Esegiël 15 – Jerusalem sal soos ‘n wingerdstok verbrand word

Esegiël sluit met dié kort gelykenis aan by ‘n baie bekende tradisie onder die profete, die beskrywing van Israel as die wingerd van die Here: Jesaja 5; Hosea 10; Jeremia 2 (vgl. ook Jakob se verwysing na dié metafoor in sy gebed vir sy nageslag in Gen. 49:22). Die metafoor van Israel as die wingerd van die Here vorm ook die basis van die gebed vir herstel uit ballingskap in Psalm 80.
In teenstelling met die positiewe beskrywing van Israel as die wingerd van die Here, noem die Here hulle egter nou ‘n afgesnyde wingerdhout wat nie beter is as enige ander kreupelhout in die bos nie. Terloops, ‘n kreupelbos bestaan uit laag, deurmekaar groeiende houtagtige struike en bome. Dit is dus ‘n bos wat van baie minder waarde as ‘n aangeplante goedversorgde wingerd is.
Maar as die wingerd afgekap is, deug die wingerdhout vir niks meer as die kreupelhout nie. Net soos kreupelhout deug wingerdhout dan vir niks beter as vuurmaakhout nie. Jy kan dit nie gebruik om iets van te maak of iets aan op te hang nie. Die enigste nut daarvan is om daarmee vuur te maak.
En dít is presies wat die Here nou met die inwoners van Jerusalem gaan doen. Hy gooi hulle soos wingerdhout in die vuur, die vuur van God se toorn, die vuur van God se teenstand. Dit hét al gebeur met die vorige wegvoerings – “hulle kom uit die vuur” – en sal nou wéér gebeur – “maar die vuur sal hulle verteer”. Hulle land sal verlate word, omdat hulle in ballingskap weggevoer sal word. Dán sal hulle besef dat Hy die Here is.
Boodskap
Dié gelykenis stem ‘n mens moedeloos. Hoe kan ‘n wingerd só verword dat dit vir niks beter as ‘n kreupelbos deug nie? Hoe kan die volk van God só afvallig word dat die enigste raad die vuur van ballingskap is? Dit is egter inderdaad wat met die volk in hierdie tyd gebeur het. Skaars 5 jaar later het Jerusalem geval en het ‘n tyd van groot ontwrigting vir hulle aangebreek.
Psalm 80 sluit aan by dié gedagtegang van Esegiël en transformeer die moedeloosheid oor die toestand van die “wingerd van die Here” in ballingskap tot ‘n moedige gebed vir hulle herstel.
Ek het vroeër só daaroor geskryf:
Die Psalmis span die beeld van Israel as wingerdstok in om die Here tot aksie te beweeg, om tog uit die hemel af te kyk (vers 15) en Hom oor Israel, oor sy wingerdstok, te ontferm en weer onder Sy sorg te neem. “Hou in stand wat U met u eie hand geplant het, die wingerdstok wat U vir Uself gekweek het!” (vers 16).
Daarom bid Hy dat die Here Hom nie net oor die heelal sal bekommer nie, maar oor sy mense met wie Hy in ’n intieme verhouding is, Hom oor hulle sal ontferm en weer onder sy sorg sal neem. En hy vra dat die volke wat Israel vernietig het eerder tot niet sal gaan (vers 17). “Dán sal ons nie weer van U af wegdraai nie … dan sal ons u Naam aanroep!” (vers 19).
’n Subtiele boodskap is verskuil in vers 18 wat nie in die 1983 vertaling raakgesien kan word nie. Dit is dat die gebed van die metafoor van wingerdstok skuif om oor ’n individu te praat wat die Here uitgekies het en God tot aksie in beweging moet bring. Die 2014 vertaling help ’n mens om dié subtiel boodskap raak te sien: “Hou tog u hand oor die man aan u regterkant, oor die mensekind wat U vir Uself grootgemaak het.”
Uiteraard bedoel dit hier nog in die eerste plek die volk Israel, maar in die lig van die NT gebeure kan ’n mens nie anders as om iets van die NT vervulling hierin raak te sien nie. Geen wonder dat dié metafoor in die NT nie op die volk van God van toepassing gemaak nie, maar wel op Jesus, die Seun van God, wat die fundamentele verandering wat God in die nuwe bedeling teweegbring – deur self die basis van hulle gemeenskap te word in die God-mens Jesus – uitdruk (Joh. 15:1-8). Die NT dra dus die boodskap dat die hoop vir verandering nie in die herstel van die volk opgesluit lê nie, maar in die redding wat Jesus bring. Iets wat reeds in Psalm 80 op verskuilde manier teruggevind kan word.
Psalm 80 help ons dus om die regte respons op die negatiewe boodskap van Esegiël 15 te gee. Die lewe van die Godsvolk is van God afhanklik en sy sorg is ons enigste hoop. Hy is in staat om die onmoontlike moontlik te maak. In ons inlywing in Christus Jesus, God se ware wingerdstok, is ons heil opgesluit. Waar ons as lote op die ware wingerdstok ingeplant is en in Hom bly (Joh. 15), daar sal ons ervaar dat Hy vir ons op besondere maniere kan en wil sorg.
View all posts in this series
- Bybelskool 2de kwartaal 2015: ESEGIËL - Apr 10, 2015
- Inleiding op Esegiël - Apr 13, 2015
- Esegiël 1-3 – Esegiël se roeping en opdrag – 593 v.C. - Apr 16, 2015
- Esegiël 4-5 – Die beleg en val van Jerusalem - Apr 21, 2015
- Esegiël 6 – Die oorlog teen die “Berge van Israel” - Apr 23, 2015
- Esegiël 7 – Die einde kom vir die land - Apr 24, 2015
- Esegiël 8-11 – Die ballingskap is naby vir die land. God se teenwoordigheid verlaat hulle – 592 v.C. - Apr 27, 2015
- Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur - May 1, 2015
- Esegiël 13 – ‘n Woord teen die profete - May 4, 2015
- Esegiël 14 – ‘n Woord teen die leiers – selfs voorbidders sal julle nie help nie - May 5, 2015
- Esegiël 15 – Jerusalem sal soos ‘n wingerdstok verbrand word - May 6, 2015
- Esegiël 16 – Jerusalem sal aan die mag van haar minnaars oorgegee word - May 11, 2015
- Esegiël 17 – Twee gelykenisse wat die hede interpreteer en die toekoms oopsluit - May 12, 2015
- Esegiël 18 – God seën mense wat persoonlik verantwoordelikheid neem - May 15, 2015
- Esegiël 19 – Twee treurliedere oor die konings van Israel - May 16, 2015
- Esegiël 20:1-44 – ‘n Woord teen die leiers oor die verset teen die verbond – 591 v.C. - May 23, 2015
- Esegiël 20:45-21:27 – Die koning van Babel kom - May 25, 2015
- Esegiël 21:28-32 – ‘n Woord teen die Ammoniete
- Esegiël 22 – “Hulle maak of Ek nie daar is nie”! - May 28, 2015
- Esegiël 23 – Ohola en Oholiba, die twee susters Samaria en Jerusalem het dieselfde pad geloop - May 30, 2015
- Esegiël 24 – Ellende wag vir die stad, sowel as vir Esegiël – 588 v.C. - Jun 1, 2015
- Esegiël 25 – ‘n Woord teen die Ammoniete, Moabiete, Edomiete en Filistyne - Jun 2, 2015
- Esegiël 26:1-28:24 – ‘n Woord teen Tirus en Sidon – 586 v.C. - Jun 9, 2015
- Esegiël 28:25-26 – ‘n Woord vir Israel
- Esegiël 29-32 – Sewe woorde teen Egipte – 587, 571, 587, en 585 v.C.
- Hier is die skakels na die vorige twee bydraes
- Esegiël 33:1-20 – God soek bekering nie die dood nie - Jun 20, 2015
- Esegiël 33:21-33 – Grypsug en selfsug word geoordeel - Jun 21, 2015
- Esegiël 34 – Die Here oordeel die herders van Israel en word self hulle Herder - Jul 28, 2015
- Esegiël 35-36:15 – ‘n Woord teen Edom en die herstel van die “Berge van Israel” - Jul 29, 2015
- Esegiël 36:16-38 – Ek herstel julle ter wille van Myself - Jul 30, 2015
- Esegiël 37 – Ek herstel julle as my herenigde volk in die land Israel - Aug 10, 2015
- Esegiël 38-39 – God vernietig Gog, simbool van al die vyande van die Godsvolk - Aug 11, 2015
- Esegiël 40-48 – INLEIDING: God se teenwoordigheid in die tempel en land word herstel - Aug 12, 2015
- Esegiël 40-42 – God skep ‘n tempel vir sy terugkeer na die land – 573 v.C. - Aug 13, 2015
- Esegiël 43-44 – God se magtige teenwoordigheid neem intrek in die tempel - Aug 17, 2015
- Esegiël 45-46 – God herstel die land, regeerders, offers, feeste en grondbesit - Aug 18, 2015
- Esegiël 47-48 – God verdeel die land regverdiglik en gee lewe vanuit die heiligdom vir die hele land - Aug 19, 2015