Mike Buesking – Ezekiel Symbolizes the Exile – Oil on canvas – http://www.prophetasartist.com/about-the-artist/ – with permission
As jy alles verloor het, of op moedverloor se vlakte sit, is dit wonderlik om die boek Esegiël te lees. Hoekom? Want hy paai ‘n mens nie met goedkoop troos nie. Hy is trouens vlymskerm in sy eerlike analise oor wat verkeerd is. Hy praat kaalkop God se waarheid. Dit help immers nie om ander te blameer vir foute in jou eie lewe nie. Jy moet self begin om die Here te dien. Dít is daarom egter ware troos. Dán hoor ‘n mens sy boodskap van hoop as iets wat ook jou sal insluit: “‘Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe … Ek het dit gesê en Ek sal dit doen,’ sê die Here.” (37:14). Skryf gratis in by bybelskool.com om my bydraes van 15 April af per e-pos te ontvang. Woon die gesprekke Woensdagaande by, selfs al wil jy net luister. Eerste byeenkoms 15 April 18:00-19:00 in die konsistorie.
Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.
I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.
Ek geniet die stukke baie, al kry ek nie die tyd om elke dag die hele stuk te bestudeer nie. My persoonlike bybelstudie het ook voordeel getrek hieruit.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Rudi Smith
Ek geniet die stukke baie, al kry ek nie die tyd om elke dag die hele stuk te bestudeer nie. My persoonlike bybelstudie het ook voordeel getrek hieruit.