Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
RUS
- Ek ervaar tans ’n nuwe passie vir die lewe – so bietjie vakansie gehou.
- Ek dank die Here daarvoor.
HOOR
- Ek lees hoofstuk 8. Die volgende aspekte tref my daarin:
Interessant genoeg was dit die gebruik aan die begin van die huttefees om kandelare of kerse in dié voorhof aan te steek. Dat Jesus Homself nou as die Lig vir die wêreld bekend maak – iets wat Johannes natuurlik alreeds in sy proloog in hoofstuk 1 oor Jesus gesê het – is baie betekenisvol. Dit laat ’n mens ook dink aan die vuurkolom wat in die woestyn God se teenwoordigheid by die volk was (Eks 13:21).
Jesus gebruik dus die hele tyd relevante en bekende aansluitingspunte om sy boodskap met oortuiging aan die mense te bring, beide uit die skat van die OT, en die feeste waarby Hy teenwoordig was.
En Hy doen dit nie in die geheim nie. Hierdie voorhof was ook baie naby aan die Joodse Raadsaal, met wie se lede Hy nou hierna in gesprek tree. Selfs die Fariseërs word dus by hierdie gesprekke ingesluit. En ’n mens kan sien dat Hy regtig baie moeite gedoen het om hulle te oortuig, al moes hy later erken: “Waarom praat Ek eintlik nog met julle?” (vers 25).
Let op hoe Jesus hier melding maak van Sy Vader se getuienis oor Hom as Gestuurde. Maar dit is iets wat ’n mens nie met “van onder” denke kan verstaan nie. Jy het God se verligting “van bo” nodig wat spesifiek deur die kruisdood van Sy Seun hulle oë sal oopmaak (vers 28).
8:21-30: Die Jode probeer sin maak uit Jesus se woorde, maar kry dit nie reg nie. Hulle misverstaan Hom oor omtrent alles – sy voorspelling van sy “weggaan” word bv deur hulle as selfmoord geïnterpreteer. Jesus vertolk dit as ’n bewys van hulle wêreldsheid. Hulle geestelike oë is blind. Dat daar tussen-in wel mense is wat tot geloof kom (vers 30), val op, om net in die volgende deel te sien, dat dié geloof nie baie standvastig was nie.
8:31-47: Let op hoe Jesus die konsekwensies van geloof uitspel, en dan daarvoor verkwalik word. Dit bewys natuurlik dat die geloof nie baie standvastig is nie, omdat iemand wat aan God behoort, luister na sy woorde, selfs al sny dit diep in ’n mens se lewe in.
Getrouheid aan Jesus se woorde is die uitstaande kenmerk van ’n dissipel van Jesus. Dit sluit die waarheid vir hulle oop, en dié waarheid maak hulle vry. Wie ’n kind van God is, luister na die woorde van God in Jesus – en word natuurlik self ’n ligdraer (Fil 2:14-15).
Die Jode misverstaan ook hierdie woorde van Jesus deur dit op ’n letterlike vlak te interpreteer en nie die geestelike betekenis van Jesus se woorde ter harte te neem nie. Jesus wys egter duidelik vir hulle uit dat hulle gewilligheid om Hom dood te maak, bewys dat Sy woorde nie ingang in hulle vind nie, en dat hulle nie God as Vader het nie. Om die waarheid te sê, hulle kán nie na Jesus luister nie, omdat hulle die duiwel as vader het – in die sin dat hulle doen wat hy doen: hulle praat leuentaal en beplan Sy dood, soos die duiwel dit doen.
8:48-59: Let op hoe die Jode Jesus se woorde omdraai en teen Hom gebruik – Hy is kwansuis nou van die duiwel besete! En let ook op hoe hulle waarskynlik na sy gesprek met die Samaritaanse vrou verwys, om te wil beweer dat Hy self ’n Samaritaan is, en dus van onsuiwer afkoms en godsdiens. Die Samaritane was juis in konflik met die Jode oor die stamvader Abraham, wat hulle ook vir hulleself toegeëien het, iets wat die Jode teen die bors gestuit het. Hulle het hulleself as die enigste ware afstammelinge van Abraham beskou (wat die radikaliteit van Paulus se aanspraak in perspektief plaas, as hy in Gal 3:29 sê dat gelowiges nou ook kinders van Abraham is!).
Jesus troef hulle egter met sy verwysing na sy eerlike soeke na die Vader se eer, en maak ’n verdere openbaring van Homself, dat Hy voordat Abraham gebore was, al was wat Hy is, ’n duidelike toespeling op die uitspraak van God self aan Moses in die woestyn: “Ek is wat Ek is” (Eks 3:14). En in die volgende hoofstuk laat Hy ’n blinde man weer sien om sy openbaring van Homself te bevestig: “Ek is die lig vir die wêreld.”
LEEF
- Dit tref my hoe Jesus Homself as die lig bekendstel, hoe dit aanhak by die OT vuurkolom, by die gebruik om ligte by die huttefees aan te steek, en uiteindelik ook ons missie word, om ligdraers in hierdie wêreld te wees (Fil 2). En dit tref my dat lig net nodig is waar daar duisternis is. Duisternis moet ons nie afskrik nie, maar aantrek, sodat ons lig daar kan skyn en verligting, God se lig, kan bring. Dit is ons missie in die lewe – om ligdraers vir Jesus te wees.
- Ek antwoord die Here deur my aan Hom toe te wy en te bid dat my lewe iets van Sy lig aan mense sal vertoon.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011 - Apr 1, 2011
- Die skrywer Johannes - Apr 20, 2011
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36 - Apr 21, 2011
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels - Apr 22, 2011
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon - Apr 25, 2011
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my - Apr 26, 2011
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie - Apr 27, 2011
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11 - Apr 28, 2011
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde - Apr 29, 2011
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou - May 2, 2011
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou? - May 3, 2011
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie - May 4, 2011
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50 - May 5, 2011
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien - May 6, 2011
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem - May 9, 2011
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe - May 10, 2011
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra - May 11, 2011
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26 - May 12, 2011
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het - May 13, 2011
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe - May 16, 2011
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie - May 17, 2011
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk - May 18, 2011
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25 - May 19, 2011
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring! - May 20, 2011
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here - May 23, 2011
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg - May 24, 2011
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes - May 25, 2011
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub - Nov 26, 2012
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie - Apr 11, 2018
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus - Jan 18, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019