Skip to main content

WEEK 3: Johannes 8:12-12:50

Drie feeste vorm die agtergrond vir ons leeswerk van dié week: 1) die Huttefees (7:1-10:21) in die herfs, 2) die fees van die tempelwyding (10:22-42) in die winter, en 3) die laaste Paasfees (11:1-12:50) in die lente, wat ook die agtergrond vir die kruisiging en opstandingsgebeure vorm wat ons volgende week gaan lees.
  • Jesus tree met die Jode in gesprek oor die feit dat Hy die lig vir die wêreld is – 8:12-59.
  • Jesus genees ’n man wat blind gebore is as teken daarvan – 9:1-41.
  • Jesus maak Homself bekend as die Goeie Herder wat sy lewe aflê vir sy skape – 10:1-42.
  • Jesus genees vir Lasarus as teken van sy herderskap en om Homself as die opstanding en die lewe bekend te maak – 11:1-54.
  • Jesus word gesalf vir sy komende lyding en kom daarvoor in Jerusalem aan vir sy laaste paasfees – 11:55-12:50.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Johannes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar