel sal besef dat Ek die Here hulle God is.

View all posts in this series

Esegiël


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: