Mike Buesking – Ezekiel Symbolizes the Exile – Oil on canvas – http://www.prophetasartist.com/about-the-artist/ – with permission
As jy alles verloor het, of op moedverloor se vlakte sit, is dit wonderlik om die boek Esegiël te lees. Hoekom? Want hy paai ‘n mens nie met goedkoop troos nie. Hy is trouens vlymskerm in sy eerlike analise oor wat verkeerd is. Hy praat kaalkop God se waarheid. Dit help immers nie om ander te blameer vir foute in jou eie lewe nie. Jy moet self begin om die Here te dien. Dít is daarom egter ware troos. Dán hoor ‘n mens sy boodskap van hoop as iets wat ook jou sal insluit: “‘Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe … Ek het dit gesê en Ek sal dit doen,’ sê die Here.” (37:14). Skryf gratis in by bybelskool.com om my bydraes van 15 April af per e-pos te ontvang. Woon die gesprekke Woensdagaande by, selfs al wil jy net luister. Eerste byeenkoms 15 April 18:00-19:00 in die konsistorie.
Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.
I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.
Ek geniet die stukke baie, al kry ek nie die tyd om elke dag die hele stuk te bestudeer nie. My persoonlike bybelstudie het ook voordeel getrek hieruit.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Rudi Smith
Ek geniet die stukke baie, al kry ek nie die tyd om elke dag die hele stuk te bestudeer nie. My persoonlike bybelstudie het ook voordeel getrek hieruit.