Skip to main content

Esegiël 7 – Die einde kom vir die land

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

In opvolg van hfst. 6 se uitspel van die implikasie van die vyf simboliese handelinge van hfst. 4-5 word in hfst. 7 verder daarop uitgebrei in meer digterlike taal. Waar in hfst. 6 die “Berge van Israel” aangespreek is, word hier op soortgelyke wyse die “land Israel” aangespreek en gefokus op die verwoesting wat dwarsoor die land die inwoners van die land sal tref, maar met spesiale verwysing na die verwoesting van die stad Jerusalem en die heiligdom.

Waar in hfst. 6 veral die ongehoorsaamheid in aanbidding – die plekke van aanbidding sowel as die persone in aanbidding – aangespreek is, fokus Esegiël hier ook op die magsmisbruik in die land. Die probleem is: “Soos die mag toegeneem het, het die eiegeregtigheid ook toegeneem.” (7:10b). Interessant genoeg gaan die opstand téén die magsmisbruik nie kom van die kant van die inwoners van die land nie: “nie deur hulle verset, hulle protes nie, nie deur ‘n klag van hulle kant nie”, maar van die toorn van die Here wat op almal in die land rus. (7:11).

Omdat die volk die onreg stilswyend aanvaar, en boonop ook nog daaraan meedoen deur nie die magteloses by te staan nie, dáárom sal die Here hulle nie verskoon nie, hulle nie jammer kry nie, en die straf van die ballingskap oor hulle laat kom: “Die dag is hier, dit kom, die ergste gaan gebeur.” (7:10a).

Die ekonomie sal dit ontgeld, kopers en verkopers tegelyk. Silwer en goud sal nutteloos wees en niemand kan red nie (7:19a). Trouens: “Dit is juis hulle silwer en goud wat hulle in sonde laat verval het: hulle was so trots op hulle versiersels, so ingenome daaroor, dat hulle daarvan vir hulle gode gemaak het, afskuwelike, walglike goed. Dit is waarom Ek hulle goud en silwer nutteloos laat word.” (7:19b). Hulle voorspoed het hulle dus in afgodery laat beland. Hoe tragies.

Die gemeenskap sal dit dus op hartverskeurende wyse ontgeld, binne die stad sowel as daarbuite: “Oorlog buite, pes en hongersnood binne.” (7:15). Let op die beskrywings van die verskrikking waarin hulle sal verkeer.

  • Hulle sal: “soos die duiwe in die valleie saam sit en kla, elkeen oor sy sonde.” (7:16). ‘n Mens sal nou nooit weer na die gekoer van duiwe kan luister, sonder om dié tragiese teks te onthou nie!
  • Al die hande sal slap hang, daar sal water teen al die knieë afloop.” Geen verduideliking is nodig vir dié beskrywing nie!

Almal sal verslae wees en in rou gedompel weens die ramp wat hulle gaan tref. En ons weet dat die groot beleëring van Jerusalem nou net 5 jaar in die toekoms gelê het, en dat die groot wegvoering in ballingskap 2 jaar later plaasgevind het.

Die ergste is dat die Here hier agter sal wees en Hom van hulle sal afskei: “Ek sal maak of Ek niks sien nie.” (7:22). Die tempel sal ontwy en vernietig word, soos dit inderdaad ook met die inwoners van die land sal gebeur. Dit alles omdat niemand in opstand gekom het oor die land se regters wat moordenaars is, en die stad wat vol geweld geword het (7:23). Die Here laat daarom “die slegste nasies” teen hulle optrek om ‘n: “end (te maak) aan die hoogmoed van mense met mag.” (7:24).

Dié afskeiding van die Here sal op onstellende wyse sigbaar raak in die afwesigheid van openbarings aan die profete, gebrek aan leiding van die priesters, en die stilword van die raad van die oumense. Dié mense wat leiding moes neem, sal stil raak weens hulle eie angs oor die Here se oordeel wat in werking kom (7:26-27a).

Die enigste sprankie hoop is dat dié oordeel gemik is daarop dat mense deur die oordeel sal besef dat God die Here is … (7:27b).

Boodskap

Esegiël se beskrywing van die magsmisbruik in die land deur die owerhede sal vir baie van ons bekend voorkom. Wat vir ons miskien vreemd sal wees, is dat hy jammer is oor die feit dat die volk nie daaroor gekla het nie, nie hulle daarteen verset het of hulle protes daarteen laat hoor het nie (7:10-11). Ons aanvaar net te maklik die status quo – soos Israel – en neem nie die verantwoordelikheid op ons om ‘n verskil te maak ook op owerheidsvlak nie – plaaslik en nasionaal.

Sulke verset speel ‘n belangrike rol in die verandering wat God bring. Mense wat opstaan vir wat reg is – nie net vir hulleself nie, maar vir ander wat onder die magsmisbruik en onreg ly, en ter wille van die saak van die Here: sodat hulle kan “besef dat Ek die Here is” (7:27). Verset is ‘n belangrike deel van die proses van verandering in die gemeenskap. Dit kon selfs moontlik hier die toorn van die Here afgewend het, as genoeg mense in Juda en Jerusalem vir die reg opgekom het, en sélf die regte dinge gedoen het.

Stilbly wanneer onreg gedy, maak dat jy later geen vrymoedigheid sal hê om enigiets te sê nie.

Waar mense egter sélf met liefde en trou en nie met magsmisbruik lewe nie, en sélf die Here met alles in hulle dien en nie skroom om dié wat in magsposisies sit aan te spreek en aan God se standaarde te hou nie, dáar kan verandering kom.

Ons het die dure plig om ons stem te laat hoor, om die waarheid te verkondig aan dié in magsposisies, terwyl ons self die regte dinge doen, en daadwerklik optree om dié wat onder die onreg ly, met raad en daad by te staan.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Esegiël


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders