Skip to main content

Esegiël 22 – “Hulle maak of Ek nie daar is nie”!

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Die fokus skuif terug na Jerusalem en die naderende ballingskap. Esegiël formuleer die boodskap in drie punte, telkens ingelei met die frase: “Die woord van die Here het tot my gekom.” (22:1, 17, 23).

  • In die eerste deel brei Esegiël uit oor ‘n hele aantal van die redes vir die ballingskap – 22:1-16. “Hulle maak of Ek nie daar is nie.”!
  • In die tweede deel gebruik hy die metafoor van ‘n smeltoond om God se houding teenoor hulle as een van oordeel te tipeer – 22:17-22.
  • In die derde deel word die gevolge van God se oordeel uitgespel. Dit is daarom hul verdiende loon – 22:23-31.

22:1-16 – “Hulle maak of Ek nie daar is nie”!

Jerusalem word die stad van bloedvergieting genoem weens die afskuwelike dade wat daarin gepleeg is. Let op hoe baie keer die woord “bloed” eksplisiet en selfs implisiet (menstruasie) in die gedeelte gebruik word. Dit dui op die sosiale geweld en mishandeling wat veral die weerloses getref het. Gekoppel aan hulle afgodery het hulle God se wet dus beide in terme van hulle verbintenis aan God en hulle verbintenis aan hulle naaste oortree. Dit is dié dinge wat hulle oordeel verhaas het.

Die koning en die gewone mense het saamgespan teen God en hulle naaste. Let op hoe Esegiël uitwys dat hulle nie net die vreemdeling, wese en weduwees verdruk en mishandel het nie, maar dat selfs kinders hulle ouers verag het. Godsdienstige misdrywe is aangevul met sosiale en seksuele misdrywe wat op ‘n grootskaalse gemors in die gemeenskap uitgeloop het. Dieselfde het op regsgebied gebeur met omkopery, bedrog en woekerwins. Kortom: “Hulle maak of Ek nie daar is nie”!

Op die oog af kom die mense selfversekerd voor in hulle argelose afvalligheid. Maar, sê die Here, dít sal van korte duur wees. Hulle einde kom verseker en dit sal vinnig wees.

22:17-22 – God maak hulle ‘n smeltoond van oordeel

Al die verskillende lae van die samelewing in Jerusalem word nou as’t ware in die smeltoond van God se oordeel gegooi en gesmelt soos ‘n mens dit met verskillende metale – koper, tin, yster, lood, silwer – sou doen.   Die metafoor word egter nie ingespan om as simbool van verfyning of veredeling te dien nie, maar as bevestiging van die sekerheid van die uitwissing deur God se toorn.

22:23-31 – Ek laat julle kry wat julle verdien

Esegiël vervolg met die gevolge van God se toorn vir almal in die land. Dit tref die regeerders en hulle magsmisbruik (vgl. Sef. 3:1-4 vir soortgelyke beskrywings). Dit tref die priesters wat nie God se eer beskerm het nie. Dit tref die amptenare wat wreed is teenoor die gemeenskap. Dit tref die profete wat die volk mislei. Hulle funksioneer immers soos “religious tranquillizers” (Taylor). Dit tref alle burgers wat ander verdruk en beroof. Trouens, alle klasse in die samelewing kom hulle verantwoordelikhede nie na nie. Selfs die land sal dus in die proses verdroog.

Die ontstellende is dat die Here iemand gesoek het: “wat ‘n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie.” (22:30). Almal is dus skuldig – sommige weens hulle eie toedoen, ander weens hulle nalatigheid. God se toorn gaan hulle almal dus tref. “Ek laat hulle kry wat hulle verdien.” (22:31).

Boodskap

Twee aspekte van hierdie driepunt preek van Esegiël staan vir my uit.

Aan die een kant lewe die mense van Jerusalem asof die Here nie daar is nie. Hulle doen presies wat hulle wil, maak nie saak hoe dit ander raak nie. Solank hulle gierigheid en gulsigheid net bevredig kan word. “Hulle maak of Ek nie daar is nie”! Geen wonder dat die oordeel hulle tref nie. Want, God is nie ver van ons af nie. Sy oë is oral. En Hy reageer op wat in die samelewing en die gemeenskap van gelowiges gebeur.

Aan die ander kant soek die Here verniet na iemand om in die bres te tree vir die stad. Iemand wat tussen Hom en die volk sal staan om die situasie te beredder. Maar, daar is niemand nie. Selfs die profete en priesters doen nie hulle werk nie. Jeremia het ‘n alleenstryd gestry in Jerusalem, maar het uiteindelik geen impak op die gemeenskap van sy tyd gehad nie. Sy prediking en beloftes sou eers ná sy dood hulle impak hê (vgl. bv. Daniël 9).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Esegiël


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…